Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Daar is net n lockring op scopes wat nie n quick focus het nie. Die scope het n quick focus meganisme en dus geen lock ring nie.
Ek is teleurgesteld in die terugvoer oor die scope. Ek het gedog dit gaan my spaar om nie n Nightfore te koop nie.

- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3649
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Daar leer ek toe ook iets. Jammer tgg
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
LUAN wrote:Nou toe nou ek kom ook agter vandag op die baan met groot teleurstelling my nuwe rudolph 6-24 se kruishaar spring rond as ek die paralaks verstel...tgg wrote:Dit is seker nie reg om hier bek te spoel nie, maar die situasie was by Rudolph en hulle hou voet by stuk dat die scope niks mekeer nie en het dit na 6 weke net so terug gestuur terwyl daar duidelik fout is by die parallax.
die scopes met 16x en kleiner vergrooting is goed en het nie hierdie fout nie.
Maat van my se Zeiss Diavarie doen presies dieselfde. Hy is toe terug Duidsland toe en doen nog steeds na service met lang papiere van toetse wat gedoen is ens. ens nog presies dieselfde
-
Ysterkat
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Dit is sleg as 'n produk so afgekraak word, stem saam met wat Gawie hier bo gesê het. Ek self het 2 Rudolph scopes en is baie tevrede en het nog net goeie diens by Rudolph ontvang.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ysterkat wrote:Dit is sleg as 'n produk so afgekraak word, stem saam met wat Gawie hier bo gesê het. Ek self het 2 Rudolph scopes en is baie tevrede en het nog net goeie diens by Rudolph ontvang.
Wat vir my sleg is, is dat TGG hier bek uitspoel oor iets wat nie eers sy eie is nie. Eers is die ding verkeerd, en toe, oeps!!, daar is hy weer reg, en weer verkeerd. Tgg, laat jou vriend self hier kom skryf en deel. Die manier waarop jy dit doen is nie baie geloofwaardig nie, en op die manier het ons ook al verskaffers en verspreiders verloor, wat waardevol vir die forum is.tgg wrote:Lyk my dat as jy n Rudolph scope het en daar is fout moet jy dit maar adverteer en verkoop. Die waarborg en naam Rudolph beteken nou niks vir na-verkope diens.
Daar is darem blykbaar een wat n grouping kan skiet
Veiligheid eerste manne!
- tgg
- Sr. Member

- Posts: 278
- Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ek het een gehad maar het dit summier verkoop, Tian se een is ook nou verkoop.
Voorspoed, Rudolph
Voorspoed, Rudolph
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ek het nou 6-24 Rudolphs op al my gewere behalwe my 375 en het vandag tot op 1000yards met die een op my 243 geskiet.Op 600y sien ek die klyn stickers wat op die tykens geplak word om koel gate toe te maak en van 300 tot 1000yard stel hy presies soos ek hom draai. Vir n scope 3 keer sy pys sal ek hom nie ruil nie.Ek het al met March, S&B, Vortex HD, Swaro, Zeiss en nog baie scopes geskiet en ek is meer as gelukkig my my rudolphs.EK kan die bul duidelik tot op 1000yard sien en hulle dial oor en oor net soos hul moet, van 100yard 120 of hoeveel ook al clicks tot by 1000y en weer terug 100 toe.Wat meer wil jy he?
Vandag by n skiet gepraat en daar was manne wat Zeiss, Leupold en nog baie ander scopes al moes terug stuur oor foute, het self een van die tanks se turrets sien af val maar dit is n ander storie.
Rudolph jy het n paar baie lekker scopes kry net die quality control reg.

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Kaptein dan moet jy maar baie gelukkig wees want ek kan nie glo wat jy se oor jou scope as ek na myne kyk maar anyway ek sal mar niks verder se...
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Kapt.
Hoe het ons mekaar gemis vandag? Ek kon darm daai wit buffeltjie op 1000 Yards twee uit drie skote piets en eerste skoot was tussen die horing en die lyf deur. Lekker skiet dag vandag.
Stem sAm oor die Rudolphs ek was baie happy met my 6-24 Rudolphs en kon gemaklik tot 1000yards met hulle skiet. Jy kry nie maklik scope in daai prysklas met dit wat Rudolphs regkry nie....
Hoe het ons mekaar gemis vandag? Ek kon darm daai wit buffeltjie op 1000 Yards twee uit drie skote piets en eerste skoot was tussen die horing en die lyf deur. Lekker skiet dag vandag.
Stem sAm oor die Rudolphs ek was baie happy met my 6-24 Rudolphs en kon gemaklik tot 1000yards met hulle skiet. Jy kry nie maklik scope in daai prysklas met dit wat Rudolphs regkry nie....
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Luan ek hoop jy kom reg met jou scope dit is regtig n bitter lekker scopeLUAN wrote:Kaptein dan moet jy maar baie gelukkig wees want ek kan nie glo wat jy se oor jou scope as ek na myne kyk maar anyway ek sal mar niks verder se...
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ek skiet nou al so 6 maande met n C1 6-24 Rudolph en het hom al op die baan sowel as vir jag gebruik op my .308. Ek kan die scope nie slegpraat nie. Myne het nog net goeie resultate gelewer tot en met 600m waar ek nou al n paar keer gonge suksesvol geskiet het. My gevoel is dat dit goeie waarde vir geld scope is. Ek sal graag die click op die turrets meer positief he. Myne is baie swak en sukkel om hulle te voel.
Ek moet ook nou ongelukkig byvoeg dat die diens nie naastenby is wat n mens sou verwag van n verskaffer wat homself in die mark wil vestig nie.
My seun het nou vir hom ook n Rudolph vir sy .308 gekoop en so ver kan hy nie kla nie. Hy het gister goed geskiet met sy scope vir sy eerste keer dat hy hom op die baan gehad het.
My gevoel hier is dat as Rudolph sy produk behoorlik wil vestig, hy bietjie aandag moet gee aan produk kwaliteit en diens. Hierdie sigment van die mark is baie kompenterend en diens is gewoonlik die bepalende faktor. Die ou gesegte van " Under promise and over deliver" kom in gedagte.

_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- tgg
- Sr. Member

- Posts: 278
- Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Baie dankie vir die terugvoering.
Ek wil dit net asb uitwys dat my persoonlike "onregverdige" opmerkings en post op die forum was nadat dat vir 2 maande met jou kantoor geen sukses of enige diens van waarde ontvind is nie.
Dit was n laaste uitweg na vele oproepe en geen diens, Daar was nooit eerstens na die forum gekom met n probleen nie.
Jou diens was nooit beoordeel or jou forum aktiwiteit nie, dit was oor wat in jou kantoor aangaan en die diens daar verkry.
"Caveat emptor"

Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
tgg met respek,
Jy hou aan om Rudolph optics in die openbaar aan te vat terwyl dit jy netsowel direk kan doen. Ek dink persoonlik dis 'n bietjie gemeen. Ek verontskuldig hulle nie noodwendig nie, want ek kan nie oordeel wat die probleem is en of jou vriend se probleem enigsins behoorlik hanteer is nie. Hierdie draad is egter deur Rudolf Optics begin en dis sy draad waar hy 'n produk adverteer nadat hy vir daardie voorreg betaal het. Nou kom en neuk jy met die man. Dis sulke optredes, dink ek wat adverteerders hier weghou en wat ander forumlede ontneem van advertensies en voordele wat sulke advertensies vir ons lede inhou. As jy so 'n ernstige probleem het wat openbare publisiteit behoort te kry, begin jou eie draad en braak daar gal na hartelus. Dis die meer eerbare weg dink ek.

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- tgg
- Sr. Member

- Posts: 278
- Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Hierdie is nie n vendor thread nie, vendors adverteer daar.
Hier praat ons oor optics, miskien het Rudolph sy advertensie op n verkeerde thread.
As ek geen reaksie uit die betrokke besigheid kry in die privaat nie en sy diens my te na kom, is dit nie van pas dat ander voornemende kopers gewaarsku word nie.

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Dit is ook nie 'n galbraak draad die nie. Jy is moerig oor 'n gebrek aan diens en terugvoer en deur jou toedoen het ons sopas nog 'n betaalde adverteerder verloor. Veels geluk.tgg wrote:Hierdie is nie n vendor thread nie, vendors adverteer daar.
Hier praat ons oor optics, miskien het Rudolph sy advertensie op n verkeerde thread.
As ek geen reaksie uit die betrokke besigheid kry in die privaat nie en sy diens my te na kom, is dit nie van pas dat ander voornemende kopers gewaarsku word nie.
Het jy dalk vir Rudolf Baard direk gekontak soos hy jou versoek het of wag jy dat hy jou moet kontak?
Maak nie saak nie.
Bly maar lekker moerig daar aan die Weskus.
Boland groete,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2480
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Daar is nie n groot verskil of mens met Rudolph praat of nie. Ek het met hom self gepraat na n soortgelyke insident op die forum. Dit is nou amper n JAAR en al wat ek nog gehoor het van hulle is die drie keur wat ek hulle gebel het. Hulle is van die mening dat as n probleem net met een of min persone se produk is dat dit nie belangrik genoeg is om dadelik aandag te gee nie. Ek is vertel van almal se produkte wat wel werk en dat hy nie kan verstaan hoekom my produk dan nie sal werk nie.
Ons almal hoef mos nie skool geld te betaal nie.
Groete
Nico
Ons almal hoef mos nie skool geld te betaal nie.
Groete
Nico
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Dagsê Nico.
Ek hoor wat jy sê en ek het begrip vir die gevoel van minderwaardigheid en magteloosheid wat 'n persoon ervaar, indien jy geen terugvoer kry van 'n verskaffer, nadat hy jou hardverdiende geld geneem het in ruil vir sy produk.
Ek skerm glad nie vir Rudolph Optics of vir Rudolph self nie en besit ook nie een van hul produkte nie.
Almal van ons is geregtig op ons eie mening, maar om iemand se produk op Jaracal af te kraak soos wat tgg gedoen het is ook nie in die gees van die forum nie.
Jou skrywe hier bo, is 'n baie goeie voorbeeld van hoe iemand 'n stelling kan maak sonder om aanstoot te gee. Dit plaas jou in 'n onaanvegbare posisie waarmee niemand kan stry nie. Geen gesanik nie. Net die feite.
Ek is jammer as ek vir tgg aanstoot gee, maar net so sterk soos hy voel oor sy saak, voel ek oor die gees van Jaracal.
Groete,
Gawie.
Ek hoor wat jy sê en ek het begrip vir die gevoel van minderwaardigheid en magteloosheid wat 'n persoon ervaar, indien jy geen terugvoer kry van 'n verskaffer, nadat hy jou hardverdiende geld geneem het in ruil vir sy produk.
Ek skerm glad nie vir Rudolph Optics of vir Rudolph self nie en besit ook nie een van hul produkte nie.
Almal van ons is geregtig op ons eie mening, maar om iemand se produk op Jaracal af te kraak soos wat tgg gedoen het is ook nie in die gees van die forum nie.
Jou skrywe hier bo, is 'n baie goeie voorbeeld van hoe iemand 'n stelling kan maak sonder om aanstoot te gee. Dit plaas jou in 'n onaanvegbare posisie waarmee niemand kan stry nie. Geen gesanik nie. Net die feite.
Ek is jammer as ek vir tgg aanstoot gee, maar net so sterk soos hy voel oor sy saak, voel ek oor die gees van Jaracal.
Groete,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
So sien ek die saak ook. Jy verwoord my gevoel oor hierdie en soortgelyke insidente uitstekend Gawie. As ESKOM nie na diens gee nie, of Vodacom of wie ook al, het enige redelike mens die reg om te kla en ook die reg om aan te dring op diens. Dit doen mens uiteindelik maar met die diensverskaffer self. Die bekspoel by ander plekke kry nie jou probleem uitgesorteer nie.Gawie(7mm) wrote:Dagsê Nico.
Ek hoor wat jy sê en ek het begrip vir die gevoel van minderwaardigheid en magteloosheid wat 'n persoon ervaar, indien jy geen terugvoer kry van 'n verskaffer, nadat hy jou hardverdiende geld geneem het in ruil vir sy produk.
Ek skerm glad nie vir Rudolph Optics of vir Rudolph self nie en besit ook nie een van hul produkte nie.
Almal van ons is geregtig op ons eie mening, maar om iemand se produk op Jaracal af te kraak soos wat tgg gedoen het is ook nie in die gees van die forum nie.
Jou skrywe hier bo, is 'n baie goeie voorbeeld van hoe iemand 'n stelling kan maak sonder om aanstoot te gee. Dit plaas jou in 'n onaanvegbare posisie waarmee niemand kan stry nie. Geen gesanik nie. Net die feite.
Ek is jammer as ek vir tgg aanstoot gee, maar net so sterk soos hy voel oor sy saak, voel ek oor die gees van Jaracal.
Groete,
Gawie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Ysterkat
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ek verstaan nie hoe is dit moontlik dat 99% mense goeie diens kan ontvang en die ander nie. Ek het nog net goeie diens ontvang by Rudolph en sy kantoor. Miskien is die fout nie by Rudolph nie... Ek wonder maar net.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ysterkat,
Ek dink dis wel moontlik en dat die probleme geldige probleme is. Ek dink nie die klagtes hier van tgg se vriend of van Nico Harris en enkele ander manne is uit hulle duime gesuig nie. Rudolph Optics se hantering van die klagtes is waarskynlik 'n bydraende faktor tot die vlak van ongelukkigheid wat die klaers ervaar. EK het absoluut begrip daarvoor, maar die hantering van die klagtes en die wyse waarop vuil wasgoed in die openbaar gewas word los ongelukkig nie die probleem op nie en doen meer skade as wat dit goed doen. My persoonlike opinie is dat mens net nie so optree nie. Ek dink dit doen skade aan Jaracal as forum en die wyse waarop mense met mekaar hier omgaan.
Ek dink dis wel moontlik en dat die probleme geldige probleme is. Ek dink nie die klagtes hier van tgg se vriend of van Nico Harris en enkele ander manne is uit hulle duime gesuig nie. Rudolph Optics se hantering van die klagtes is waarskynlik 'n bydraende faktor tot die vlak van ongelukkigheid wat die klaers ervaar. EK het absoluut begrip daarvoor, maar die hantering van die klagtes en die wyse waarop vuil wasgoed in die openbaar gewas word los ongelukkig nie die probleem op nie en doen meer skade as wat dit goed doen. My persoonlike opinie is dat mens net nie so optree nie. Ek dink dit doen skade aan Jaracal as forum en die wyse waarop mense met mekaar hier omgaan.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Ysterkat
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Johan
Dit wat jy sê is alles waar en ek stem saam met jou. Elke produk het maar sy probleme, ek het al van grootnaam scopes gehoor wat ook probleme het. Op die einde van die dag koop elke ou maar waarvan hy hou en wat hy kan bekostig.
Dit wat jy sê is alles waar en ek stem saam met jou. Elke produk het maar sy probleme, ek het al van grootnaam scopes gehoor wat ook probleme het. Op die einde van die dag koop elke ou maar waarvan hy hou en wat hy kan bekostig.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ek stem saam met Johan.
Ek het ook al probleme met "skiet goed" gehad waarvan ander manne nog nie eens gehoor het nie. My eie onkunde was meestal die sondebok, maar soos Johan meld is niemand of geen produk perfek nie.
Ek dink ook die manne wat probleme met Rudolph se produk het mag nie af ge lag word nie. Hul geld is net so goed soos al die tevrede kliënte s'n.
'n Sagte woord keer die grimmigheid af soos my vriend van Williston sê.
Indien jy die vuur aanhou stook gaan die huis en die hele plaas afbrand en dan sit almal met niks.
My nederige omverskoning aan tgg indien ek hom in sy eer gekrenk het. Dit is ook nie in my aard om manne likraak aan te vat nie. Ek geniet Jaracal en het al met manne koppe gestamp, maar wedersydse respek is nog altyd af ge dwing deur die manne se opregte toewyding tot die Forum en sy lede.
Ek het ook al probleme met "skiet goed" gehad waarvan ander manne nog nie eens gehoor het nie. My eie onkunde was meestal die sondebok, maar soos Johan meld is niemand of geen produk perfek nie.
Ek dink ook die manne wat probleme met Rudolph se produk het mag nie af ge lag word nie. Hul geld is net so goed soos al die tevrede kliënte s'n.
'n Sagte woord keer die grimmigheid af soos my vriend van Williston sê.
Indien jy die vuur aanhou stook gaan die huis en die hele plaas afbrand en dan sit almal met niks.
My nederige omverskoning aan tgg indien ek hom in sy eer gekrenk het. Dit is ook nie in my aard om manne likraak aan te vat nie. Ek geniet Jaracal en het al met manne koppe gestamp, maar wedersydse respek is nog altyd af ge dwing deur die manne se opregte toewyding tot die Forum en sy lede.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2480
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Ek se altyd vir mense- dit gaan oor HOE jy dit hanteer en nie wat jy doen nie. Ek wil nie my hele storie herhaal nie. Maar toe ek na n paar maande vir Rudolph weer kontak en vra vir terugvoering en hy weer vir my se hulle kyk daarna en sal my laat weet(wat hulle NOOIT doen nie) het ek gese eks jammer maar dis sommer n antwoord. Hy was van die opinie dat vrae kry antwoorde. So my siening is as jy navraag doen of n prbleem het mors jy sy tyd met . En by gese die feit dat hy betaal vir advertering hier moet hom nie skuldvry maak van swak diens nie. Die goed wat ek hier se is alles feite en mens moet maar die gevolge van jou aksies dra.
Eks nou klaar met die topic.
Vriendelikke groete
Nico
Eks nou klaar met die topic.
Vriendelikke groete
Nico
- tgg
- Sr. Member

- Posts: 278
- Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Gaan my mail na info@rudolphoptics direk by jou uitkom of kan jy my asb jou persoonlike adres pm.Rudolph Optics wrote:TTG,
Dankie vir die terugvoering, sal dit opneem met my kantoor!
Stuur vir my 'n e-pos asseblief, met die besonderhede van jou probleem.
Groete
Dolph
Ek sal graag hierdie probleem tot n einde wil kry.
My insiens gaan n ontrekking uit jaracal nie n oplossing wees nie, die vuur raak partykeer bietjie warm in die retail sektor, maar dit kan tot voordeel van almal reg hanteer word.
-
Riebeeker
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm
Dit is n fantastiese geleentheid as 'n koper (in die verlede of in die toekoms) jou wil kontak om 'n probleem met jou produk of diens aan te spreek. Ek hoop dit word aangegryp.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF