Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Naand manne.
Ek wil graag myself voorstel....Ek is al n geruime tydjie n 'roofkyker' op die forum en neem elke dag baie informasie in wat ek hier raaklees. Eks nog redelik 'nat agter die ore' as dit by jag en vuurwapens kom en kan steeds ma nog my 'biltong-bokke' op my een hand tel. Ek het so n ruk gelede vir my n Savage model 16 in 308Win met Mute Phantom kd aangeskaf en n Vortex Viper 6.5 -20 x 50 opgesit .Dit is nooit genoeg nie maar ek kry darm so af en toe n kansie om ook n paar skote te skiet met my 12Br Zabala haelgeweer. Soos ek se lees en leer ek graag by die 'slim manne' hier.....
Ek het tot nou toe nog maar net loop ingebreek op die Savage en so paar extra skote na die papier geskiet.....Volgende projek is om meer te leer mbv herlaai-kurses (en natuurlik die forum ) en dan self te begin herlaai.
Soos reeds genoem in subject woon ek in Worcester maar was 'born and bred' in Brits......is al 16 jaar in die kaap though.
Ek is ook lid van vele voertuig- en kamp forums en moet krediet gee aan die moderators vir n baie lekker ,goeie en insigewende forum hier.....thanks!
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.