Primer room
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
Primer room
More, ek,t vanoggend bietjie my .243 gaan skiet gelaai met 100gr hornady interlock btsp pmp dop en 42gr s365, ek,t 3 skote met geen probleem geskiet, maar met die 4de skoot sien ek net rook en sukkel om die kamer oop te maak, toe ek hom uiteindelik oop het , het ek opgemerk dat die primer uit is en dat die primer room baie gesize het , so veel dat jy n primer in kan druk met jou hand dan val hy maklik net uit. Wat dink julle was die probleem?
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Primer room
Wat is die maks vir die 100 gr koeel in die 243? Ek dink jy kielie die leeu se klokke!!
MOSSIE
MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Primer room
Somchem gee max lading 36.7gr vir 100gr NoslerSPBT S365
Gaan maak weer seker vir veiligheid.
Gaan maak weer seker vir veiligheid.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
Bielie
- Jr. Member

- Posts: 82
- Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm
Re: Primer room
Verseker te hoe druk! 42gr wys as max op Somchem se ou tabel vir 100grein punt.Met S365 se lot variasies deesdae is max nou 36,7gr vir 100grein punt aan gepas. Trek dadelik al daai punte en begin oor maar moet nie 36gr oorskry nie.Daarom so belangrik om jou spoed te meet! Bly jy en geweer is ok want jy was by die leeu se bal!
-
Joe308
- Full Member

- Posts: 228
- Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm
Re: Primer room
Die Interlocks het n lang bearing surface so hulle gee maklik druk!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Primer room
Roden, watter Lot S365 is dit? Kyk onder die blik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Bielie
- Jr. Member

- Posts: 82
- Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm
Re: Primer room
Ek het al jare terug nog voor S365 se lotte so wisselvallig was agter gekom dat Somchem se tabelle verkeerd was oor max.ladings met die 243. Selfs met 39gr S365 met 100grein punt was daar tekens van druk.Om te val van 42gr na 36,7grein as max. is duidelik dat hulle fout begaan het met die 243 tabelle?Wat nog verder my teorie staaf is dat daar op die ander kalibers wat ook S365 gebruik soos die 3006 geen sulke veranderings gedoen is al was die lotte laaste jare wisselvallig?Ek het ook geen noemenswaardige veranderinge gesien in die 3006 met die verskillende lotte nie.Somchem het wel alle ladings met 243kaliber van 85gr,90 en 100gr aangepas in hul nuwe tabelle.So klompie jare terug het ou sy 243 op geblaas met Somchem se ou ladings.So gooi weg al daai ou tabelle en bly weg van max.ladings af veral met die 243!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Primer room
Bielie
Leer nou maar hierdie woorde en neem dit in. Om te meet is om te weet! Spoed is die enigste werklike aanduideling van wat aangaan met die interne balistiese proses. Gaan skaf, leen of steel n kronograaf en gebruik hom met jou ladingontwikkeling. Daar is nie n ding soos maksimum lading nie maar wel maksimum spoed ongeag die lading wat jy gebruik het. Somchem het wel hulle lading informasie hersien om die wisselvalligheid van lot na lot aan te spreek.
Nou die prakties hiervan is is dat wanneer die lot poeier verbrand soos hy moet die ou herlaaidata wel van toepassing sal wees maar indien die lot se termogemiese eienskappe aan die vine kant is sal die nuwe herlaai data meer relavant wees. Maar weereens sal jy nie weet wat die spesifieke lot doen indien jy nie spoed meet nie. Deur die spoed ook te meet maak dit jou lewe ook baie envoudiger deurdat jy net weer na dieselfde spoed te laai as wat jou vorige lot gegee het en daar rond te loer vir die beste groepering.
Groetnis
Wouter

Stem heel saam met jou! Daarom noem ek bo hoe belangrik dit is om spoed te meet.Roden sou al die probleem voor die tyd kon sien en nie die max.lading gebruik het van die ou tabelle nie.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Primer room
Askuus Bielie
My opskrif moes Roden gelees het.
Groetnis
Wouter
My opskrif moes Roden gelees het.
Groetnis
Wouter
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
Re: Primer room
oh jitte, dis nie goed nie... die ouens het vir my gese 42.4gr s365 ek't later die dag almal uitgekap en 40gr gegooi toe skiet hy nou lekker, maar sal hom maar nog sak tot 36gr
-
Bielie
- Jr. Member

- Posts: 82
- Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm
Re: Primer room
Roden soos die manne bo se kry erens 'n chrony dat jy spoed kan meet ! Jy moet laer as 36,7grein begin en sien wat is jou spoed en dan stadig op werk en weer spoed meet.Dan sal jy miskien bv na 37grein of meer kan gaan? As jou spoed reg is vir die grein punt dan weet jy die druk vlakke is reg.Dan kan jy begin om met TPL te speel om jou groepe beter te kry.Moet nie net laai om somchem se tabelle so se?