ongediertes
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
ongediertes
ek wil sommer vir die interessantheid weet wat julle mening is,word ongediertes meer oor die laaste paar jaar of verminder dit dalk as jy na jou skade kyk?hiers nou al so baie manne wat jakkals jag op enige manier.is ons besig om die stryd te verloor?
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: ongediertes
Johans
My eerlike opinie is JA,ons is besig om te verloor. Daar is baie redes hiervoor,maar as ek dit hier moet noem sal ek seker moet koes vir die houe
Groete
My eerlike opinie is JA,ons is besig om te verloor. Daar is baie redes hiervoor,maar as ek dit hier moet noem sal ek seker moet koes vir die houe
Groete
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: ongediertes
oom martin ek ken daai redes
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: ongediertes
Op een plaas waar ek skiet het boer eerste keer van hy plaas het,,,,,4of 5 jaar, springbok lammers wat groot word...daar het ek gewen
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: ongediertes
daar is bitter baie redes.
kan seker 'n hele bladsy skryf.
maar iets wat vir my baie naby aan die hart le, is ONS!!!!!!
hier is baie goeie jagters op die forum. maar, wie het al regtig daai step up gemaak, om ongedierte beheer 100% te doen?
wie erken dat hy stront aangejaag het, en dit is hoekom sy buurman nou swaar kry die jaar? ek het! ek ek le saans wakker! agv oor roep, een gemis, een aand sonder 'n drywer gejag. een aand nie agter een aangery nie. gejag voordat hy by 'n kursus was? ek het, ek het baie slim gemaak!!
dit is altyd die ou, daai ou se seun.
maar, ek weet dit nou, en nou is dit alle stoppe uit, nou gaan ;n jakkals . ek sal my voete deur stap, maar kry, gaan ek hul kry.
sorg dat jou bakkie reg is!!! as jy nie bereid is om oor lei klip te ry nie, deur 3 dorings, deur riviere en oor berge nie, as jy te bang is jou blink bakkie krap, as jy nog nie aan 'n gps glo nie, bly eerder by jou huis, en kry iemand wat wil jag. almal moet begin, en leer, net jammer my leerskool kos my duisende rande!!!!
voor ons almal nie kliphard gaan jag, op die regte maniere nie, help dit nie ons se ja, daai, en ja die!
ja, ons het 'n problem, 'n groote! asb, moenie mors nie! dit kos baie!
praat met die buurmanne! reel kursusse! dit is al hoe ons dit gaan keer!

HOU HOM DAAI DIKTE
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: ongediertes
Die probleem is by die manne wat met die bakkies ry en lig en dan probeer jakkalse skiet . Ek was so paar maande terug saam met sulke manne . Ons het nie een oog eers gesien nie en volgens die boer is die jakkalse vervuil daar . Maar as daai ljg kilos ver gesien word maak alles gat skoon. Ek is seker nie die mees gesoute jagters nie maar at least kry ek resultate en die boere waar ek skiet is tevrede.
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: ongediertes
Noem bietjie die redes.johans wrote:oom martin ek ken daai redes
Cassie ek haal my hoed af vir jou.
Sekere ouens wil altyd nuwe jagters die skuld gee. Wonder net partykeer hoe het van die slimmer manne begin of was hulle darem geleurd en kursusse gedraf voor dat hy eers probeur het.
Last edited by HennieC on Wed Nov 12, 2014 7:53 pm, edited 3 times in total.
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: ongediertes
Cassie,jy praat groot waarheid.Ek wens net meer van die manne wat mis skiet wil hul gatte uit hul voertuie lig en hul slimgemaakte jakkalse met slagysters vang. Ek dink 'n man wat nie bereid is om met slagysters te werk nie,of nie die nodige kennis het om daarmee te werk nie, hoort nie in die veld met roeptoerusting nie. Ek skiet ook jakkalse mis,maar ek maak my foute (en baie ander jagters s'n) reg met slagysters.
Groete.
Groete.
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: ongediertes
Hennie C
Onbekwame manne met roeptoerusting wat onder die indruk is dat 'n rooijakkals 'n speelding is. Hierdie
manne kos die landbou sektor in hierdie land baie miljoene rande.
Swak skuts. Mense wat sal sukkel om 'n huis van die binnekant af raak te skiet
wil ook deel in die pret.
Sterk drank. Manne raak lekker dronk en dan is dit jakkalsjag tyd.
So kan ek aanhou tik tot laataand.
Groete.
Onbekwame manne met roeptoerusting wat onder die indruk is dat 'n rooijakkals 'n speelding is. Hierdie
manne kos die landbou sektor in hierdie land baie miljoene rande.
Swak skuts. Mense wat sal sukkel om 'n huis van die binnekant af raak te skiet
Sterk drank. Manne raak lekker dronk en dan is dit jakkalsjag tyd.
So kan ek aanhou tik tot laataand.
Groete.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: ongediertes
ongelukkig is daar baie min manne wat hierdie benadering volg.hier wil al die bure nie eers help met die chopper nie,al gaan dit hom net r500 kos."hy vang nie nou by my nie so eks oraait"cassie_calvinia wrote:daar is bitter baie redes.
kan seker 'n hele bladsy skryf.
maar iets wat vir my baie naby aan die hart le, is ONS!!!!!!
hier is baie goeie jagters op die forum. maar, wie het al regtig daai step up gemaak, om ongedierte beheer 100% te doen?
wie erken dat hy stront aangejaag het, en dit is hoekom sy buurman nou swaar kry die jaar? ek het! ek ek le saans wakker! agv oor roep, een gemis, een aand sonder 'n drywer gejag. een aand nie agter een aangery nie. gejag voordat hy by 'n kursus was? ek het, ek het baie slim gemaak!!
dit is altyd die ou, daai ou se seun.
maar, ek weet dit nou, en nou is dit alle stoppe uit, nou gaan ;n jakkals . ek sal my voete deur stap, maar kry, gaan ek hul kry.
sorg dat jou bakkie reg is!!! as jy nie bereid is om oor lei klip te ry nie, deur 3 dorings, deur riviere en oor berge nie, as jy te bang is jou blink bakkie krap, as jy nog nie aan 'n gps glo nie, bly eerder by jou huis, en kry iemand wat wil jag. almal moet begin, en leer, net jammer my leerskool kos my duisende rande!!!!
voor ons almal nie kliphard gaan jag, op die regte maniere nie, help dit nie ons se ja, daai, en ja die!
ja, ons het 'n problem, 'n groote! asb, moenie mors nie! dit kos baie!
praat met die buurmanne! reel kursusse! dit is al hoe ons dit gaan keer!
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: ongediertes
Ek wil by Cassie aansluit. Die vraag is... Waarmee is jy besig, jakkalsjag of probleemdierbeheer. In my oe is daar 'n baie groot verskil. Ek erken ek is 'n jakkalsjagter.
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: ongediertes
Martin ek kan glo daar is seker ook sulke ouens.Martin Marais wrote:Hennie C
Onbekwame manne met roeptoerusting wat onder die indruk is dat 'n rooijakkals 'n speelding is. Hierdie
manne kos die landbou sektor in hierdie land baie miljoene rande.
Swak skuts. Mense wat sal sukkel om 'n huis van die binnekant af raak te skietwil ook deel in die pret.
Sterk drank. Manne raak lekker dronk en dan is dit jakkalsjag tyd.
So kan ek aanhou tik tot laataand.
Groete.
Dan is daar ook die ouens soos ek wat wil en probeur help. Saam iemand uit gegaan het en geleer het deur te kyk en luister. Kursus word binnekort gedoen.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: ongediertes
Manne ek gaan seker so bietjie slae kry hier.
Eerstens het ek die indruk gekry dat jak jag in een of ander "yuppie" sport geword het vir baie manne. Daar is manne op die forum wat werklik ernstig is oor die rooi honde maar tog is daar klompie wat dit net vir die lekker doen en as die tye taai word en die honde slim raak pak hulle op en soek eenvoudig maklikker skietplek, Hulle gaan verseker nie in die winter agter op daai bakkie sit om daai 1 skelm reun uit te oorlê om die beste vir die boer te doen nie.
'n Oorsaak van bg word ook dan vererger deur boere wat kla oor jakke wat pla maar om die dood nie 'n goeie jagter sal betaal om 'n jak te kom skiet nie. Wie sal graag maand vir maand oor leiklip wil ry, deur die 3dorings ry, sy bakkie perfek inrig en die koue trotseer as hy nie 'n sent daarvoor kry nie??
Casie ek hou baie van jou verduideliking en stem saam. Die werklikheid is egter dat jou wêreld verskil hemelsbreed van wat hier in die noorde aangaan met jakke. Meeste van julle boere besef jakke is 'n probleem en sal betaal. Hier voel hulle dat hulle jou 'n guns doen om jou op die plaas toe te laat. So raak die manne wat ernstig is weg en die manne wat wil speel speel tot die tye moeilik raak en skuif dan net aan.

dit is so.
kyk, iemand mense wat sommer hier by my boer het ook al vir my gese, hul verloor niks lammers nie.
ek se in daai men se gesig, hy weet nie wat op sy grond aangaan nie.
party mens kan in klein kampies lam, en ja, hul skade is minimaal.
ek wil regtig daai manne intrek, en laat besef, almal moet saamstaan!
as iemand jou nie wil help nie, of saam werk nie, kan jy niks daaromtrent doen nie. ek prober maar die manne aanvat voor anders.
my hele punt is, sorg dat daar nie 'n vinger na jou gewys kan word nie. dit is waar ons moet begin.
dan by die buurman.
dit is nie maklik nie, en is duur.

Dewitt
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Re: ongediertes
Rooikatte raak aansienlik meer in ons area. Dit lyk of hulle uit die bergareas gedruk word(seker te veel) en nou al baie op die gelyker dele is waar hul moeilik gejag word.
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: ongediertes
Ek kan ongelukkig net praat van die Limpopo provinsie, en het nie die ondervinding van ander dele in Suid Afrika nie. Ek DINK dat die ongediertes toe neem as gevolg te veel wildplase, veral in die noorde (Limpopo) waar geglo word dat die ongediertes moet geduld word a.g.v. die eko systeem. Vergeet van jou buurman wat boer met skape/bokke. Die "ou" generasie het altyd 'n klomp skape gehad, en was 'n goeie kontant vloei vir hulle. Skape het altyd goed verkoop a.g.v dat daar altyd navrae was en makliker verkoop as beeste (kos minder en makliker om te slagen te bewerk). Ook word skape/bokke nie meer elke dag opgepas deur 'n wagter nie an ook nie elke aand kraal toe gejaag nie.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: ongediertes
Ek reken dat as ons dink ons gaan ongediertes "wen" met 'n roep en skietery, sit ons die pot mis.
Alhoewel Roepjag 'n wonderlike hulpmiddel is in die stryd teen roofdiere, is daar geen manier wat dit die probleem permanent oplos nie (ek praat van areas waar daar werklik jakkals is) Die beste wat ons kan doen is om roofdier beheer toe te pas. Dit het te laat geword om die populasie totaal uit te roei en gewoonlik is daar baie teelplekke naby, waar geen beheer toegepas word nie, wat 'n nimmer eindigende die voedingsbron skep.
So, my denkrigting is eerder om effektiewe beheer toe te pas vs die probleem permanent op te los. Dit verg ongelukkig 'n program wat jaar in, jaar uit volgehou moet word, verkieslik met 'n verskeidenheid van met 'n metodes.

Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: ongediertes
Ek het vir hulle hard geslaan vanjaar en nogsteeds 20 lammers verloor.
Daar was 1 misskoot wat 'n "sitter" was-daai 1 het ek nog nagmerries van.
Ek het klowe uitgeklim op soek na hulle neste en gekry wat gewerk het ma niks wat nou werk nie en kry om die dood nie die neste onder nie!
Die fight sal net erger word en nie minder nie.
Ek dink hoe vinniger boere begin saamwerk en of op kursusse gaan of ouens betaal hoe beter-da is ouens wat sê hulle gaan definitief nie in die nag nog agter jakke aanry nie wat ek nie 'n problem mee het nie solank hulle 'n bydra lewer aan die wat dit doen.
Cassie met die dat ek so klowe geklim het agter neste aan het ek darem snaakse goed in manne se veld gesien wat beweer dat hulle nie jakprobleme het nie-interessant is dat dat dit hoeka by daai ouens is waar die kerngebiede is!

Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: ongediertes
Wen Nooit
Bestuur ja.
Wat ek vind, is waar sakemanne plase koop, hulle meer oop is vir die bestuur van die probleem, veral as hulle begin toespan vir wild.
Die ouer boere hier wil alles verniet he, want jy het mos voor hulle groot geword!
Soos Louis se, daar moet 'n jaarprogram wees.
Smirre
Bestuur ja.
Wat ek vind, is waar sakemanne plase koop, hulle meer oop is vir die bestuur van die probleem, veral as hulle begin toespan vir wild.
Die ouer boere hier wil alles verniet he, want jy het mos voor hulle groot geword!
Soos Louis se, daar moet 'n jaarprogram wees.
Smirre
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: ongediertes
ek jag nou al verniet hier en daar. dit help noggal vir daai manne. onthou net, nou het jy moeite, en hy betaal nie, maar, tenminste is jou buurman se jakkalse vrek, en kom vreet hul nie jou skape op nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: ongediertes
Manne ek stem saam daar moet 'n beheerprogram op plase wees. Die probleem is egter dat sommige van die boere nie die metodiek waarmee die ou wat dit reg probeer doen verstaan (soms miskien "wil" verstaan) nie en glo dat alle jagters maar dieselfde benadering het. So daar moet ek ook saam met Cassie stem, ons het almal al foute gemaak, 'n jakkals mis geskiet, ens.
Kom ek noem 'n onlangse voorbeeld wat met my gebeur het. Ek het binne die afgelope jaar by 'n kliënt gejag en het baie moeite gedoen tydens die moeilike tyd en in die winter (hele paar nagte in die minusse gejag) en het op die ou end 12 jakkalse geskiet waarvan 8 tewe was. Ek het vir hom verduidelik dat ek dit spesifiek doen om die impak tydens die kleintjietyd te verminder en dat ek dan neste tyd weer sal kom om te kom hoor waar daar nog jakkalse is. Op daardie stadium het sy verliese baie gedaal.
Toe ek hom kontak en sê dis nou die tyd toe sê hy nee sy nuwe vrou se skoonseun het nou onlangs 'n kursus gedoen en sy wil nou hê hy moet daar jag. Hy kom blykbaar gereeld. So ja ek is bietjie ongemaklik want ek het al die harde werk in die moeilike tyd gedoen en daar is gevolglik geen lojaliteit en begrip van die boer se kant af nie. Ek besef dis sy reg om op sy plaas te doen soos hy wil maar ek noem dit net om my punt te demonstreer dat daar nie by baie van die boere erns is oor die beheerprogram en die gevolge van lukrake besluite nie.
Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, net so kan ek ook voorbeelde noem van boere wat met sy bure reël dat ek op hulle grond kan kom jag, dan bestuur hy self vir my en hy betaal die rekening omdat hy besef sy probleem kom van die bure af.
Ongelukkig het jakkalsjag volgens my in 'n redelike "free for all" ontaard en daar is soveel jagters wat jagplek soek dat daar nie konstante beplande beheer plaasvind nie. Boere het probleme en daarom laat hulle enigeen wat wil toe om met 'n bakkie en 'n lig op die plaas te gaan karring en as die dorpsmense kom kuier gaan ons bietjie hase en jakkalse jag met die "spot light". In kort dink ek nie beide boer en ons as jakkalsjagter/probleemdierbeheerder besef altyd ons eie rol wat ons het in die skep van super jakkalse nie.....en ja ek verontskuldig my nie self nie want ek het ook al foute gemaak. Ek het byvoorbeeld een aand 'n jakkals misgeskiet omdat my geweer die vorige nag tydens die jag natgereën het en ek nie voor ek daardie nag uit is weer die zero bevestig het nie......en ja die zero het met 'n volle 4" geskuif. Ek verwyt myself nounog daaroor. Nadat ek die geweer uitmekaargehaal en die water wat onder die aksie ingekom het drooggemaak het was alles weer reg, maar die slim jakkals nog slimmer.
Groete
Johan

ek weet ons sal nooit al die ongediertes uitroei nie en hulle moet ook seker nie almal dood nie.die topic het nou so klein draai geloop van onervare jagters en so wat ook nie n probleem is nie.ek gaan weer vra,neem julle vee of wild verliese toe of af as jy na die vorige jare kyk?
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: ongediertes
Jammer oor die meegevoer raak af van jou onderwerp af Johan. Om terug te kom by jou vraag kan ek nie sê dat daar enige van die boere is by wie ek jag wat voel hulle verliese het toegeneem nie. Dis maar 'n konstante geveg van een of twee jakkalse vang en wanneer hulle dood is raak dit vir 'n paar weke stil totdat nuwes weer daar begin lol. Bygesê die populasie is nie baie hoog nie maar die wat daar is doen baie skade.
Wat ek wel kan bevestig is dat jakkalse hier begin uitbrei en vang het in gebiede waar hulle nooit voorheen voorgekom het nie.
Wat ek wel kan bevestig is dat jakkalse hier begin uitbrei en vang het in gebiede waar hulle nooit voorheen voorgekom het nie.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: ongediertes
Johans, ek het nog nie ondervind dat dooie jakkalse skaap vang nie. Verseker vang minder jakkalse minder. Doodseker maak ongedierte beheer 'n enorme verskil aan speenpersentasies.
Miskien verstaan ek nie jou vraag nie?
Miskien verstaan ek nie jou vraag nie?
-
uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm
Re: ongediertes
Johans ek dink as dit reg gedoen word en as boere en jakkals jagters/pesbeheerders kan saam staan en saam werk kan jy die probleem oplos en onder beheer hou.
Die een plaas waar ek nou amper 2 jaar voltyds skiet het van 23 gevangde skape n jaar geval na net 4 skape verloor die jaar en het 9 jakklase die jaar geskiet daar. Die is ook my oefen plaas/verniet skiet plaas.
2de plaas waar ek nou n jaar en n half skiet het die boer vir die eerste keer in 5 jaar blesbokkies wat oorleef, sy volstruis kleintjies wat oorleef se hy ook is meer as vorige jare. Ek het 19 jakkalse sover op die plaas geskiet en het 1 slim gemaak wat ek mis geakiet het. Het die jaar een bees en kalf verloor waar vorige jare het hy maklik 5 tot 6 stelle n jaar verloor en sy blesbokke het van 27 geval na net 7 en is hulle nou weer 12. Ook n oefen plaas/verniet skiet plaas.
Hier is dit maar ook moeilik om klieente te hou oor vriende en familie wat self kom skiet en boere wat nie wil betaal nie. Ek probeer ook maar net my kostes wat ek uit gee te dek.