Laaste jag vir die jaar

Post Reply
User avatar
DilbertZA
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm

Laaste jag vir die jaar

Post by DilbertZA »

Ek het verlede naweek die kans gehad om n laaste jag vir die jaar te doen. Ek ken die eienaar van Tusk Safaris, en het hom n ruk terug gevra dat hy moet my laat weet as hy weer plaas toe gaan, as ek kan saamry om n bok of twee te skiet. Als het redelik gou bymekaargekom, en ek ry Vrydag vroeg weg van werk na Baltimore in Limpopo. Ek het vat gewoonlik my gesin saam, maar M het n hardloop aan gehad, en my kinders moes by Ma bly.
Ek verkies meer tyd om te jag, omdat daar dan effektief net een dag is om te jag, en als haastiger moet gebeur. Met dit in gedagte, wou ek vroeg genoeg op die plaas kom om te kan inskiet, dat ek vroeg Saterdag kan begin jag. Dinge het darem reg uitgewerk, ten spyte van die padwerke na Makopane/Potgietersrus, en ek was so uur voor sononder op die skietbaan.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141109_105151_zpstylkxuuw.jpg

Die maan was amper vol, en ek het gewonder hoe die jag gaan wees as die bokke dalk wei in die maanlig.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141108_050923_zpsapngfgdj.jpg

Ek het die die bosveld son ingewag met koffie en beskuit op die dek van die lodge, geen wolke in die lug, wat n warem dag beteken.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141108_053456_zpsxcbzpyeq.jpg

Ek is veld in saam met PH Cloete. Ons het n paar eland bulle in die verte gesien, en hulle spoor gevat. Ons het te veel wind af beweeg, en hulle het ons ontduik. Ons draai toe wind op, en werk ons pad stil stil deur die bos. Na n uur sien on n trop wildebeeste, en ons bekruip staaadig vir n skoot. Twee bulle staan eenkant bymekaar onder n boom, voorkant na ons toe en Cloete sit die skietstok neer. Ek lê aan met my 308 op 80m. Die bul in teiken was n meneer, ek besluit om nie vir n kopskoot te gaan nie. Ek mik in die middel van die bors, onder die ken en bo die grasse en takke, en die skoot loop. Raak! Die bul tol en hulle is weg. Ons soek vir bloed en kry niks. Nog soek en geen teken nie, ons kry wel spore waarvan een stel n poot het wat sleep. Ek raak bekommerd, en maak reg vir n dag van spoor volg. Cloete roep die lodge, en Boela word gebring (Jack Russell). Ons het intussen klein druppels bloed gekry, en Boela snel soos n blits die bos in. Ons stap agterna, maar na net so 5 min hoor ons hom hard blaf in die verte, en hardloop on vol spoed tussen blaar en tak agterna. Cloete gooi lood, en maak die wildebees van kant met 3 skote van so 30 - 40m af (375 met 200gr perigrines.) My eerste skoot was hoog, die 180gr Federal soft point is in skuins van voor deur die brisket, deur die blad en deur die voorpoot uit ander kan. Die wildebees het verbasend ver gegaan met n af blad. In retrospek moes ek dalk maar eerder na die kop geskiet het, dit was n mooier teiken, of ek moes laer af tussen die takkies deur gemik het. Danksy Boela het ons hom gou gekry, 28" horings, 109 kg geslag.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141108_073900_zpsmxjcnckr.jpg
308, 243, 7mm RM
User avatar
DilbertZA
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm

Re: Laaste jag vir die jaar

Post by DilbertZA »

Nog n paar fotos:

Eland bulletjie in die wildskamp. Die ander bulle wil hom doodmaak, daarom die swart merke op sy lyf.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141108_092342_zpsgpyushm2.jpg

Njalas naby die lodge. Dis n mooi troppie, en daar is n paar pragtige bulle. Hulle bly naby die lodge met hulle pas gebore kleintjies, die jakkalse vang blykbaar baie van hulle.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141108_093135-1_zpsyablpiae.jpg

Transvaalse dikstert skerpioen. Hys nogal giftig (nie dodelik nie, maar hy is iewers naby aan bo op ons giftige skerpioene lys) Die tyd van die jaar is daar baie goggas, en na ek hom raakgeloop het een aand, kyk ek so mooi by my voete dat ek my kop stamp teen een van die grasdak se lae balke langs die lapa.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141109_210559-1_zpsbqrumf2k.jpg
308, 243, 7mm RM
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Laaste jag vir die jaar

Post by Cobus(Cobb) »

Lyk of dit lekker was...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
DilbertZA
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm

Re: Laaste jag vir die jaar

Post by DilbertZA »

Ons is weer veld in laat middag. Na ons n paar goed gesien het, oa n gemsbok en n reuse vlakvarkbeer ons ontduik het, het ek n vlakvarksog geskiet met my 243 so half uur voor sononder. Skoot was amper reg van agter, deur agterpoot en lyf, en anderkant uit. Boela het saam geloop, toe die skoot klap is hy dadelik anterna. Hy het haar gou gekry, karkas gewig was 19.2 kg.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141108_164424-1_zpsw1giecbb.jpg

Die volgende dag was baie warm, mid 30s rond, skat ek. Ek het bietjie geskiet op die skietbaan, ek wou kyk wat maak die 308 met 150 gr punte. Daarna was daar nog tyd vir gewere skoongemaak en swem.
308, 243, 7mm RM
Post Reply