Groei van mielies - Oz

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Groei van mielies - Oz

Post by tripodmvr »

Ek is nie 'n boer nie en hierdie groei is vir my indrukwekkend. Mielies onder besproeiing in Australië vir kuilvoer. Geskatte opbrengs is 25 ton per hektaar. Twee maande se groei!!!!!!!!
cornpivot_7Nov.jpg
cornpivot_5 Jan.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Groei van mielies - Oz

Post by savage(P Coetzer) »

Hallo oom Tripod.
Met kuilvoer kan dit bietjie duister wees watse oes bedoel word aangesien die hele plant geoes word. Ons begin more juis mielies inkuil en op die lang termyn oor die laaste 10jr kry ons gemiddeld 52ton per ha teen 65% vog soos oor n weegbrug. Die mieliepit oes doen ons maar n oes skatting op deur maar koppe en pitte te tel en dit is gewoonlik tussen 8 en 13 ton per ha. Ons mielies is alles onder spilpunte en teen 80 000 plante per ha. Op droeland behoort die manne tussen 40 000 en 50 000 plante in te sit afhangende van die area en behoort rondom 25 tot 40 ton af te haal. Die vog berekening in ook baie belangrik aangesien dieselfde oes baie opgeblaas of kleiner kan lyk afhangende van die sny tyd wat die vog betref.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Groei van mielies - Oz

Post by tripodmvr »

Ek dink hulle verwys na droë opbrengs.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply