Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by DWB »

http://zululandobserver.co.za/54059/rhi ... ot-killed/

Hallo manne.

Hierdie ongeluk het die naweek plaasgevind.

Ons moet altyd onthou hoe gevaarlik hierdie metode van jag is en daarvolgens aanpas.

Sterkte vir die families betrokke.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by Pvdw »

Ai man dit gee my sommer so kol op my maag!!!

Laat mens 2x dink saam.met wie jy die veld ingaan
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by Jake1 »

Dit is baie tragies.

Dit is lewens gevaarlik om saam met klomp ouens te gaan bosvarke jag. Hier is n groep ouens wat met honde bosvarke jag by ons, ek was deel van die groep maar het myself verwyder nadat ek gesien het hulle geweerveiligheid is nie op standaard nie.

Moet veral nie saam met onbekende mense gaan jag nie, al is dit net een ou in die groep wat jy nie ken nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by Frederik »

Baie slegte nuus en baie kan ook gevra word het almal hulle high visibility vests aangehad en reel nommer 1 moenie enige wapen rig voor jy nie seker is van jou teiken nie.
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by Umshwati Boy »

Ek het gehoor dat verlede jaar daar ook 'n ongeluk was met hierdie groep.
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by DWB »

Dit is ongelukkig so ja. Weet nie of dit verlede jaar of voor dit was nie. Haelgeweer met slug gewees daai keer.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by Eugene »

Kyk, dis altyd maklik om na die tyd vingers te wys en slim te wees, maar ek soek maar my jagmaats baie versigtig uit.... Al gesien tydens 'n duiweskiet, dat party manne baie "opgewonde" raak en nie mooi in die lyn bly en by hulle skietlyne hou nie....
Aim small, miss small
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by DWB »

Dis waar Eugene, by ons sê ons altyd, jy moet weet dis 'n vark, jy moenie dink dit was 'n vark nie. Staan met jou rug teen die mielies en skiet weg van daar af.

Maar ja, ons weet nie die details van wat hier gebeur het nie.

Blykbaar 2 beste vriende gewees, Is baie tragies.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by PWV »

Ai, dit is altyd so tragies en onnodig!
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by Riaan Kriel »

Baie hartseer. Sulke ongelukke gebeur egter van tyd tot tyd. Nie lank gelede is 'n seun van Ottosdal deur sy broer in die kop geskiet tydens 'n vlakvarkjag op hulle plaas. GROOT hartseer en trauma vir die gesin.

RIP vir die jong man en sterkte vir die gesin en vriende. :'(
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2153
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by Koos Barnard »

Ek is op so 'n bosvarkjag genooi kort nadat ek in 1997 by Magnum begin werk het. Ons was 'n hele paar man, die varke het links en regs gehardloop en die manne het links en regs skote gegooi. Kort voor lank het iemand reguit in my rigting na 'n vark geskiet. Ek het summier net daar die jag verlaat en nooit weer 'n uitnodiging aanvaar na hierdie tipe bosvarkjagte nie.

Ek hou in elk geval nie van hierdie soort jag nie, dis 'n helse deurmekaar spul met honde en mense wat heen en weer hardloop, en 'n groot lawaai.

Dis so hartseer van die jongman en my simpatie gaan uit na sy familie.
Mooi loop
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by ruaanb »

Ai dit is hartseer sterkte vir die familie en vriende.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by DawieKotze »

Baie tragies!! Sterkte aan die famiele en die man wat die sneller getrek het!!

Ongelukkig bestaan daar in my boek nie sommer 'n ding soos 'n skiet "ongeluk" nie.

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by Finfan »

Baie tragies. Sterkte aan die familie asook die man wat die skoot afgetrek het. Dit laat mens net weer besef hoe gevaarlike sport dit is en hoe versigtig mens moet wees.
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by alecjohnson »

baie jammer dat sulke goed gebeur, ongelukke gebeur so gou. Alle sterkte aan die betrokke persone.:'(
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Tragiese Bosvark jag ongeluk

Post by DWB »

Hierdie is vanaf die jag span en nie iemand anders se opinie nie:

Saturday turned into the worst day of my life……I cannot begin to explain what this tragedy has caused. I thought I better write something after we had a chat as I’m sure there are those out there that will have a lot to say about this accident. I personally have lost a good friend and have another who is deeply distraught over shooting one of his own best mates (I cannot begin to think how he feels), plus an excellent pack of bushpig hounds sitting in their camps as we debate our future. Both of these guys have been hunting for years and are experienced bushpig hunters. You personally know we have been hunting and removing problem bushpig for over 9 years on your properties with hounds (and been hunting other venues all over for even longer). The group of guys hunting on Saturday must have had over 50years experience between them. All members were in high visibility vests, orange caps and in radio contact with each other. The morning started off with the normal safety talk, emphasizing safe shots, indentifying the target, shooting down etc as we have done for over 15 years, having successfully removed on average between 150 to 200 bushpig a year. This accident was no silly mistake or negligence on anybody’s part but rather a tragic accident. The last few evenings I’ve played the scenario and events of Saturdays hunt over and over in my head to think of any mistake on our hunter’s part but there is nothing I can find fault with, it was truly a freak accident. I cannot disclose all details (as I have told you personally) do to the sensitivity of the matter. But it was impossible for the hunter to of seen the victim as he shot due to the way the cane break ran and the distance the victim was away. Also I believe all pellets entered the cane at a downward angle as the shot was taken at the bushpig crossing the break into the cane making it safe. However a pellet which killed the victim must have been deflected hitting him 68m away.
As I write this I’m saddened by the fact that I’ve read several news articles that have got the story completely wrong, having read comments on several hunting sites commenting on how we could have been safer, or what guns or ammo we should only have used (yet all bullets, slugs or pellets kill), safety tips as if they were not applied as we were amateurs and how it will never happen to them or their pack. We have been in the hound game for many years. To have several groups of hunters who have only been hunting for a few years making comments I feel is quiet unfair. At the end of the day it was an accident and it could have happened to any one and I truly wish it on nobody or pack of hounds. Thank you to those hounds man, farmers and hunters who have supported us over this tragic period.ier is die regte verslag:
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply