270 Win Vraag

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
acssa
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Mon Jun 16, 2014 5:50 pm

270 Win Vraag

Post by acssa »

Ek het 140 Gr Nosler Bal Tip gekoop want my 270 WIN Dik loop wil net nie mooi skiet met 110-130 grein nie. Dis n Tikka T3 Varmint.(my 243 Savage skiet kringe om die 270)

Ek het 86.66mm gemeet vir TPL tot die punt teen lands druk. Ek maak die Jump toe +-0.6mm om n gelaaide TPL te kry van 86mm.

Nosler gee snaakse waardes . http://www.nosler.com/nosler-load-data/270-winchester/

Hulle se die TPL 84.3mm (3.320) en as ek dit gebruik is die Jump 2.3mm.... Is dit nie te veel nie?

MAX Saami TPL se hulle is 3.340'(84.64mm) Wat n kierie gaan aan...

Wat se jumps gebruik julle op Noslers of lood punte?
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 270 Win Vraag

Post by Giepie »

Op my Musgrave 270 kan ek met die tpl gaan tot 89,1mm met 130gr Ballistic Tips. Die maks word aangedui as 84,84mm. Die jump op my geweer is dus nog groter. Ek het ook al navraag gedoen soos jy. By iemand buite die forum het ek gehoor hulle het in die verlede vir die 270's 'n groot jump gegee, weet nie hoekom nie.

Solank die koeël net dieper is as wat die kaliber is, plus die boat tail, kan jy dit langer maak. Ek eksperimenteer ook nou met die 140gr Accubond, moet nog skietbaan toe gaan vir die toetse.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: 270 Win Vraag

Post by Reloader270 »

Ek het 'n vriend wat ook 'n Tikka besit en hy kon ook geen groepering op 150, 130 of 100 grein koeëls kry nie. Die 140gr het sy probleem opgelos.

My .270 Win se magasyn laat my nie toe om meer as 84.0mm TPL te laai nie. Ek het dus gestandariseer op 82.0mm en kry steeds goeie groeperings. Ek het altyd gesukkel in die ou dae met die gewone Noslers dat die punte van die koeëls in die magasyn skeef slaan na die eerste skoot. Vandag is dit baie beter met die ballistic tips.

Gebruik die Nosler BT vir lading ontwikkeling en laai dan met Accubonds vir jag. Die koeëls het dieselfde struktuur. Jy is verseker van 80%+ gewig retensie op die Accubonds. Ek jag net met Accubonds in my .30-06. My .270Win eet nog die paar Hornady Interbonds wat ek oor het.
Post Reply