IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post Reply
User avatar
Maximus
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Tue May 21, 2013 9:34 am

IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by Maximus »

Ek verneem graag wie agente is vir die IOR teleskope aangesien ek nogal baie belangstel in die 10x56 met 'n 30mm buis.
http://www.valdada.com/scopes/tactical- ... t-reticule

Ek glo dit kan 'n bitter lekker jag sope maak maar weet nie hoe om een te koop of waar om te begin kyk nie.

Ek sal enige leiding in die verband hoog op prys stel. Dankie
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by Sangoma (IAN) »

Bel vir Kobus, hy is die agent nul agt vier 684 2228

http://www.matoskatactical.co.za/
User avatar
AFRICAN LEADWOOD
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am

Re: IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by AFRICAN LEADWOOD »

Kobus is jou man.
User avatar
Maximus
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Tue May 21, 2013 9:34 am

Re: IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by Maximus »

Dankie vir al die inligting. Ek het hom gekontak en wag vir sy terugvoering.

Het enige van julle manne hier enige ondervinding van die IOR teleskope? Goed of sleg?
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by Sangoma (IAN) »

Doen bietjie research op die Amerikaanse forums. Van die beste glas! Blykbaar het sekere van die vorige modelle meganiese probleme gegee.
User avatar
Maximus
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Tue May 21, 2013 9:34 am

Re: IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by Maximus »

Hi Sangoma, dis min of meer wat ek ook raak gelees het. Ek hoop en wonder net of dit uitgesort is, maar ek dink nie daar kan veel fout gaan op 'n vaste vergroting nie aangesien daar geen paralaks is of ander verstellings nie.
User avatar
AFRICAN LEADWOOD
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am

Re: IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by AFRICAN LEADWOOD »

Ek en 'n vriend het die eerste IOR's ingevoer SA toe. Koos Barnard het een model vir 'n paar maande op een van sy gewere gehad en sal waarskynlik vir jou kan terugvoer ook gee wat neutraal is. Sover ek weet was Koos baie in sy skik met die teleskoop - as ek reg onthou 'n 4-14x50 of moontlik 'n 2.5-10x42.

Ons het hulle ook destyds by Truvelo laat toets en die terugvoer was ook goed (ek vergeet nou wie dit was met wie ons gewerk het maar ek weet hy is 'n paar jaar terug weg by hulle).

Ek self skiet nog van die teleskope en die manne wat wel by ons gekoop het daardie tyd het net lof vir die teleskope. Ek het nog van tyd tot tyd kontak met van die ouens. Dit wat ek genoem het is die enigste twee modelle wat ons ingebring het.

Ek het al baie lank 'n 4-14x50 op my 300 Win Mag. Daardie geweer het hard gejag te voet en het baie Kalahari stof verduur asook reen 'n paar maal. Die teleskoop se afwerking is hier en daar effe geskaaf maar hy werk puik. Ek het die teleskoop baie op en af gedial en hy het dit altyd presies gedoen.

Opties voel ek dat hulle puik is en ek het nou nie al deur alles gekyk nie maar ek glo hulle is bo op my lys. Soveel so dat ek waarskynlik dikwels 'n laer vergroting skiet in omstandighede waar ander meer vergroting sou kies. Ek glo optiese helderheid klop X'e.

Ek het al verskeie teleskope vergelyk op optiese resolusie "charts" op skietbane om werklik te probeer bepaal hoe hulle opties vergelyk. As ek reg onthou het ek Swarovski Z3, S&B Klassik, NF 2.5-10 NXS en onlangs Sightron SIII vergelyk asook ander wat 'n mens sou verwag is nie in dieselfde optiese klas nie. Vir my oë was die NF en S&B die naaste gewees en die verskil was toegegee seker redelik gering. Die teleskope is helder en tot op die rand van die beeld en sonder kleur afwykings. Optiese helderheid is natuurlik nie al waaroor 'n teleskoop gaan nie en ek het verskeie ander fabrikate waarmee ek baie in my skik is.

Die IOR modelle wat ek het is robust en taai. Hulle is nie so mooi soos van die ander nie en jy sal sien dat die buis na die turret area nie as een stuk vertoon nie. Hulle is ook swaar (maar baie taktiese tipe teleskope is deesdae so). myne het ook almal turret caps (wat ek verkies en as jy wil kan jy hulle net afhaal). Die klieks is baie duidelik en kan gevoel word. Die kruishaar ontwerp van die MP-8 was rewolusionêr en word nou gereeld nageaap.

Ek het wel gehoor dat daar op 'n tyd 'n paar modelle was waar die parallax verstelling nie op standaard was nie, maar sover ek weet was dit vir 'n redelike kort tyd. Die waarborg op die produk is baie goed en ek glo Kobus sal pa staan vir enige moeilikheid wat jy mag optel, wat ek glo onwaarskynlik is. Vra Kobus direk oor die produk; hy verkoop hulle, maar ek glo hy gee 'n ordentlike en opregte mening, al is hy passievol oor die produk.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by Sangoma (IAN) »

Ek het vandag die 4-28x56 gekoop. Ongelooflike glas met solid clicks en 80 MOA se verstelling. 40mm buis.
Ek sal later in die week pics plaas en meer detail gee.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by Capt. Yoda »

Sangoma (IAN) wrote:Ek het vandag die 4-28x56 gekoop. Ongelooflike glas met solid clicks en 80 MOA se verstelling. 40mm buis.
Ek sal later in die week pics plaas en meer detail gee.

Jy het dam ook gedink die glas op n Sightron is die beste in die werled so die lyk seker heel mooi ++>: Bul van n scope daai nou kort jy net n kaliber wat nie na 30MOA se vertselling uit petrol uit harloop nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
AFRICAN LEADWOOD
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am

Re: IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by AFRICAN LEADWOOD »

Ek dink Ian sê dit is 80MOA. Met 'n tapered base sal jy seker redelik ver kom.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: IOR Valdada agente in Suid-Afrika?

Post by Capt. Yoda »

AFRICAN LEADWOOD wrote:Ek dink Ian sê dit is 80MOA. Met 'n tapered base sal jy seker redelik ver kom.

Nee ek weet ek terg hom somer omdat hy sy 30.06 verkoop het vir n 308
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply