Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het n Sako 222 met n gewone Lynx 3-9x40 op. Ek wil graag opgradeer na ietsie beters sonder om n verband op my plaas te vat. Ek roer hoofsaaklik ape en vlakvarke ( wat groente verniel ) met hom, veral die ape is slimmer as n mens by die tyd so ver skote is maar aan die orde vd dag.
Stefan764 wrote:Kallie wat wil jy spandeer en tot op watter afstande wil jy skiet?
Groete
Stem 100% saam. Daar is nou die regte vrae wat gevra moet word!
En om dit dalk nog een stap verder te vat. Ek neem aan die huidige Lynx het n 25mm buis. En om geld te spaar gan jy nie eintlik wil ringe en basisse vervang nie? Sako ringe en basisse is nie goedkoop nie. So meet die spasie tussen jou loop en scope en laat weet ons. Dit sal bepaal dat jy tot op n sekere grote lens kan gaan. Van daar kan die manne jou baie beter advies gee