Boog jag - vir nou eers boogskiet

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Christo »

Ek sien niemand het sover hulle vingers in die topic gewaag nie.

Ek het so 2 weke gelede 'n Trycon van 'n ou in Springs gekoop en skiet lekker daarmee. Nie eens die vrou pla as ek agter in die yard daarmee skiet nie. Gaan hom uittoets op 'n swart kraai kort voor lank wat by die skaapkraal bly en wag vir lammers wat daar agterbly.

Miskien later iets groter probeer.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Christo »

Ek sal maar self reply, hier ga niemand iets s? nie.

Mountainman
Het jy nie 'n tyd terug jou boog verkoop nie ??

Op 40 meter skiet die boog 'n beter grouping as my geweer op 200m

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Yalair »

Christo
koop vi jou 'n 270 groepeer beter as boog op 200m  ;D
Ek het 'n boog gehad maar het verkoop, as jy goed kan skiet met boog is dit lekker, maar jy moet tyd het wat jy nog nie gebruik het nie, baie offen
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Christo »

yaliar

Ek het nou die dag 'n foto geneem van so 'n groepering. Sal hom van die kamera aflaai later as daar tyd is en vir jou plaas.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
tafjak

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by tafjak »

Ek jag gereeld met "Long bow" en is baie meer sports as die goed met visiere en gadgets. Gebruik ook net willehoener vere vir flights. Pou-vere gee overspin op kort agstande en stringjumpers is altyd moeiliker met die soort flights. Skiet nou die dag 'n span jong vlakvarke dat die lyk soos 'n "kebab".

Groetnis van huis tot huis.

T
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Freek »

Taffie dis hoekom mens boog jag dis minder moeite om die vleis na die skoot op die kole te kry, jy tel net jou "kebab" op en hang hom oor twee mikstokke (een aan elke end) bo oor die kole en dan spitbraai jy die vleisies... ;D

Grap net. Christo ek het al met swaer se boog geskiet, mooi reg gekom maar so in die oefen en leer proses ook al 'n slag my voor arm velle amper verwyder toe die snaar verby kom. Glad nie 'n aangename prikkelende gevoel nie... :P Het op 'n stadium mooi groeperings geskiet maar nog nooit met 'n boog in die jagveld geskiet nie. Ek glo dit kan lekker wees maar ongelukig hou my "girlfriends" in die kluis my genoeg besig en kry ek hope bevredeging en plesier uit hulle. ;)

Wil nou nie hulle harte loop staan en bruik deur met 'n stywe snaar sannie by die huis op te daag nie jy weet.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by tafjak »

Manne

Die Long Bow storie van my is net 'n snotstorie om julle aan die gang te kry. Ek het 'n groter kans om myself raak te skiet. :D

Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by JACQUES BOTHA »

ek het een blesbok met n boog geskiet... en dit was my laaste boogskiet..
dis baie lekker om boog video of dvd te kyk, maar dan wys hulle net wat hulle moet.
ek jag nou nog met my boog 308 boog hy skiet n lekker boog tot by die teiken....
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Christo »

Hier is die foto, afstand 40m, onthou ek oefen nog, ek hoor daar is ouens wat dit doen op 70m en beter. Hulle koop seker gereeld nuwe pyle.

Image

C
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Yalair »

Hey Christo
Glad nie sleg nie, met daai kan jy maar jou Eland gaan skiet
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by JACQUES BOTHA »

cristo
verander jou naam na ROBIN HOOD jy kan jakkalse kill met d ai ding in die dag....
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Christo »

J

Jakkies is darem dem klein en daai pyl deksels stadig @ 280vt/sek.

C
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Christo »

Eisch  :)
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
jacquesviss

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by jacquesviss »

Hello ek het ook n boog dit is leker om boog te skiet ek het ook al n robin geskeit
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1890
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by jaracal »

Jacques
Ek begin nou self belang stel in die boogjag ding. Clive Cheney een van The Bowhunter faam skrywers is by ons in die distrik en ek dink hy kan my baie leer. Soos Christo dit doen "oefen" lyk my is die manier om te gaan.

Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Christo »

Kyk bietjie hierna. -

http://www.youtube.com/watch?v=MJx1GU2Ph84

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Yalair »

Christo
Ou maat ek dink dis die ding daai, sal daardie shallowpig laat les opse, skiet altyd die middelste een, dan le almal sommer. Laat weet net wat moet ek op die draaibank vir jou sny  ;D  ;D ek laaik dit kwaai

Ben
jacquesviss

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by jacquesviss »

dit is skrikwekend
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Christo »

Yaliar

Met die ding in die hand sal ek verseker so 'n seerower tipe lag op my h?. Sulke goed maak mos ander dinge wakker.

Ek lees gister in 'n jagtydskrif dat ware jagters nie praat oor hulle dinge en wedervaringe nie. Dit is net die nie-jagters met gewere en gadgets wat praat en sulke goed doen. SO -- lyk my ons is maar almal nie-jagters hier op die forum met groot bekke, OF HOE.  ???  ;D  ???  ;D

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Yalair »

Christo
Noem my dan maar 'n spekskieter, gadgetman of wat ookal, maar speel sal ek nie ophou speel nie  ;D  :D  ;)
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Dawie »

Ek wonder of daar al moderne spiesgooijag iewers beoefen word ;D  jagters soek maar altyd 'n groter uitdaging. 

Yalair/Christo...ouens met dieselfde passies praar oor hulle passie met mekaar.  Oor die speel besigheid...Dis oulik hoe mense se belangstellings dieselfde bly bv. Buddy van my +20 jaar gelede "As ek vir jou kom kuier wil ek Bike ry en skiet" onlangs vra ek hom wat gaan ons doen as hy kom kuier "Bike ry en skiet"  Meeste van my p?lle is ook skiet en jag mal of PH  outfitters.

Dis nou seker bietjie van die punt af,  maar in ons moderne samelewing al hoe meer sosiaal onaanvaarbaar om te LAAIK van jag en skiet.  Die liberale asems wat nie weet wat om met hulle energie en verveeltheid te doen nie dink altyd "ons malles" moet dom wees,  ek dink nie hulle besef wat hulle mis nie!!

Dis eintlik tragies dat hulle daai tipe mense "liberaal" noem,  die woord se kern beteken tog vryheid,  maar vir ons ouens beteken dit net mooi die teenoorgestelde.  Ek hoop hulle vr..!!! >:(

Dawie
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1890
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by jaracal »

Dawie ek aanvaar daardie laaste woorde van jou beteken vreet gras  :o:D
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Pierre

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Pierre »

More Christo

Hoop dit gaan goed ou maat,lyk my jy begin daai boog bemeester.(Robin Hood)

Ek het self so paar jaar terug boog gekoop en toe hy my eers byt toe is dit verby.

Ek het die voorreg gehad om in 2004 op n plaas naby Dwaalboom te gaan jag.

Die oggend vroeg uit met gilly suit aan die hele toetie op soek meestal vir rooibok

of vark se kind,trap toe mooi trop rooibok se spoor en werk my so stadig nader om skoot in te kry

gelukkig is die plaas baie ryg en het baie bos.

Na so goeie 2ure se bekruip en sweet en baie geduld kry ek n nice shot ,rang 38m en wag vir die

ram om mooi te draai toe ek iets uit die hoek van oog gewaar.

Die volgende oomblik breek twee koedoe koeie,man ek se jou 18-20m regs van my

deur n bos sonder om eers van my te weet en met die KOEDOE BUL se oupa dat ek sukkel om

te slik,boog val amper uit my hand uit.

Gelukkig pyl klaar in trugger en reg wag ek dat die koedoe my kans gee (so 5min)om

te "draw "en hy vreet lekker aan n groen blaar hier bo sy kop.

Al wat ek mooi kan onthou Christo is die pyl se flyt tussen die takke agter die koedoe en daar

trek die ou kerel,60m gehol en daar le hy.

GROOTSTE KOEDOE in my lewe nog met geweer of boog (57.2 duim.)

Ek maak maar gebruik van die volgende.

1.Gebruik goeie broad heads.
2.Weet presies waar jou boog skiet op 20-30-40-50m.
3.Oefen altyd op langer afstande (50m) dan sal jy sien hoe jou vertroue groei as jy naby skiet.
3.Kamoefleering is baie belangrik.

Hoop jy kry ook die voorreg om so bok te kan skiet in jou lewe my maat.

Laat dit goed gaan,lekker naweek.

Pierre
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Dawie »

Heinrich
Miskien...."Putting it mildly" 
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet

Post by Christo »

Pierre

Hy gaan kom, daai groot jag nou. Ek gaan die boog selfs saamvat as ons Springbokke voorsit met aanjaag. Miskien stop hulle ook naby genoeg. Die gogga byt net so erg soos die forumgogga, en hy is dodelik.

Ek het vir 'n slag gaan visvang in Struisbaai en vir 'n verandering was die weervoorspellers hopeloos verkeerd en was dit lekker.

Christo

ps: ons passie - jag - kom al van die eerste aardbewoners af. Dit is in ons gene en die drang is by sommige net erger as ander. Vir die ander voel ek bitter jammer dat dit hulle ontneem/groei is.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply