Slagyster bly wenner
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Slagyster bly wenner
Pieter ek geniet hierdie draad van jou baie. Dis lekker om te sien hoe die ouer tegnieke tot vandag toe nie uitgesterf het nie en hoe die manne soos jy dit nog met sukses gebruik. Hou so aan.
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Slagyster bly wenner
Wat lekker is is dat mens net een yster daar nodig het.
As ek by die vangs stel kom hulle nie weer naby hom nie hulle vang net nuwe een. Ek stel nou by die naaste hol miershoop en hulle val daarvoor.
Ek het ook blinde stel in hulle pad gestel vandag vir eerste keer nou dat die vee uit daai kamp is. Hoop dit werk.

- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
Pvdw ek geniet die forum.Mens tel baie inligting op.
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
222Sako blinde stel werk goed as daar gereelde jak spore is en ander wild se spore verminder.Ek gebruik hom baie,die kans dat iets anders hom trap bly maar altyd daar.Ek sit gewoonlik n lam stert of iets wat aandag trek n voet voor stel,afhangend v waar spore kom.Groete
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Slagyster bly wenner
Nog 1 laas nag. By miershoop paar tree van hulle pad af.
By die blinde stel het ñ iets die een yster se kant oopgemaak. Ek hoop maar dit is agter die los grond aan en nie as gevolg van reuk nie.
Die eerste jak was ou reun die tweede en derde altwee laas jaar se manne. Ek wonder hoekom ek nie ñ teef kry nie, want ek het laas maand een geskiet en die honde het een gevang. Ook net reuns.
Pieter dalk sit ek my "oog vanger" te ver van die stel, so 5 tree? Gaan hom nader skuif en kyk wat gebeur.
By die blinde stel het ñ iets die een yster se kant oopgemaak. Ek hoop maar dit is agter die los grond aan en nie as gevolg van reuk nie.
Die eerste jak was ou reun die tweede en derde altwee laas jaar se manne. Ek wonder hoekom ek nie ñ teef kry nie, want ek het laas maand een geskiet en die honde het een gevang. Ook net reuns.
Pieter dalk sit ek my "oog vanger" te ver van die stel, so 5 tree? Gaan hom nader skuif en kyk wat gebeur.
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
Het ook al gekry dat yster effens oop gegrou is,hom net weer toe gevee en jakkals gevang.Baie keer is dit sommer iets anders wat daar gaan grou het.
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
Spoor sny hier is nou mooilik.Man moet mooi kyk.Die wêreld is baie droog.
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Slagyster bly wenner
Droog en die wind waai aanmekaar. Ek het hulle een nag in die maanlig sit en inwag en toe gesien hoe hulle inkom. Soos jy sê ek moes soek om hulle spore daar te kry.
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
Sterkte daar ek sit op die oomblik met jak wat my aan n ongemaklike plek beet het,maar sukkel om sy vaste roete in die hande te kry.
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Slagyster bly wenner
Soos ñ maat van my sê. Vandat die jakke nou ook selfone en internet het kry mens hulle nie meer sommer nie.
Hoop jy kry hom. Laat weet ons.
Groete
Hoop jy kry hom. Laat weet ons.
Groete
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Slagyster bly wenner
Ek vra vir my eie kennis. Wanneer julle by die slagysters kom, is die jakke alreeds dood, of moet hulle dan nog rek geskiet word?
Veiligheid eerste manne!
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
As jy gereeld elke oggend ysters nagaan,kry jy hul nog lewend.In winter het ek hul al dood gekry.
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Slagyster bly wenner
http://i24.photobucket.com/albums/c25/kleinfontein1/Mobile%20Uploads/IMG_201508228_075641-640x473_zps9kdbnnnr.jpg
In die week die vangs gekry, mooi toegekrap. Stel toe by die bors en boude en pak die rug toe. Volgende dag toe kry ek haar.
Ek het vroeg in die week n jakkals reun ook gevang. Nie elke dag dat mens so gelukkig is nie.
In die week die vangs gekry, mooi toegekrap. Stel toe by die bors en boude en pak die rug toe. Volgende dag toe kry ek haar.
Ek het vroeg in die week n jakkals reun ook gevang. Nie elke dag dat mens so gelukkig is nie.
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
Goed gedoen,lekker om hul te sien sit
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Slagyster bly wenner
Wel gedaan 222 Sako!
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
Laat dit n les wees, gister nie by yster uitgekom nie en groot jakkals verloor.Ysters opgewen en poot afgedraai.
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Slagyster bly wenner
Dit is jammer.Hoop maar hy vrek vinnig.Sal maar vir jou n rekening stuur as ek eendag n afpoot jakkals in jou omgewing skiet.
Ek het darem al 2 katte daar by die veeats(Jaco hul) gekry.een raak gelig en een in hok gekry.daar is wel nog n paar skelm jakkals by die bure wat se gal ek sal werk volgende week.
Mooi loop!
Ek het darem al 2 katte daar by die veeats(Jaco hul) gekry.een raak gelig en een in hok gekry.daar is wel nog n paar skelm jakkals by die bure wat se gal ek sal werk volgende week.
Mooi loop!
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
Bly oor die katte wat jy gekry het.Daardie jakkals het nou geleer maar sal hom wel op een of ander manier kry.Goed gaan Julian
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Slagyster bly wenner
Hallo Pieter
Slaan jy jou yster vas of het jy anker aan? Ek slaan vas met kort ketting wat 1 swivel in het. Het ook eenkeer een aan agterpoot gevang wat amper afgedraai het. Van toe af maak ek seker die swivel draai mooi vry voor ek stel, maar hy sny maar nog partymaal gelukkig nog nooit een verloor.
Ek hoor mens moet n langer ketting vat en hom "loop" dan sit jy n veer op die "loop" se punte sodat hy daai afstand kan meegee. Ken jy die plan en is dit die moeite werd sal jy se?
Groere Eddie

ALM
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Fri Jul 12, 2013 2:07 pm
Re: Slagyster bly wenner
Naand manne,
Ek is geen kenner op die gebied nie, maar ek kan deel wat ek al by my skoonpa geleer het...
Hy het ook gesukkel met jakkalse wat alewig hulle pote of afdraai of selfs afvreet. Hy begrawe 'n gewig (deeglike stuk "offcut" staal of iets dergeliks) en ketting saam met die yster. Wanneer jakkals die yster aftrap loop hy sy pad met 'n duidelike sleepsel agter hom aan. Dit verg 'n bietjie spoorsny, maar in die regte terrein is dit maklik om die streep op die grond te volg. Nodeloos om te se^ moet 'n mens dan nie die yster vir 'n week los sonder om hom te gaan kyk nie, anders is jou yster en die sleepspoor weg.
Die metode het sekerlik ook sy nadele, maar vir die regte terrein werk dit goed.
Groete,
Louwrens

Eddie ek het swiwwels aan wat werk.Die twee ysters se kettings het opgewen en toe is die swiwwels van geen waarde.In een yster getrap en ander yster het aan daardie yster vas geslaan.Ek gebruik penne.
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
Lourens geen fout met jou skoonpa se metode,ek verkies maar net penne.Het nog net 2 jakkalse so verloor.My fout was ek kon nie die een dag by ysters uit kom nie.Mens moet elke dag by daardie ysters n draai maak.Ek probeer elke oggend vroeg by elkeen uit kom.Die boerdery laat dit nie altyd toe nie.
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Slagyster bly wenner
Goeie Dag, dis is baie interessant en ek is nie 'n boer nie, ,maar 'n stadsjapie.
Ek het so bietjie fototjies gaan loer en ja nee ek het geen idea hoe dit goed werk nie.
Jammer as ek dit so bietjie Hi Jack sal meer wil leer
https://www.youtube.com/watch?v=UOFoEee_IWM
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/trap_example_zpspohptjqg.jpg
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/full-27801-189371-pogo_chains_after_coyote_catch_640x399_zpsvdwkuouc.jpg

"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Slagyster bly wenner
Frikkie Peter Schneekluth het goeie video's oor stel v slagysters.
-
ALM
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Fri Jul 12, 2013 2:07 pm
Re: Slagyster bly wenner
Hallo Pieter,
Daai is maar die algemene probleem. Enige boer sal weet jy ry met die beste voorneme uit veld toe om 'n yster te gaan kyk en dan eindig jy op met 'n halwe dag se lyndraadwerk te danke aan varke, twee pap wiele, 'n siek ooi en 'n stukkende windpomp. Dan is dit natuurlik donker en die yster agterwee... Ek luister ook aandagtig na die draad; altyd lekker om om die braaivleisvuur nuwe idees met manne te kan deel. Dankie vir julle insette!