Die lees van mirrage
-
marco
Die lees van mirrage
More manne wil graag hoor of julle wenke het vir die lees en verstel vir mirrage. Wats julle ondervindings?
- Bulvegter
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm
Re: Die lees van mirrage
Goeie vraag Marco. Ek sien uit na die antwoorde.
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: Die lees van mirrage
Al wat ek weet van mirage is, dat dit soos n jakkals is, dit stel nie teleur nie.
Ek het al gaan lees oor mirage maar en net as ek dink ek verstaan als, dan gaan skiet ek n paar skote.... my wenk is gaan skiet mirage dit is waar jy regtig leer wat mirage maak.
Wat ek wel geleer het is dat mirage in n oog knip kan verander en dat mirage soms n groter invloed het as wind....my eie 2c
Mooi loop

- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Die lees van mirrage
Ek sal ook graag meer hieroor wil leer. Dit het my 'n pens-skoot laat skiet op die vlakte tabel die jaar tydens die SAJWV se Nas. Presidentskiet. So 'n skoot kos jou baie plekke op die uitslae dan.
Op ligter nood, ek vertel vir 'n kennis wat ook daar was van my "swak " skoot en praat van die mirage. Hy luiter my so en antwoord "Dit was geen f@kken mirage daai vandag nie, dit was 'n MIG"
Op ligter nood, ek vertel vir 'n kennis wat ook daar was van my "swak " skoot en praat van die mirage. Hy luiter my so en antwoord "Dit was geen f@kken mirage daai vandag nie, dit was 'n MIG"
-
marco
Re: Die lees van mirrage
Haha ja nee dit het my nog nooit gepla nie maar die laaste tyd dink ek tog al daai swak groepe op die ver teikens was dalk mirage gewees... maar ja ek wag die manne wat ken om te vertel.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Die lees van mirrage
Almal wil weet, maar die wat weet wil nie sê nie. 
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Die lees van mirrage
Hier is interessante artikels oor mirage:
http://www.6mmbr.com/readingmirage.html
http://southtexasshooting.org/multimedi ... irage.html
http://bulletin.accurateshooter.com/tag/mirage/

Aim small, miss small
- LRLaubscher
- Hero Member

- Posts: 568
- Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm
Re: Die lees van mirrage
Ek het lanklaas iets geskryf, maar hou nogal van die onderwerp.
So hier is my 2c op die lees van mirage:
Mirage is volgens my die beste manier om op langer afstande die wind te lees.
Om dit reg te kry vat natuurlik baie oefening, en net deur dit fisies toe te pas begin dinge later vir jou sin maak.
Die gebruik van 'n goeie teleskoop met redelike goeie glas is natuurlik baie belangrik.
Dit, asook jou teleskoop moet teminste tot 15-16 zoom vergrooting kan stel.
En jou teleskoop MOET 'n praralax verstelling hê.
Riglyne rondom dit kan mens orals oplees.
In 'n neute dop is dit die volgende.
Eerstens moet jy kan identifiseer waarna jy kyk, wat dit is wat jy raaksien. Dis effe van 'n moeilike ding om te verduidelik maar hier gaan hy.
Ek vergelyk die beeld van mirage altyd met water wat teen 'n ruit afloop. Nie druppels nie, maar 'n dun gordyn van water.
Ok, as jy jouself dit kan verbeel sien, mirage lyk amper dieselfde. As jy nou deur die ruit kyk na buite.
Dit het rigting, en daar is ook 'n mate van krag betrokke. Hoe vinnig die water beweeg.
Nou dat jy weet hoe mirage lyk, hoe gebruik mens dit?
Die volgende scenarios is moontlik. Ek gaan die scenarios uiteen set en verduidelik wat elkeen beteken.
- Mirage wat reguit boontoe borrel: Daar is geen wind nie, of geen dwars wind nie, wind is of van voor of van agter.
- Mirage wat van links na regs boontoe loop. Hier het jy tedoen met 'n links na regs wind. Die krag van die wind kan bepaal word deur te kyk na hoe plat die wind die mirage waai.
> As hy op loop links uit teen 0-30grade weg van 12H00, het jy tedoen met 'n wind van 3-5mph van links na regs.
> As hy loop links uit teen 30-60grade weg van 12H00, het jy tedoen met 'n 5-8mph wind van links na regs.
> As hy loop links uit teen 60-90grade (dws heel plat links), het jy tedoen met 8-12mph wind van links na regs.
> Mirage wat heeltemal plat lê dui wind aan wat beslis sterker is as 12mph.
Dieselfde geld natuurlik invers as die wind rigting van regs na links is.
Waneer jy jou wind skuif trajekte gaan vergelyk met die verskillende wind kragte, sal jy sien dat daar 'n duidelike tendens vorm wat jou aanduiding gee hoe groot teiken jy sal kan tref deur gebruik te maak van die tegniek.
Gestel jy lees die wind deur mirage te lees as 5-8mph. Jou finale "call" is 6mph. Jy stel dus vir hierdie wind.
Dit gaan jou beslis beter op teiken bring as om te skat en sê die wind is omtrent so 5-10mph. Die tegniek bring jou nader aan die waarheid. Indien jy onseker is oor die krag van die binne die "bracket van 5-8mph. Gaan kyk op jou program wat die verskil in windskuif sou wees op daardie teiken afstand. Die verskil in windskuif is basies die kleinste teiken wat jy dan kaans staan om te tref. Soos wat jou wind lees vaardighede verbeter, sal die teiken grootte immers ok afneem.
Vanselfspreukend kan dit gebruik word saam met 'n wind meter ook. Dit is 'n goeie ding om te doen want dit sal jou verder leer. Speel wind meter lesing af teen wat jy sien in mirage.
Mirage kan nog verder gebruik word om jou inligting te gee oor wat verder oppad na jou teiken gebeur met die wind.
Hier gebruik jy jou paralax knop en zoom op verskillende afstand oppad na jou teiken toe. Neem in ag die trajek van jou geweer, en lees die mirage waar die koeël gaan wees. maw effe hoër in die middel tussen jou en teiken.
Lees al die waardes so op 3 afstande na teiken (hang af hoe ver jy skiet)
Vat dan die waardes en maak 'n som om die gemiddelde wind rigting en krag te bepaal na jou teiken. Neem in ag dat die vlieg tyf van jou af tot halfpad baie korter is, as halfpad tot by teiken, en dus sal die wind in jou tweede helfde oppad teiken jou meer skuif as die eerste helfde. Dit is nie altyd die geval nie. Indien die wind by jou baie sterker is as die wind in tweede helfde oppad na teiken, werk dit vanselfspreukend anders om.
Hierdie is maar net "trail and error" en met oefening begin mens dit baie mooi verstaan.
Mens sien baie dat jou teiken, (die jakkals teiken op 330m) amper hop soos wat die mirage die lig buig. Nou waar mik jy nou?
Ek het ervaar op die bisley baan dat die mirage die beeld slegs kan optel, en nnie kan afdruk nie. Dit beteken dat daar tog 'n "reference" is om na te mik, al hop die jakkels amper uit jou scope.
Kyk waar die teiken gaan draai onder voor die mirrage hom weer laat hop/bewe. Dis waar die regte mik punt is. Dit werk baie goed. Ons V-Bull op 300m is maar iets soos 36 of 46mm (jammer dit ontgaan my nou), en met die tegniek het ek al baie sukses ervaar.
Daar is nog baie dinge wat mens kan bespreek en sê rondom mirage. maar dis eers genoeg vir nou.
Wat ek wel kan afsluit meë, is dat ek reken die mirage is seker die belangrikste "tool" wat mens kan gebruik om jou wind lees te verbeter. Dis altyd betroubaar, dis altyd daar, en waneer jy hom verstaan gee dit nogal baie selfvertroue.
Groetnis,
Nico

-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Die lees van mirrage
Dankie, Nico. Sal verseker jou storie in gedagte hou as ek weer gaan skiet!
Groetnis
Groetnis
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Die lees van mirrage
Baie insiggewend dankie.
-
marco
Re: Die lees van mirrage
Dankie dis goed gedoen. Ek het vroeg vanoggend n stuk gelees waar die skrywer se dat wanneer mirage stil na bo trek jy net vir hoogte aanpas maar wanneer dirt begin skuins trek vir hoogte en rigting moet aangepas word en dan as dit dwars trek bv 9-3 uur net vir rigting aangepas word.