Musgrave .270 se loop inbreek/ in skiet ?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Muishond nr 1
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Tue Dec 17, 2013 10:13 pm

Musgrave .270 se loop inbreek/ in skiet ?

Post by Muishond nr 1 »

Dagse manne. Ek het n Musgrave .270 bekom,dis van die ou soort. Dis die Vrystaat model. Hy het nog nooit n scope opgehad nie,daar was 4 skote uit die pakkie amo wat saam hom gekom het en ek het nog 3 geskiet. Ek glo dis al wat al deur hom geskiet is behalwe vir die 3 proef skote. Ek besit n 260 wat ek tans as my langafstand jag en tyken geweer gebruik. Ek wil die .270 vir langafstand jag gebruik en die .260 vir staal en kopskote op springbokke ens. (Met skyfskiet punte) My vraag nou: Skiet ek daai loop in en hanteer ek hom soos n nuwe loop ? Is dit die moeite werd ? Saam die .270 het n 243 Tikka gekom met n roes kol (gepit) so 4" van die kamer af en so groot soos n erkiepit. Is dit gevaarlik en hoe gevaarlik ? Ek hoor graag van julle !!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Musgrave .270 se loop inbreek/ in skiet ?

Post by James Wilson »

Wat betref die 270, hanteer die geweer sos n nuwe een, en breek die loop in. As dit n nuwe loop is dan is dit die regte keuse, as die loop al ouer is, dan kan die inbreek in elke geval, nie skade doen nie.

Laat weet as die geweer ooit te koop is
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Muishond nr 1
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Tue Dec 17, 2013 10:13 pm

Re: Musgrave .270 se loop inbreek/ in skiet ?

Post by Muishond nr 1 »

Ek is baie opgewonde oor hom James,my 260 is ook op n Vrystaat aksie met n Vektor loop en hy skiet n barshou !!! Ek sal graag wou hoor wat se die kennels oor die 243 met die roes ?
Muishond nr 1
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Tue Dec 17, 2013 10:13 pm

Re: Musgrave .270 se loop inbreek/ in skiet ?

Post by Muishond nr 1 »

Skies kenners
Post Reply