Roepkurses in die Karoo ?
- schalk
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Mon Feb 18, 2013 6:29 pm
Roepkurses in die Karoo ?
Hallo, weet iemand dalk van n roepkursus in die karoo omgewing volgende jaar. Die hulp wat ek by iemand gevra het het my eerder n skop gegee, Groete en Geseende Kersvees vir almal.
.303 BSA
.22 Bruno
9mm Star Par
.357 Magnum
6.75 CZ
.303 Lee Enfield Mk4 No1
.22 Voere Magnum
Be safe, Be Good, Be the hunter.
.22 Bruno
9mm Star Par
.357 Magnum
6.75 CZ
.303 Lee Enfield Mk4 No1
.22 Voere Magnum
Be safe, Be Good, Be the hunter.
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Roepkurses in die Karoo ?
As mens nie die regte toerusting het nie sal 'n kursus ook nie help.
Leer by die manne wat dit al 'n ruk doen in jou omgewing.
Leer by die manne wat dit al 'n ruk doen in jou omgewing.
- schalk
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Mon Feb 18, 2013 6:29 pm
Re: Roepkurses in die Karoo ?
Dankie HennieC, ek het die beste toerusting nog in n boks, beter as baie PH ouens het. maar dis nie wat ek gevra het nie. Dit wil nou voorkom of dit n boetie / boetie ding is die, die ouens wil eerder n pel van hom laat kom jag op jou plaas as om hulp aan te bied. Ek sal maar persoonlik met die manne kontak maak wat die soort ding aanbied. Klaar verneem van n kursus in Upinton volgende jaar
.303 BSA
.22 Bruno
9mm Star Par
.357 Magnum
6.75 CZ
.303 Lee Enfield Mk4 No1
.22 Voere Magnum
Be safe, Be Good, Be the hunter.
.22 Bruno
9mm Star Par
.357 Magnum
6.75 CZ
.303 Lee Enfield Mk4 No1
.22 Voere Magnum
Be safe, Be Good, Be the hunter.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Roepkurses in die Karoo ?
Dagsê Schalk.
Ek is glad nie 'n Jakkals of kat jagter nie en my belangstelling in probleemdier beheer is meer in die lyn van primate. Meer spesifiek die soort sonder fietse
.
Ek was baie bevoorreg om iemand te ontmoed wat graag sy kennis met my gedeel het. Nie net oor oom Bob nie maar meer en deels oor die "moets en moenies". Ek het gou agtergekom dat ek alles wat ek gedink het ek weet met betrekking tot PAC op my maag kon skryf.
Die eerste ding wat ek geleer het was dat ek hier te doen het met mense se inkomste en dws. die boer of grondeienaar se brood en botter. Dit is lekker om te skiet, maar as ek droogmaak gaan ek huistoe en more bou ek my kaste sonder om my te bekommer oor die boer se verliese.
Die tweede ding is dat jou gereedskap reg moet wees en ek bedoel REG. Onthou asb. dat jou prooi se oorlewings instink baie sterker is as joune en dat jy nou in sy natuurlike habitat werksaam is. Hy gaan jou nie 'n tweede kans gee nie.
Derdens is dit raadsaam om saam met iemand die "ropes" te leer. Soos alle dinge in die lewe is 'n mentor met PAC belangriker as watter koeëls teen watter spoed jy skiet.
Hier op Jaracal is selfs van die ou hande wat kom raad bedel by hul mede broers as dinge rof raak of daai skelm vlekkie jou ore aansit.
In my beskeie opinie is dit nie 'n "boetie-boetie" storie soos jy dink nie, maar eerder manne wat self op die harde manier geleer het dat jy nie die ding op jou eie kan doen nie. Onthou asb., met respek gesê, as jy droogmaak raak jou probleem dalk jou buurman s' n en ek sal nie dik van die lag wees as buurman se vlekkie onder my lammers vang nie.
Groetnis en sterkte vir die nuwe jaar.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Roepkurses in die Karoo ?
Ek het self skoolfonds betaal op my eie plaas deur jakkalse te jag/skiet sonder dat ek n kursus gaan doen het. Na die bywoning van die kursus het ek besef dat ek meer skade gedoen het.
Ja, ek kan nou rondloop en "brag" ek het n kursus gedoen, maar al wat verander het was die uitdrukking op my gesig toe ek dink ek weet iets en daai jakke kom nie in nie.
Ondervinding sal jy moet optel en dit gaan jy doen om jou skietgoed by die huis te los en vir een van die ervare manne te gaan bakkie ry om sodoende ondervinding op te tel en by hulle te leer.
Groete en voorspoed vir die stukkie van die jaar wat nog oor is.

Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Roepkurses in die Karoo ?
die boetie pel, albertus skiet net so 400-500 jakkalse per jaar. dink hy weet wat hy doen
HOU HOM DAAI DIKTE
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Roepkurses in die Karoo ?
Ek het 'n plek in die Karoo naby Beaufort Wes waar so 'n kursus gehou kan word en sal die logistiek kan organiseer en die paket van verblyf en kos kan aanmekaarsit maar het 'n opleier nodig. As daar iemand is wat bereid is om die opleiding te doen kontak my en dan kan ons miskien iets organiseer vir 2015. In die tussen tyd - hoeveel mense sal belangstel om so iets by te woon in die Karoo naby Beaufort Wes?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Roepkurses in die Karoo ?
Schalkcassie_calvinia wrote:die boetie pel, albertus skiet net so 400-500 jakkalse per jaar. dink hy weet wat hy doen
Ek jag al vir 15 jaar jakkals meestal as drywer en slegs op my eie plaas as roeper en skieter. Ek sien myself dus nog as 'n ingeligte beginner.
Ek was al drywer vir van die bestes en het hulle ook al, by uitsondering, sien foute maak.
Was weer laasweek drywer vir Jaco Viviers op my eie plaas. Ons het nie eers een jakkals hoor antwoord nie, maar toe ons die oggend 04h00 by die huis stop, was ek al weer heel nag op 'n "kursus". Dinge soos die uitsoek van staanplekke, die gebruik van die windrigting en lyndrade, watter roepe, hoe hard, hoe lank en watter volgorde, die tydsverloop tussen roepe en hoeveel om te lig is nie kennis wat jy op 1 kursus op in 'n paar nagte leer nie.
PAC is 'n passie sowel as 'n beroep. Jy moet jakkals eet,drink en slaap. Of is dit nou wakker bly?
Wanneer ek iemand kry om my te kom help met predasie-beheer soek ek die beste beskikbaar. Dit is hoekom manne soos Albertus gebruik word en nie minder ervare manne nie. Onthou my finansiele sukses as boer is in die man se hande. Ek laat nie 'n onopgeleide werktuigkundige op my voertuie leer nie.
Kortom, daar is nie 'n kortpad na sukses nie. Gebruik elke kans om ervaring as drywer of hekoopmaker op te doen. Kry die regte geweer, teleskoop en roeper. Gaan die oggend na die jag na die skietplek terug en sny die spore en leer hoe vlekkie se kop werk. Hou op om gedurende die dag van skietbank af te oefen, doen jou oefenskiete uit jou skietstoel. Leer afstand skat in die nag en plak "refleckter-tape" op teikens en skiet in die nag daarna.
Dan, eers dan, kan jy 'n ingeligde beginner wees.
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Roepkurses in die Karoo ?
Schalk

Somebody please make this a sticky

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.