ongediertes

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: ongediertes

Post by johans »

Louis102 wrote:Johans, ek het nog nie ondervind dat dooie jakkalse skaap vang nie. Verseker vang minder jakkalse minder. Doodseker maak ongedierte beheer 'n enorme verskil aan speenpersentasies.

Miskien verstaan ek nie jou vraag nie?
lyk my of oom my verkeerd verstaan ja.jy weet mos hoeveel lammers jy verloor per jaar aan ongediertes(hopelik)nou se nou oor die laaste 10 jaar,verloor jy elke jaar meer,minder of is jou skade maar dieselfde elke jaar?
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: ongediertes

Post by johans »

uitenwaj wrote:Johans ek dink as dit reg gedoen word en as boere en jakkals jagters/pesbeheerders kan saam staan en saam werk kan jy die probleem oplos en onder beheer hou.

Die een plaas waar ek nou amper 2 jaar voltyds skiet het van 23 gevangde skape n jaar geval na net 4 skape verloor die jaar en het 9 jakklase die jaar geskiet daar. Die is ook my oefen plaas/verniet skiet plaas.

2de plaas waar ek nou n jaar en n half skiet het die boer vir die eerste keer in 5 jaar blesbokkies wat oorleef, sy volstruis kleintjies wat oorleef se hy ook is meer as vorige jare. Ek het 19 jakkalse sover op die plaas geskiet en het 1 slim gemaak wat ek mis geakiet het. Het die jaar een bees en kalf verloor waar vorige jare het hy maklik 5 tot 6 stelle n jaar verloor en sy blesbokke het van 27 geval na net 7 en is hulle nou weer 12. Ook n oefen plaas/verniet skiet plaas.

Hier is dit maar ook moeilik om klieente te hou oor vriende en familie wat self kom skiet en boere wat nie wil betaal nie. Ek probeer ook maar net my kostes wat ek uit gee te dek.
dankie,dis wat ek wil hoor.goed om te sien jy wen die stryd
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: ongediertes

Post by Louis102 »

".....verloor per jaar aan ongediertes(hopelik)nou se nou oor die laaste 10 jaar,verloor jy elke jaar meer,minder of is jou skade maar dieselfde elke jaar?"

Sal graag wil weet, hoekom jy wil weet, maar...

Om presies, op die nommer, te weet wat ek aan roofdiere afstaan is erg moeilik. Ek boer baie ekstensief, groot plase en lae drakrag die rede. My speenpersentasie hang maar baie af hoe doetreffend ek AL my programme deur die jaar toegepas het...en dit gaan nie net oor roofdiere nie. Daar is geen definitiewe tendens t.o.v. roofdiere, vandat ek dinge so half onder beheer gekry het nie. Soms baie beter, soms swakker. Maar meestal is ek die "master of my own destiny", nie Mnr & Mev Jakkals nie.

Wat ek wel dink is, jy vra die regte vraag uit die boer se oogpunt. Dit gaan nie oor die hoeveelheid roofdiere wat doodgemaak word nie, maar veel eerder hoe die skade vergelyk.

Waarvan ek doodseker is, is dat die roofdier probleem nie gaan verdwyn nie, ons sal beter en slimmer moet raak, as ons baas op ons eie plaas wil bly. So nie gaan dit eersdaags Baas Vlekkie wees wat bepaal hoe jy boer, waarmee jy boer en hoeveel pay jy kan trek......
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: ongediertes

Post by johans »

Louis102 wrote:".....verloor per jaar aan ongediertes(hopelik)nou se nou oor die laaste 10 jaar,verloor jy elke jaar meer,minder of is jou skade maar dieselfde elke jaar?"

Sal graag wil weet, hoekom jy wil weet, maar...

Om presies, op die nommer, te weet wat ek aan roofdiere afstaan is erg moeilik. Ek boer baie ekstensief, groot plase en lae drakrag die rede. My speenpersentasie hang maar baie af hoe doetreffend ek AL my programme deur die jaar toegepas het...en dit gaan nie net oor roofdiere nie. Daar is geen definitiewe tendens t.o.v. roofdiere, vandat ek dinge so half onder beheer gekry het nie. Soms baie beter, soms swakker. Maar meestal is ek die "master of my own destiny", nie Mnr & Mev Jakkals nie.

Wat ek wel dink is, jy vra die regte vraag uit die boer se oogpunt. Dit gaan nie oor die hoeveelheid roofdiere wat doodgemaak word nie, maar veel eerder hoe die skade vergelyk.

Waarvan ek doodseker is, is dat die roofdier probleem nie gaan verdwyn nie, ons sal beter en slimmer moet raak, as ons baas op ons eie plaas wil bly. So nie gaan dit eersdaags Baas Vlekkie wees wat bepaal hoe jy boer, waarmee jy boer en hoeveel pay jy kan trek......
ek vra maar net vir interessantheid omdat ek wil weet of mense minder skade kry omdat daar nou so baie jak jagters oral is.in my geval het my skade per jaar halfveer nadat ek begin moeite doen het om ongediertes te beheer
User avatar
.223 JAGTER
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm

Re: ongediertes

Post by .223 JAGTER »

Johans hier by ons raak dit erger met jakkalse omdat skaap boere al minder raak nog net ek en buurman oor en park langs ons
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: ongediertes

Post by Biker »

DIE STATISTIEK wat deur n offisiele provinsiale jagter met n pak honde in die ou dae gehou was het gewys dat die hoeveelhied ongediertes [se so 15 jaar se jag] wat in die laaste 10 jaar gedood was ,totaal gestabiliseer het. Die verliese was nog steeds daar en natuurlik ook minder as in die begin, maar wel stabiel. Dus, om jou vraag te antwoord, ongedierte beheer het in die ou dae gewerk en werk nog steeds.

Wat baie intressant is dat so n provinsiale jagter wel net REAKTIEWE beheer kon toepas weens die baie groot area wat hy moes bedien en so het hy gejag volgens bestellings van die boere.
Wat die appelkar natuurlik omgooi is PRO-AKTIEWE beheer en dit het ek nou self gesien op ons eie grond sodat ons verliese nou baie baie min is selfs in vergeleiking met daardie tyd , wat ek ook so op die end beleef het.
Die wat bevooreg of beplan om pro-aktiewe beheer toe te pas ,se verliese sal aanvaarbaar wees,maar met re-aktiewe beheer sal dit minder raak maar nog steeds baie wees.
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: ongediertes

Post by Wayne »

I do not think that they are getting more. With the reduction in small stock farmers and increase of game farmers, the vermin are concentrating their hunting into the small stock areas, therefor it looks as if there has been a population explosion. Some game farmers never did vermin control so there would have been a bit of an explosion on those farms, but in area they have now seen the light and are allowing us to call and shoot as well as allow the local dog pack to hunt their ground, so we will knock them back a bit.
Our biggest problem is open enough spaces to call. often when a pair comes in, you only get the one, the other learns a bit and so it goes on. So we rely heavily on the dogs, traps and shooting to work together.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: ongediertes

Post by pieter h »

Johans ek skiet en stel self ysters op my eie grond.Hou daarvan om dooie jakkals voor my te sien lê.Het laaste paar jaar al die voetpaadjies op plaas weer soos palm v my hand leer ken.Van begin Feb 2015 1080pille op jak paadjies geplaas.Nou vir eerste keer in 5jr n 2mnde gap met jakkalse.Weet egter dit kan oornag verander.
User avatar
pieter du plessis
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Mon Mar 09, 2015 6:13 am

Re: ongediertes

Post by pieter du plessis »

Jy moet nie so openlik oor sulke planne praat nie ou maat... Hulle sluit vir jou toe.. Omgewingsake is vol snert en hul vat nie meer draad nie.. Hier is baie greenies en goete op hierdie forum...
Ek weet die keuses vir boere is min.. Hulle maak dit vir ons moeilik.. Daar word gese dat al die ou blanke amptenare en dir politiese klomp nou die Omgewingsake organisasie tot bewind gebring het om hulself weet werk te gee na al die blanke afdankings..
User avatar
pieter du plessis
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Mon Mar 09, 2015 6:13 am

Re: ongediertes

Post by pieter du plessis »

Vir interesantheid : 40 uit die 200 mediese studente wat jaarliks in tygerberg in geneem word word gekeur ... Die verskil tussen die swakste een van die 40 en die beste een van die 160 is 20%...
Die vrou van eskom wat nou die dag Hier by ons was om die kragpunt te skuif se medupi gaan nooit krag verskaf nie...
Daar word voorspel dat die krag situasie in sa in een gaan stort oor 2 jaar...
Die hoefveelheid inwoners in Sa is 83 000 000 en nie 55 000 000 soos vir ons gese word nie ( getel via een of ander GPS sisteem deur die us military)...
So ek stel voor sit maar die belangrike goed in jul huise op alternatiewe energie...
Daar is n plek in George wat dit doen.. Hulle is no 1 in die land so maak reg ouens..
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: ongediertes

Post by johans »

pieter du plessis wrote:Jy moet nie so openlik oor sulke planne praat nie ou maat... Hulle sluit vir jou toe.. Omgewingsake is vol snert en hul vat nie meer draad nie.. Hier is baie greenies en goete op hierdie forum...
Ek weet die keuses vir boere is min.. Hulle maak dit vir ons moeilik.. Daar word gese dat al die ou blanke amptenare en dir politiese klomp nou die Omgewingsake organisasie tot bewind gebring het om hulself weet werk te gee na al die blanke afdankings..
watse planne?
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: ongediertes

Post by 222 Sako »

Ek het laas jaar baie verliese gehad en oorlog verklaar.
Ek het reg rondom my begin jag op al my bure se grond begin skoonmaak. Alles gebruik behalwe gif. Honde helikopter slagyster dag en nagjag ens ens. Baie ure en geld later. 21 vrek gemaak en vir die jaar tot nou nog nie 1 lam eers verloor.

Sien tog hul vreet weer lekker aan n dooie bees by my buurman.
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: ongediertes

Post by Suidwes »

Ek jag net op my eie grond en gaan deur na my buurvrou toe so nou en dan...

Ek het ook al baie foute gemaak en het n paar slimmes gehad en ook n paar ge-erf. Ek het egter begin om my grensdrade (die gedeelte waar my problem le) te elektifiseer en op te knap. Ek elektrifiseer ook tans my plaas in 3 jakkalsproef blokke. Ek het nogsteeds my verliese, maar laasjaar was my speenpersentasie 108% ten die 76% van die vorige jaar. Maar hulle het my nogsteeds hard geslaan op my groot ooie. Ek bly egter positief, dat so 3 jaar van nou af daar n groot verskil gaan wees, as al my infrastruktuur en planne in werking is.

Ek glo nie n mens kan n daadwerklike verskil maak aan jou ongediertes as jou drade en infrastruktuur uit mekaar val nie. Al wat jy doen is, jy maak plek vir nuwe intrekkers, dit sal net nie stop nie. Dit is deel van ongedierte beheer soos ek dit sien, nie net ysters, roep en skiet, ens nie. Ek het 34 jakkalse op my grond allleen doodgemaak die afgelope 3-4 jaar. En ek het nogsteeds verlies, alhoewel baie minder. Dit is n problem wat seker altyd daar sal wees.

In Suidwes in die ou dae, het die boere redelik goed gedoen met ongedierte beheer, maar situasie was anders toe. Hulle het subsidies gekry vir nuwe draad en toe was karakoel boere baie meer. Skaap het in groot trope beweeg en is opgepas en het aande in die kraal geslaap en en en en.

Vandag is dit net die boer self wat moet en betaal. Sterkte aan julle almal en moet nie moed opgee nie.

Groete
Suidwes
Post Reply