Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Vanoggend hierdie (ek skat dit is 'n dame), in die badkamer raakgeloop.
As hier dalk 'n kenner is wat hierdie spinnekop kan identifiseer, sal ek bly wees.
Hy/sy is amper so groot soos my handpalm.
Groetnis
P.W.V.
Ns. Dalk kan ek haar vir teeldoeleindes verkoop.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
PWV wrote:Vanoggend hierdie (ek skat dit is 'n dame), in die badkamer raakgeloop.
As hier dalk 'n kenner is wat hierdie spinnekop kan identifiseer, sal ek bly wees.
Hy/sy is amper so groot soos my handpalm.
Groetnis
P.W.V.
Ns. Dalk kan ek haar vir teeldoeleindes verkoop.
Hallo Oom PW
Dis n reënspinnekop. So lyk die mannetjie:
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/Capture_zpsa0c74478.jpg
Hulle is heeltemaal skadeloos, al dink die skonergeslag nie so nie
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
PWV wrote:Vanoggend hierdie (ek skat dit is 'n dame), in die badkamer raakgeloop.
As hier dalk 'n kenner is wat hierdie spinnekop kan identifiseer, sal ek bly wees.
Hy/sy is amper so groot soos my handpalm.
Groetnis
P.W.V.
Ns. Dalk kan ek haar vir teeldoeleindes verkoop.
Hallo Oom PW
Dis n reënspinnekop. So lyk die mannetjie:
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/Capture_zpsa0c74478.jpg
Hulle is heeltemaal skadeloos, al dink die skonergeslag nie so nie
Ek het redelik baie reenspinnekoppe om my huis aangesien daar ivy is wat teen my huis rank. My vrou wou ook al die huis afbrand , want sy kan die goed nie verdra nie. My seun het nou die ander dag 'n plastiek spinnekop baie strategies geplaas op 'n matras en toe my vrou dit sien het sy 'n halwe blik doom op dit uit gespuit. Ek se toe 'n plastiek spinnekop en vra of sy nie gesien het hy hardloop nie weg nie. Haar antwoord was dat sy nie tyd het om te kyk of hy hardloop of nie hy MOET net vrek. Sy het tot die bottel waarin my seun hom kastig gevang het weggegooi.
Gelukkig het ek baie akkedisse, laat hulle toe in my huis. maar die spinnejane is nie my vriende nie. kan nog die langbeen verdra maar niks verder. Alhoewel ek hoor hy is baie giftig maar nie deur n mens se vel kan byt nie. Die reenspin en die vioolspin lyk baie na mekaar WAT VAN DIE SAK SPIN Hy het my susterskind op sy rug gebyt met rampspoedige gevolge
Groetnis
Gert
Leg gisteraand rustig op de bed met 'n boek. Val de spinnewoef op my bors. Soos nou toe is hy afgeklap. Ma het hom gedood met luide krete. Ek dink dit was 'n sakkie gewees.
tripodmvr wrote:Leg gisteraand rustig op de bed met 'n boek. Val de spinnewoef op my bors. Soos nou toe is hy afgeklap. Ma het hom gedood met luide krete. Ek dink dit was 'n sakkie gewees.
Jy moet moenie dink dit was 'n sakkie nie, maak seker en sorg dat daar nie nog is nie. Daai sakkie kan veroorsaak dat hulle jou testament lees!
GERT vd M wrote:Gelukkig het ek baie akkedisse, laat hulle toe in my huis. maar die spinnejane is nie my vriende nie. kan nog die langbeen verdra maar niks verder. Alhoewel ek hoor hy is baie giftig maar nie deur n mens se vel kan byt nie. Die reenspin en die vioolspin lyk baie na mekaar WAT VAN DIE SAK SPIN Hy het my susterskind op sy rug gebyt met rampspoedige gevolge
Groetnis
Gert
Dit is 'n nonsense storie dat die langbeen spinnekop baie giftig is. Ruk terug artiekel gelees oor hulle en gifmonsters is geneem. Hulle gif beínvloed nie mense nie. Hulle kan wel deur die vel byt maar dis 'n pynlose byt.
Wel dis wat ek gelees het. Ek is nie 'n kenner nie