More almal
Ek is nie sekker of dit al bespreuk is nie. Dalk is hier paar slim manne wat my kan help!
Watter kruishare is die beste die een wat op glas geets is of die een wat nog die staal kruis het of speel dit nie so groot rol nie?
Groete
Jacobus
kruishare
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: kruishare
Jacobus
Hierdie is 'n interessante vraag en die antwoord is nie so eenvoudig nie.
Metaal kruisdrade is beperk tot relatief eenvoudige tipe kruisdrade soos bv. die gewone duplex, German no4 tipes, dun kruisdrade sonder enige verdikkings, Burris se kruisdraad met die kort afmik merkies ens. Nikon se kruisdraad met die afmik sirkels is ook 'n metaal kruisdraad, maar daar kan die beperking van die metaal kruisdrade duidelik gesien word in wat Nikon moes doen om afmik merke te bewerkstellig.
'n Verligte helder dot in die senter van die kruisdraad word bewerkstellig deur 'n dun optiese vesel langs een van die bene af te bring en dit werk baie goed soos bv. in van die nuwe Zeis teleskope en in Lynx se 2.5-10x56.
By metaal kruisdrade breek soms een of meer bene af en dit gebeur gereeld met selfs die duurste Oostenrykse teleskope. Ek het ook al die geval gehad waar die metaal kruisdraad in 'n Nikon teleskoop verkleur het en nie meer pikswart was nie.
Metaal kruisdrade is goedkoper om te vervaardig as die wat op glas geëts word.
Geëtse kruisdrade laat jou toe om baie meer komplekse kruisdrade te vervaardig. Voorbeelde daarvan is die Nightforce kruisdrade en die SA Jagters kruisdraad van Lynx. Die tipe kruisdraad word normaalweg op glas geëts en dan met 'n tweede stuk glas in 'n toebroodjie toegeplak. Dit kan meganies baie sterker vervaardig word as die metaal kruisdrade, hoewel sommige vervaardigers dit nie doen nie soos bv. die Ballistic plex in die Burris Fullfield teleskope waar verskeie kruisdrade al gekraak het onder die terugskop van 375H&H klas gewere. Die foto hieronder toon duidelik die dikte van die toebroodjie formaat van die geëtse Lynx kruisdraad.
Dit is ook moeiliker om 'n enkele skerp verligte dot in die senter van 'n geëtse kruisdraad te bewerkstellig en daarom word die hele of die senter gedeelte van geëtse kruisdrade verlig.
So, om op te som, die een tipe is nie noodwendig beter as die ander tipe nie, dit gaan meer oor wat die behoeftes en funksies is wat van die kruisdraad vereis word.
http://www.sahunters.co.za/shootingforum/images/stories/Lynx/lynx%20reticle%201.jpg

cbm
- Full Member

- Posts: 107
- Joined: Tue Jan 01, 2013 9:16 pm
Re: kruishare
So basies die een wat op glas geëts is, is sterker.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: kruishare
CBM
Ja hierdie tipe kruishaar is teoreties sterker maar die metaal/foil kruisdrade wat gebruik word is so lig dat hulle selde breek. Ek was onlangs by Zeiss en daar is aan ons vertel dat met die toeplak van die ge-etste (my keybord wil nou ne die deeltekens opsit nie) kruishaar tussen twee lense het jy minder lig deurlaat want daar is nou meer glas. Zeiss het ook glo teleskope gekry waaar daar stof tussen die twee lense in gekom het (tydens vervaardiging) en hulle moes dit toe vervang. Daar was glo 'n paar come-backs. Die foil-tipe kruishare elimineer bogenoemde twee probleme. Hulle het ons in die fabriek gewys hoe die glasveselstafies vir die verligte kruishaar aan die kruishaar vasgegom word. Baie interessant.
Mooi loop

henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: kruishare
Al wat ek kan se onder hierdie onderwerp is dat ek het n Bushnell scope gehad waarvan die kruishare los gekom het en skuins na die een kant geval het, nou is ek heel genees van Bushnell, juis omdat my eerste ondervinding met die scope het die interne lense los gekom. Sorry vir die hi-jack.
Groete
Henning
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim