My vrou is nogals klein, en dus soek ek iets wat nie baie seer op die skouer is nie. Ek het 'n 243 waarmee ek haar sal begin laat jag. Dit is 'n MatchLoop en het 'n Kickstop so die geweer is baie swaar (4.8kg met 'n scope). Die terugskop sal nie 'n probleem wees nie, die probleem is dat sy dit nie die heele dag kan dra nie, aangesien die gewig, so ek sal maar die geweer moet dra.
Die soek vir iets anders, is omdat baie plaase 'n minimum Kaliber het vir Diere grooter as Impala, byvoorbeeld 7mm of selfs .30 op sekere plaase, alhoewel die 243 met 'n 80gr TTSX baie goed op iets soos Nyala, Swart Wildebeest en Hartebeest sal werk.
Opsie 1:
Ek kan 'n 30-06 Loop kry vir my R93 en ek het al 'n custom stock laat bou waat korter is waneer sy die 22 gebruik. Die 30-06 sou ek die loop terug sny na 17.5" en dan die Huntbuddy opsit wat die totaal Loop lengte na 24" sal bring. Koeels sal ek seker die 110/130g Barnes TSX of 125/150gr Nosler Accubond gebruik. Die voordeel hier is dat die Blaser R93 presies die selle in 30-06 sal wees as dit met die 22lr loop is, so sy kan met die 22 oefen en dan as ons jag is dit net 'n bietjie swaarder met die Huntbuddy op maar die hele geweer is presies die selle.
Opsie 2:
'n Savage Youth of Remington Model 7 of Ruger Compact in 260 Rem of 7-08 Rem aanteskaf en dan die geweer met 120 of 130gr te laai. Dit sal geen KD op he nie. Presies watter een van die geweere maak nie saak, dink my vrou sal moet kies watter een die beste voel. Die Ruger Compact is baie kort en handig, maar die Loop is net 16.5" en die muzzleblast kan dalk erg wees wat 'n Flinch kan veroorsaak.
Opsie 3:
Ruger No.1 RSI in 257 Roberts. Sou hierdie met 110gr Interbond laai. Die geweer is baie kort en handig, en eerlik gese is dit my gunstelling, aangesien dit die mooiste is. As ek 'n RSI in 7x57 kon kry sou dit ook goed wees. Die 257 sal ongelukkig nie die minimum kaliber probleem oplos, en ek is 'n biejie onseker oor die terugskop in 'n 7x57 teen iets soos die 30-06 met 'n KD.
So ja, daar is die twee opsies. In my oee is die 30-06 'n goeie opsie wat jy kan altyd 168gr Barnes TTSX laai vir grooter goed as jy moet, maar ek is net bekommerd oor die terugskop, en weet nie of die KD genoeg sal wees. Die 260 Rem sal seker 'n beter opsie wees as dit by Terugskop kom, maar dit het 'n nadeel, as jy by plaase kom wat 7mm as minimum het. (Ek het 'n 270Win en het al twee keer gekry dat ek dit nie kon gebruik nie, en dit was toe ek die geweer met 160gr partitions gelaai het.) Die geweere kan ook met 6.5x55 of 7x57 geruil word en dan miskien iets soos 'n 2de haandse brno of Musgrave soek waar ek 'n custom kolf opsit. Wat sal die verskil in terugskop wees tussen 30-06 met Huntbuddy KD en 260/6.5x55 of 7-08/7x57??
Jou opinies

