Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het al gesien dat sommige van die wapens standaard uitkom met die “rear brass sight” en myne net met die “font sight”. Is dit moontlik om die “brass rear sight (figure ” iewers te bestel as ek met die double sights wil begin skiet of nie?
My volgende vraag is, wat is julle opinie oor die figure 8 vir “TRAP & SPORTING”. Is dit voordelig om met die double sights te mount of mors ek my tyd en moet ek aanhou skiet met die enkel sight?
Dit hang baie af van jou skiet styl en hoe jy geleer het om te skiet. Ek het nog nooit n haelgeweer gesien wat n agterste visier het nie. Bedoel jy nie dalk n mid barrel bead nie?
Dit is daar om jou te help oplyn en jou loop se tilt aan te dui.
Ek gebruik dit glad nie. In teendeel ek dink ek gebruik ook nie werklik my voorste korrel nie.