Pasmaakgewere
-
Steve Fourie
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Sat Jan 10, 2015 10:17 am
Pasmaakgewere
More mense.....my naam is Steve Fourie.
Ek het n passie vir klassieke jaggewere en derhalwe het ek dit vir die afgelope 30 jaar my roeping gemaak om na die beste van my vermoe, en onder die wakened oog van ons Hemelse Vader, pasmaakgewere en veral kolwe te bou vir kliente.
'n Klient en vriend van my het my omgepraat om deel van julle gemeenskap te word. Hy het sommer vandag my geregistreer en hier is ek. Ek is hier om te help met raad, met my eie opinies oor wat is prakties, funksioneel maar nog steeds klassiek mooi en stylvol, of net te gesels oor ons almal se passie.
Julle kan my ook op Facebook kry onder Steve Fourie Designer Rifles of op my webbladsy....Designer-Rifles.com.
Sien uit om deel te wees van julle gemeenskap.
Groete
Steve

- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Pasmaakgewere
Welkom by ons eet, werk en jag gemeenskap.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Pasmaakgewere
Welkom Steve.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2343
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Pasmaakgewere
Welkom Oom Steve, ek het hoeka n moontlike klient vir oom. Hy wil n 300 H&H laat bou en het gisteraand oom se werk bietjie vir hom gewys.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Pasmaakgewere
Baie welkom Oom Steve!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Pasmaakgewere
Welkom hier Steve. Ons sien uit na jou deelname.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Pasmaakgewere
Welkom oom Steve, lekker gewees om oom vanoggend te sien.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Pasmaakgewere
Welkom oom Steve
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Pasmaakgewere
Hallo Steve
Baie welkom hier op Jaracal en ons hoop jy gaan jou terdee hier geniet. Ons sien baie uit na jou insette en raad wat jy hier hopelik gaan deel.
Groetnis
Wouter

Benji93
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Wed Nov 07, 2012 12:54 pm
Re: Pasmaakgewere
Hi Oom Steve
Welkom!
Groete Benno
Welkom!
Groete Benno
-
Steve Fourie
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Sat Jan 10, 2015 10:17 am
Re: Pasmaakgewere
Dankie Kerels, vir die verwelkoming. Ek sal nog moet kyk hoe alles hier werk. Hoe mens fotos plaas ens. E spandeer ook nie baie tyd voor 'n rekenaar nie so wees maar geduldig met antwoorde wat bietjie vertraag word. Lekker naweek
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2343
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Pasmaakgewere
Steve Fourie wrote:Dankie Kerels, vir die verwelkoming. Ek sal nog moet kyk hoe alles hier werk. Hoe mens fotos plaas ens. E spandeer ook nie baie tyd voor 'n rekenaar nie so wees maar geduldig met antwoorde wat bietjie vertraag word. Lekker naweek
As oom hulp nodig het met fotos plaas, stuur vir my aan en ek plaas hulle vir oom
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6974
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Pasmaakgewere
Baie welkom Oom Steve!
Dis lekker om manne soos oom te sien wat hul talente gebruik!

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

Dwight375
- Sr. Member

- Posts: 465
- Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm
Re: Pasmaakgewere
Hello Oom Steve
Baie welkom.
Groete
Dwight
Baie welkom.
Groete
Dwight
- Speelmansjagter
- Hero Member

- Posts: 651
- Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm
Re: Pasmaakgewere
Halo Oom. Baie welkom...
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
-
Jaco Bezuidenhout
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Re: Pasmaakgewere
Baie welkom oom Steve
- Cornelius
- Full Member

- Posts: 145
- Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm
Re: Pasmaakgewere
Welkom Oom! Glo ons gaan nog baie lekker gesels en leer van Oom
-
Steve Fourie
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Sat Jan 10, 2015 10:17 am
Re: Pasmaakgewere
Kerels hoe verklein 'n mens 'n foto vir plasing.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Pasmaakgewere
Oom Steve , epos hom vir jouself. Oulook gee jou n opsie om die foto grote the kies. Hou hom onder 250meg. Of stuur dit vir my en ek sal vir jou opsit
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
Steve Fourie
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Sat Jan 10, 2015 10:17 am
Re: Pasmaakgewere
More Manne
Ek wil graag 'n bietjie praat oor hout keuses vir pasmaakkolwe. Eerstens wil ek se dat ek net my opinie hier gee gegrond op 30 jaar se ondervinding. Daar is manne wat seer sekerlik baie meer weet as ek en wil niks op julle afdwing nie.
Die oorgrootte meerderheid van ouens wat kolfplanke na my bring maak dieselfde fout. Die tekstuur kry al die aandag en die struktuur word glad nie na opgelet nie. Dit resulteer soms in die spandering van R20 tot R30k op 'n plank en dan is hy nie geskik vir die kaliber of tipe geweer wat gebou moet word nie.
So kom ons kyk kortliks na wat moet jy na kyk as jy kolfhout koop.
STRUKTUUR
1. Hoe swaarder die kaliber hoe digter moet die struktuur van die plank wees om kneusing tydens "recoil" te weerstaan. Hier kyk 'n mens na hoe naby die poriee van die hout aanmekaar is. Hoe nader die poriee aanmekaar hoe digter die hout en ook swaarder in gewig. Hoe langer die vaatbuisies is en hoe verder van mekaar die poriee hoe sagter is die hout gewoonlik. Digte hout kom vanaf droee plekke waar water skaars was en hulle baie swaar gekry het. Dit is waarom die Turkse okkerneut wat doer bo uit die berge gehaal is so gesog is. Die okkerneut wat uit die droee bosveld en woestynagtige gebiede van Amerika kom is ook net so gehard. Turkse okkerneut, Amerikaanse Swartokkerneut en veral Bastogne (baster tussen swart en engels), sekere Engelse okkerneut varieteite soos die "franquette varieteit" is goeie keuses. Vir standaard en ligter kalibers is Turkse okkerneut, alle Engelse okkerneut varieteite, Amerikaanse Claro ( ons sal nie praat Birke, Maple ens. nie) baie geskik. Ligte hout het lang oop vaatbuisies en gewoonlik baie meer veselrig as digte hout. Baie vinniger gegroei en meer water gekry.
2. Die tweede ding waarna gekyk moet word is die grein lyne van die kolfhout. Dit is nie die kleurbande nie maar die lyntjies of patrone wat deur die vaatbuisies of poriee gemaak word. Soek vir hout waar die grein loop vanaf die toon (onderpunt van kolf agter) deur die pistoolgreep area met 'n stadige opwaartse lyn na die boonste punt van die kolf voor. Ek hou van hout waar die grein met 'n lang oop "S" deur die pistoolgreep loop, reguit vorentoe en dan met draai na bo. Moet nie hout koop waar die grein van bo af deur die greeparea na onder loop nie. Dit breek maklik daar. Moet ook nie plank koop waar die voorarm lyne na onder loop nie. Die voorarm sal geneig wees om weg te trek van die loop voor. Onthou wanneer kolf gekerf word word die stress in die hout verlig en dan trek die hout na die kant waar die grein loop. Kyk ook vir die plank van bo af. As die plank so gesaag is dat die grein lyne net van bo af gesien kan word, vat dan die plank met die lyne reguit van agter tot voor, langs mekaar. As dit met kurwe loop, of skuins deur greep area is dit nie sterk hout nie.
3, Soek vir kwaste. Kwaste in die greep area is uit.
4. Baie hout word in oonde gedroog en vorm interne krake agv. te vining droog word. Let op aan agterkant, word gewoonlik met waks gesmeer om vog uit te hou, vir krake (gewoonlik so 10 to 20mm lank en 1 tot 2mm wyd. Die kanse is sterk dat jy sulke krake sal oopmaak tydens die kerfproses.
TEKSTUUR
Die tekstuur van hout is die mooi minerale bande en kleur van die hout. Dit is die karakter van hout Ai, en is dit nie mooi nie. Hout verkry dit vanaf die minerale wat uit die grond ingeneem word. Baie keer sit die sand korrels nog vas binne die hout (veral met Claro hout). Daar is verskillinde soorte tekstuur wat gesog is. Die wind en weer kneus en buig bome terwyl hulle groei, en hierdie letsels word stadig maar seker binne die hout vasgevang en uiteindelik blootgestel wanneer die hout verwerk word.
1. Die heuningkleurige hout, deurweef met swart minerale bande is veral gesog. Dit is ook nie snaaks as manne vir hout van die gehalte tot R40 000 kan uithaal nie. Dit word veral aangetref in Turkse en Engelse okkerneut. Die mooiste Turkse of Engelse hout staan bekend as "Marble cake" want dit lyk soos marmer met die swart bande wat soos borrels vasgevang in heuning lyk. Hoe ouer die bome hoe mooier die hout. Die bome wat die sort hout voortbring is tot 500jaar oud. Deesdae is hulle maar baie skaars en word hulle nog hier en daar in die hoe afgelee berge van Turkeie en Afghanistan gekry. Ek het onlangs verneem dat daar 'n groot bron in wilde Rusland opgespoor is.
Die sogenaamde "Fiddleback" lyne (dit is digtheidslyne wat vertikaal oor die lengte van die houtplank loop) word veral aangetref in die Claro hout van Oregon in die VSA en planke met die voorkoms word baie vinnig opgeraap. Baie keer kry 'n mens die fiddleback ook teenwoordig in 'n mooi plank Turks of Engels wat nog mooier tekstuur gee.
Swart Amerikaanse okkerneut verskaf weer hout wat so gesny word dat die kolf agter lyk soos die son wat sy strale oor die klein vlieswolkies in 'n sonsondergang gooi. Hulle noem die hout "Sunburst walnut" of "Feathered crotch). Die hout is deesdae so skaars soos hoendertande. Ek het net drie van die mooier soort tekstuur beskryf. Daar is nog baie ander soorte, soos die mandjieweef patroon van Bostogne en die sogenaamde "Burl" knoetshout wat uit die wortels gesny word.
Hout word op tekstuur gegradeer volgens "coverage' gebrek aan beter word. Die houtblokke met geen tekstuur, net een kleurige hout met geen tekstuur. reguit grein, is gewoonlik standaard of "uitility grade" hout. Ek noem dit meubelpalnke. Die volgende graad is hout met bietjie tekstuur aan die agterkant, "butt end", van kolf en dan effekleurig en reguit na vorentoe. Daar word baie van die hout is SA verkoop teen buitensporige pryse. Soos die tekstuur vorentoe oor die kolf versprei en meer" coverage" gee, hoe hoer die graad. Maar dit is hier waar die mense nou die toets dop. Hulle staar hulself dood aan die tekstuur en die hoeveelheid 'coverage" oor die plank, en kyk nie na die grein of struktuur nie.
So vir my is die beste kolf 'n plank met mooi tekstuur veral aan die agterkant (100%), bietjie minder langs die kante van die magasyn kas gedeelte (60% coverage) en al hoe minder na voor (30%). Die grein sal begin by toon van kolf met boog loop deur greeparea, reguit vorentoe en dan met kurwe na die boonste voorste punt van kolf.
Aan die teenoorgestelde kant kan 'n effekleurige. digte stuk hout met reguitlyne, skuins van agter , reguit deur die greep en skuins boontoe tot voor, met fiddlback tekstuur, ook pragtig vertoon.
Ek sal my vriend Andries101 vrae om my fotos van hout te plaas wat die teks kan verduidelik. So wees net bietjie geduldig.
Ek sal graag meer in detail wil inligting gee, maar dan gaan julle sommer gou verveeld raak.

Last edited by Steve Fourie on Sat Jan 24, 2015 4:49 pm, edited 1 time in total.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Pasmaakgewere
Oom Steve ek maak so. Admin kan julle hierdie dalk na die gepaste afdeling skuif dalk onder die
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=72&t=26034
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=72&t=26034
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Pasmaakgewere
Welkom Steve
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6974
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Pasmaakgewere
Dit is seker een van die beste plasings in ñ lang tyd. Ek dink daar moet ñ spesiale onderwerp hiervoor geskep word.
Man dis darem lekker as jy nou al begin wonder watter stories het die boom waarvan jou hout kom om te vertel.
Man dis darem lekker as jy nou al begin wonder watter stories het die boom waarvan jou hout kom om te vertel.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Pasmaakgewere
Hierdie foto wys die regte grein en tekstuur vir agterkant en greep gedeelte
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery