243 Win vs 25-06 Rem Vir Algemen Jag

Post Reply
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

243 Win vs 25-06 Rem Vir Algemen Jag

Post by Brno308 jagter »

Manne

Ek het 'n 243 gekoop omrede daar nie meer 25-06 in stock was by Safari & Outdoor nie.

Die man agter die toonbank het my oorreed om liewers 'n 243 te vat in plaas van die 25-06 (Onthou daar was nie 25-06 in voorraad nie)

Het ek die regte keuse gemaak of moet ek liewers die 243 ruil en kyk na 'n 25-06 ?

Ek het 'n 30-06 wat ek gebruik vir meduim tot groot wild jag.

Ek luister graag manne.

Groete,
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: 243 Win vs 25-06 Rem Vir Algemen Jag

Post by william007 »

Jy het n baie goeie keuse gemaak
soos ek verstaan het jy n 30-06
Jy sal nie spyt wees nie met daai minder recoil en spoed en punt kan jy doen wat die 25-06 ook doen.

Geniet hom.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: 243 Win vs 25-06 Rem Vir Algemen Jag

Post by Williel »

Wat laat jou twyfel. Jou 30-06 en 243 gee n goeie kombinasie. Koeels, doppe en herlaai toerusting is baie om van te kies. My kombinasie is 308 en 25-06. Ek sal nie deur al die moeite gaan met verkoop en weer lisensie kry nie. Hier is baie manne, vrouens en kinders wat die 243 skiet en hulp om op koers te kom met ladings is hier baie op die forum.
Groete, Willie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 243 Win vs 25-06 Rem Vir Algemen Jag

Post by Capt. Yoda »

Nee wat jy het die regte een gekoop.
Watse 243 is dit en wat sy loop se twist ?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: 243 Win vs 25-06 Rem Vir Algemen Jag

Post by SNIPER »

Hi Brno308jagter

Baie geluk met jou 243 glo en vertrou jy gaan hom baie geniet.

Ek het n 25-06 Rem700 Sendero.
Later n 22-250 by gekoop toe ek ernstig begin probleemdiere skiet want die 25-06 stamp ongediertes bietjie hard en ek is jammer vir hom.
Na my pa se dood n 30-06 en 243 geerf en hierdie jaar n 338 WM aangeskaf.

Ek skiet 12 tot 14 aande n maand met 22-250 en het sagte plekkie vir hom want hy werk baie,dan daai 338 WM wat ek vir die laaste twee jaar gewag het skiet ongelooflik en sal volgende jag seisoen tot sy reg kom, maar as ek een moet kies sal dit my 25-06 wees,daai geweer skiet n bars hou en skiet alles.

Groete

Sniper
Ultimate Varminting
provarminthunter@gmail.com
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: 243 Win vs 25-06 Rem Vir Algemen Jag

Post by 30-0Kwes »

Ek self het ook 'n 243 en 30-06. Ek moet se vandat ek die 243 het staan die 30-06 in die kluis en ry net saam wanneer daar iets grooter geskiet gaan word.

Ek geniet die 243 vreeslik baie. Glo regtig nie jy het n fout gemaak nie.

Geniet hom
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: 243 Win vs 25-06 Rem Vir Algemen Jag

Post by Brno308 jagter »

Dankie vir al die terugvoer kerels, dit laat my bietjie rustiger voel oor die onderwerp!

Watter scope sal julle aanbeveel vir 'n 243 Win? Ek kyk na ietsie sonder 'n parralaks, soos bv 4-12X40 of 4-16 x 50
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: 243 Win vs 25-06 Rem Vir Algemen Jag

Post by blaser »

die 243 is n black-sam om te herlaai en die 2506 maklik
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: 243 Win vs 25-06 Rem Vir Algemen Jag

Post by 2vierniks »

Julle moet net versigtig wees. As daar baie van 'n sekere kaliber op die rak is , sal die manne juis dit aanbeveel. Ek is self 'n 243 man, maar daar is vir algemene jag 'n paar argumente in die 25 se guns. Ek sal met 'n 243 enige man aanvat, maar ek ken my roer. Vir 'n beginner of algemene jagter is daar nie beter as 30-06, 25-06 of 308 nie. Gelukkig het jy reeds 'n 30-06. Die 25 en 243 kan maar ewe moeilik wees om te herlaai, maar net my mening...
Post Reply