Barnes. TTSX Speling in Dop

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Post by MichielC »

Hi Dewald,

Dankie, geen afbreuk gedoen, ek verstaan ook dat n mikrometer die werk beter sal doen.

Ek het die binnekant van die 7mm se dop gemeet en kry .282

Op die expander ball staan .283 , maar ek meet .2825

Ek het ook nou die volgende op my 30 06 gemeet, en Nosler Partitian 200gr, Nosler Accubond 180gr en Nosler ballistic tip 180gr meet almal .3085

My 30-06 doppe aan die binnekant meet .3065

Ek gebruik ook Lyman se "universal de-capping die" en het die ook sommer gemeet, vir n oomblik gelyk of die staaf dalk ook die dop kan uitdruk (so met die oog) maar hy meet .209 so kan nie dit wees nie.

Groete

Michiel
Post Reply