Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 663
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Hallo Manne,
Ek gaan nie betrokke raak by geveg tussen diens ens nie maar wil julle graag in kennis stel dat ek moontlik die eertse tactical 6-24x50 gister ontvang het van Rudolph om te toets.
Alhoewel ek voel dat a.g.v. prysklas kan jy nie eintlik die Rudolph vergelyk met 'n NF nie,die NF is amper 3 maal die prys.
My vraag is egter of NF werklik 3 x maal duurder moet wees as jy presies dieselfde kan doen met 'n Rudolph?
Moet my nie verkeerd verstaan nie,ek is 'n Nightforce fanatic en myne het my nog net goed behandel,67 MOA verstelling op my 308 vir 'n raakskoot om presies te wees.Ek het ook 'n hele paar manne en veldskiet vriende gestuur na Safari vir Nightforce teleskope aangesien Safari my nog net goed behandel het,veral Willem Immelman en omdat ek werklik glo dat die Nightforce NXS model die beste ding is na gesnyde brood.
Ek het gister reeds die eerste toets gedoen wat beeld en helderheid betref en mooi foto's geneem.Ek sal die volledige verslag teen middel Februarie gereed hê.
Ek hoop julle sien net so uit soos ek.
P.S. op die oog af is ek bitter beindruk!
Groete Corné

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Corne
Wat kos die Rudolph?
Hoeveel totale interne verstelling het hy?
Hoeveel wyk sy verstelling af van die geadverteerde waarde?
Wat is sy waarborg?
Sal interesant wees om te weet hoe hy vergelyk met bv. die Vortex Viper PST 6-24X50 (wat seker nie te vêr van die Rudolph se prysklas is nie)

-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Gawie dit is wyse woorde.Gawie(7mm) wrote:Heinz, van die begin af het ek vir Rudolph opgekom. Nie omrede ek sy produk ondersteun nie, maar omdat ek glo elke man het die reg om sy kant van 'n saak te stel.
Met sy antwoord aan jou is dit duidelik dat hy nie belangstel in sy kliënte nie, maar slegs sy produk wil bemark. Ek speel nie op Jaracal nie. ( Net partykeer. OK, heel dikwels). Ek maak ingeligte besluite oor by wie en waar ek my geld gaan spandeer na aanleiding van manne hier se terugvoer en indien dit sy houding is, is hy die laaste man by wie ek my geldjies gaan belê.
Rudolph, indien jy ooit weer hier kom rondspeel en die plasing van my lees, net een klein stukkie advies. Gebruik dit of los dit: Dit is makliker om 'n kliënt tevrede te stel as om hom te probeer terug wen.
Groetnis,
Gawie.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 663
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Arnold,
Ek sal al hierdie vrae kan antwoord in my verslag.Wil dit graag een keer afhandel en nie heen en weer almal se vrae antwoord nie.
Hoop jy verstaan aangesien sommige van jou vrae ek huidiglik kan antwoord en ander nie.
Vriendelike Groete

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ek hoop Rudolph gaan lees heinzm se post oor respek. Hier speel ons nie, hier leer ons, deel inligting. My oorlede pa het altyd gese:" if you want to run will the big dogs don't piss like a puppy! " Beantwoord net die forum se manne se vrae dis al, speel is mos nie moeite nie. Nee Wat het na n "dolpfie scope gekyk gaan eerder n vortex koop met n moewiese waarborg.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Joe Rocket
Sonder om neerhalend te wees of te klink en lees asb. Wat ek skryf in daardie lig. Maar dalk moet jy ook weer Heinz se post oor respek gaan lees en dan weer na jou post hierbo gaan kyk.
Lekker dag vir jou verder.
Groete
Jan

Last edited by JPS on Thu Dec 04, 2014 7:02 pm, edited 1 time in total.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Jan jy is reg ek het weer gaan lees. Weer met my hart gedink en nie met my verstand.
Groete
Groete
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Manne, reken julle nie ook dat ons nou maar kan ophou om gal te braak oor die Rudolph scope storie nie. Ek dink ons het
nou ons dingetjies gesê wat ons pla.
Kom ons wag vir Corn'e om sy toetse te doen en vir ons of reg of verkeerd te bewys.

Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Heinz, jy is heeltemal reg in wat jy se maar dit bly moeilik om verby die waarborg en Rudolf se houding te sien.Heinz Petersen wrote:Manne, reken julle nie ook dat ons nou maar kan ophou om gal te braak oor die Rudolph scope storie nie. Ek dink ons het
nou ons dingetjies gesê wat ons pla.
Kom ons wag vir Corn'e om sy toetse te doen en vir ons of reg of verkeerd te bewys.
Gawie se kommentaar was baie gepas. Ek wonder of Rudolf besef hoe groot die inpak van sy kommentaar op hierdie forom in die land sal he.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- tgg
- Sr. Member

- Posts: 278
- Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Hoe toets mens optics en clarity, dit sal my nogal baie help.
Ek hoor die ander dag hulle skyn n lig van bo deur die scope op n tafel , werk dit so
Ek hoor die ander dag hulle skyn n lig van bo deur die scope op n tafel , werk dit so
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Hierdie kan dalk help http://precisionrifleblog.com/2014/10/2 ... -pros-use/tgg wrote:Hoe toets mens optics en clarity, dit sal my nogal baie help.
Ek hoor die ander dag hulle skyn n lig van bo deur die scope op n tafel , werk dit so
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Die optiese vermoë van n teleskoop is baie subjektief en die uitslag gaan verskil van toetser tot toetser agv jou eie oë wat verskil. Mens kan natuurlik van die subjektiwieteit uitskakel deur meer toetsers te gebruik wat die beeld van seker toetskaarte vergelyk met die beeld soos gesien deur ander teleskope.
Ek sou sê die teleskoop se beeld moet vergelyk word met ander teleskope wat min of meer in dieselfde prysklas is en indien die teleskoop taamlik beter vaar as hulle moet dit teen 'n duurder scope of twee getoets word.

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Arnold ek stem saam. Om een teleskoop op sy eie te toets beteken niks. Jy moet n maatstaf he om teen te toets. Ek het twee identiese teleskope was baie tevrede met een. tot ek die tweede een koop en agterkom nr 1 is baie dowwer as nr 2!!
Dink ook nie dis regverdig om se n Vortex Diamondback met n S&B PM 11 te vergelyk en dan tot die gevolgtrekking te kom Vortex is minderwaardig nie. So ja vergelyk appels metbappels tov prys, aanwending, vergroting ens.
Swarofski maak lieflike kaarte waarmee jy jou resolusie kan toets.
Dink ook nie dis regverdig om se n Vortex Diamondback met n S&B PM 11 te vergelyk en dan tot die gevolgtrekking te kom Vortex is minderwaardig nie. So ja vergelyk appels metbappels tov prys, aanwending, vergroting ens.
Swarofski maak lieflike kaarte waarmee jy jou resolusie kan toets.
- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 663
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ek dink elke ou gaan sy eie manier hê van toets en dit is goed so aangesien 'n 100 opinies beter is as een.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Jinne manne, ek het nou die topic mooi deur gelees, en is half bekommerd. Ek het n Rudolph scope en die bokkies het maar nog altyd mooi geval as ek my deel doen.. Ek het selfs n paar vriende aangeraai om van die scopes te koop. Ek het self by huntex n Rudolph range finder gekoop waarme ek reedelik tevrede is.Maar nou sien ek gister die rubber om die eye piece het afgeskeur. Sal nou maar kyk hoe is die naverkope diens....
Groetnis
Groetnis
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Daar is net een ding wat ek wil weet.Soos almal hier seker weet is ek n groot fan van die scopes en het nou al n klomp van die V1 6-24's maar wat is die verskil in die C, V en T. As ek nou 3 van die Tacticals gaan koop gaan dit my amper n NF se geld extra kos maar wat kry ek? Beter glas? Groot knoppe? Beter verstelling?
Ek is meer as gelukkig met die glas in myne en vir my oe is hul beter as Viper PST, omtrent al die Leupolds wat ek al gebruik het en selfs n paar baie duurder scopes
Corne dit sou baie goed wees as jy n C1 en V1 ook kon toets maar ek is seker jy het ook n lewe.
Gelukkig met naverkoop diens is ek maklik.As ek hy nie werk nie en ek vat hom terug S&O of NWK toe en hul het stories moer ek hom weg en bestel maar n March by Geno met QR mounts om op al my gewere te werk

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Nee wat kaptein ek weetie hoe jy kan dink die rudolph se glas is so goed nie. Die rudolph is defnitief nie wonderlik op 24x vergroting. Ek sal enige tyd n vortex pst bo hom kies. Om eerlik te wees sal ek liewers n nikon in dieselfde vergroting vat. Hulle afwerking lyk net netjieser en voel net nie so "cheap" nie.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Luan elke ou se oe is seker maar anders of ek is dom maar vir n f&#k sal nie een Nikon wat ek al deur gekyk het by my Rudolph se glas uit kom nie.Ek gebruik myne wel op 20x om met die MOA ret saam te werk. Die afwerking moet ek met jou saam stem, hulle kan hom maar gerus R500 duurder maak en hom soos n NF ceracoatLUAN wrote:Nee wat kaptein ek weetie hoe jy kan dink die rudolph se glas is so goed nie. Die rudolph is defnitief nie wonderlik op 24x vergroting. Ek sal enige tyd n vortex pst bo hom kies. Om eerlik te wees sal ek liewers n nikon in dieselfde vergroting vat. Hulle afwerking lyk net netjieser en voel net nie so "cheap" nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Kaptein en moet met jou saam stem oor die glas op die Rudolph scopes, ek het nou nog nie met 'n Nightforce geskiet nie maar ek is seker hulle is hulle geld werd. Ek het wel Nikon Monarch 3 op my gewere gesit en hulle weer verkoop, ek het Burris Veracity op my 260 wat twee keer die prys van die Rudolph is en dan 'n klomp Lynx en Burris EMV-1 scopes op my ander gewere en die Rudolph is by vêre die beste as dit kom by glas maar daar is baie ander punte wat weer afsteek by die ander make.
N goeie pêl wat saam met ons Gonge skiet het net Swarovski Z6i 5-30x 50 op al sy gewere en so paar weke terug lê my 243 op sy bipod langs my en ek is besig om met die 260 te skiet en vra hom om gou vir my te "spot" op 700m en sy reaksie toe hy agter die 243 met sy Dolphie op in klim was " fliksem die ding kyk beter as my Swaro"
N goeie pêl wat saam met ons Gonge skiet het net Swarovski Z6i 5-30x 50 op al sy gewere en so paar weke terug lê my 243 op sy bipod langs my en ek is besig om met die 260 te skiet en vra hom om gou vir my te "spot" op 700m en sy reaksie toe hy agter die 243 met sy Dolphie op in klim was " fliksem die ding kyk beter as my Swaro"
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Rudie wrote:Kaptein en moet met jou saam stem oor die glas op die Rudolph scopes, ek het nou nog nie met 'n Nightforce geskiet nie maar ek is seker hulle is hulle geld werd. Ek het wel Nikon Monarch 3 op my gewere gesit en hulle weer verkoop, ek het Burris Veracity op my 260 wat twee keer die prys van die Rudolph is en dan 'n klomp Lynx en Burris EMV-1 scopes op my ander gewere en die Rudolph is by vêre die beste as dit kom by glas maar daar is baie ander punte wat weer afsteek by die ander make.
N goeie pêl wat saam met ons Gonge skiet het net Swarovski Z6i 5-30x 50 op al sy gewere en so paar weke terug lê my 243 op sy bipod langs my en ek is besig om met die 260 te skiet en vra hom om gou vir my te "spot" op 700m en sy reaksie toe hy agter die 243 met sy Dolphie op in klim was " fliksem die ding kyk beter as my Swaro"
Op 700y is my V1s duideliker as my skiet maat se Zeiss HD's ook.Seker die dat hy nou NF op alles sit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Vir my is helderheid nie die Alfa en Omega van 'n scope nie. Bykans elke fabrikaat op die mark is meer as helder genoeg vir bykans 99% van alle jag- en skiettoestande wat ons in Suid-Afrika het. Daar is ander dinge wat meer tel in my boek: Hoe kritiek jou oogposisie moet wees agter die scope, hoe gemaklik jy kan kyk met die vergroting op maksimum gestel. Hoe die scope presteer as jy teen die son in moet skiet en in swak lig. Met sommige scopes kan ek nie lank kyk nie dan "trek" my oë (voel ek half skeel of wil ek kopseer kry - dieselfde met sommige verkykers).
Hoe goed die scope stel en hoe goed dit sy zero hou is vir my belangriker as om fyn te probeer kyk watter een die helderste is. Hoe maklik of moeilik die klieks stel, ook die parallaks en hoe maklik ek die fokus van die kruishaar kan stel is alles dinge wat vir my belangrik is. Dan ook of die scope harde stampe kan hanteer sonder om uit te stel. 'n Effens groter field of view (beeldwydte) is ook belangrik want dit laat my oë minder moeg voel as ek lang tye deur 'n scope kyk.
En ek moet sê die afgelope tyd lyk heel eenvoudige kruishare vir my beter en verkies my oog hulle bo die ingewikkelde krismisboompies (en ek was 'n krismisboompie fan).
Mooi loop
Hoe goed die scope stel en hoe goed dit sy zero hou is vir my belangriker as om fyn te probeer kyk watter een die helderste is. Hoe maklik of moeilik die klieks stel, ook die parallaks en hoe maklik ek die fokus van die kruishaar kan stel is alles dinge wat vir my belangrik is. Dan ook of die scope harde stampe kan hanteer sonder om uit te stel. 'n Effens groter field of view (beeldwydte) is ook belangrik want dit laat my oë minder moeg voel as ek lang tye deur 'n scope kyk.
En ek moet sê die afgelope tyd lyk heel eenvoudige kruishare vir my beter en verkies my oog hulle bo die ingewikkelde krismisboompies (en ek was 'n krismisboompie fan).
Mooi loop
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Baie waar wat jy daar se Koos als belangriker as om die helderste glase te he maar hy hou nie sy zero of track nie reg.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
LUAN wrote:Baie waar wat jy daar se Koos als belangriker as om die helderste glase te he maar hy hou nie sy zero of track nie reg.
Nee hel Luan kry jou geld terug
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ek hijack dalk nou bietjie die draad maar Koos, jy is 'n man wat in jou lewe meer geleentheid as meeste van ons gekry het om met verskillende fabrikaat teleskope te werk en te skiet en toets. Ek sal graag jou top 5 lysie wil sien gebaseer op wat jy hier bo genoem het.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
http://memeguy.com/photos/images/tick-tock-58384.gifCorné v.d. Vyver wrote:Hallo Manne,