Fixed 10x teleskoop

Post Reply
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Fixed 10x teleskoop

Post by Johan JvR »

Manne, ek is besig met die idee in my kop om 'n vaste vergroting 10x teleskoop aan te skaf.

Ek is opsoek na iets baie sterk met goeie lense, mil/moa tipe kruis en taktiese tipe verstelknoppe.
Doel is jagteleskoop wat kleiner, meer eenvoudig, ligter en goedkoper is as 'n groot taktiese baan teleskoop.

Vandat ek nou met 'n groot turret tipe teleskoop op die baan skiet, voel my gewone 7A kruis jagteleskoop snaaks.

Schmidt maak 'n baie lekker 10x PMII met P3 kruis, maar hy is te duur.

Sightron lyk na 'n goeie opsie met hulle SIII fixed 10x42, asook US Optics met hulle 10x teleskoop.

Ek het egter geen persoonlike ondervinding van US Optics nie. Iets ideal soos ek lees, sou wees soos die vorige Unertl Sniper 10x teleskoop.

Is daar een van julle wat al huiswerk oor so iets gedoen het?

Groete daar
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Capt. Yoda »

Sightron SIII 10x42
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Hein M. »

Johan JvR wrote:Manne, ek is besig met die idee in my kop om 'n vaste vergroting 10x teleskoop aan te skaf.

Ek is opsoek na iets baie sterk met goeie lense, mil/moa tipe kruis en taktiese tipe verstelknoppe.
Doel is jagteleskoop wat kleiner, meer eenvoudig, ligter en goedkoper is as 'n groot taktiese baan teleskoop.

Vandat ek nou met 'n groot turret tipe teleskoop op die baan skiet, voel my gewone 7A kruis jagteleskoop snaaks.

Schmidt maak 'n baie lekker 10x PMII met P3 kruis, maar hy is te duur.

Sightron lyk na 'n goeie opsie met hulle SIII fixed 10x42, asook US Optics met hulle 10x teleskoop.

Ek het egter geen persoonlike ondervinding van US Optics nie. Iets ideal soos ek lees, sou wees soos die vorige Unertl Sniper 10x teleskoop.

Is daar een van julle wat al huiswerk oor so iets gedoen het?

Groete daar
Vir wat dit werd is...

Die US Ranger Sniper teams gebruik die S&B vaste x10 vergroting. Daar is goeie redes daarvoor.

Mooiloop!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Frikkie Coetzee »

Soos ek dit het het die Marines ook vir Lank die Unertl 10x gebruik en die weermag self die Leupold in n 10x.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by JTM »

Bushnell het ook 'n 10x wat kan werk, maar ek stem saam met Cappie oor die Sightron. Jy kry ook die Super Sniper uit VSA wat ook soos die Sightron ontwerp is, maar of ons dit hier gaan kry weet ek nie. Dan kry jy die MTC Viper wat 'n lekker stewige scope is vir nie baie geld nie.
Jannie Welman
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Capt. Yoda »

10x Mtc Viper is ook n baie baie goeie scope
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Tampie
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Wed Jun 05, 2013 2:03 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Tampie »

Ek het daai einste Sightron op my Kalibrgun PCP windbuks en kan hom ten sterkste aanbeveel
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Supacow »

Daai super sniper aka swfa 10x42 kry net goeie reviews. Kan dit nie klop vir $299 en dan dien hy nog in baie R35000 scopereviews as die benchmark. Ek soek verseker een!
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Johan JvR »

Dankie manne, als wat ek op die net lees praat die Sightron goed.

Ek begeer egter die Schmidt PMII, maar dit regverdig nie R22k + vir my doel nie.

Tampie het jy self joune ingebring?

Soeperkoei - om hom hier te kry is die kopseer!
User avatar
Karl Stumpfe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Thu Dec 23, 2010 1:37 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Karl Stumpfe »

Ek het die Leopold vaste 10x42 gehad, maar het nou S&B PM11, en dis een van die lekkerste scopes wat ek nog mee geskiet het. Spaar maar, en koop ene. S&B maak 'n jagteleskoop in vaste 10x42 vir omtrent 3de van die prys, die opsie is om daai scope net mil dot reticles te laat insit. (Ek het so ene ook gehad, wat ek in waansinnige oomblik verkoop het...) Jou probleem is om hom weer van Duistland hiernatoe te bring na die modifikasie, maar daar kom baie jagters van daar af...
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Sako75 »

Schmidt & Bender het n gewone 10x42 in die Klassik reeks. Is seker hy kos nie meer as 12,000 nie. Ek het een op n 222 Varmint. Het ook n 12x56 op n ander 222. Beide werk vir my baie goed hoewel die 10x42 net effens voel of mens deur n kombuisrol kyk.
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Swys14 »

'n baie baie lekker 10x fixed is die Bushnell Tactical Elite 10x40

'n vriend het een op sy Ruger 308. Dis rerig baie scope vir min geld met puik optics.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Sako75 »

User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by LUAN »

Ek het ook gekyk na die bushnell 10x40 hy kry goeie reviews al probleem hulle het hom nog nie opgradeer na 30mm of groter buis en groter objective lens. Dink ook jy sal minder probleme he met vaste vergroting en beter glas vir die geld.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Boesman10 »

Kan jy dalk deel wat die redenasie is om 'n 10x vaste vergrooting te kry. Hoekom nie 'n 6-24X of 4-16x. Dit sluit tog die 10x in.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Johan JvR »

Doel is jagteleskoop wat kleiner, meer eenvoudig, ligter en goedkoper is as 'n groot taktiese baan teleskoop, maar ek soek dieselfde kwaliteit glas en presiese verstelbaarheid

Selfs met my 5-25x56 scope draai ek die vergroting na 10x as ek jag. Dit gee jou groter 'field of view' dat jy die trofee bok langs die biltongbok raaksien en die regte een skiet.

In rand xx, 10x42 teleskoop behoort beter algehele kwaliteit komponente te hê as 'n Rand xx, verstelbare 6-24 scope met parralaks en liggies en ekstra 'features'.
Ek vat eerder 'n kleiner, perfekte beeld as 'n groter dowwe beeld.

Op 10x vergroting hoef mens nie regtig oor parralaks bekommerd te wees nie, wat help as jy jag en vinnig moet moet skiet.

Dan teoreties, behoort 'n eenvoudiger 10x42 sterker te wees as 'n teleskoop van soortgelyke waarde wat baie verstellings het. So indien die 10x42 'n stampie of 2 agter op die bakkie kry behoort dit, teoreties, minder te pla omdat daar minder komponente is wat kan skuif of breek.

Ek gaan nie met hom groepering op hoe vergroting skiet nie, net jag. En 10x is vir my voldoende tot verby 300m skote.

So in kort, die idee is om 'n telekskoop te kry wat so sterk is en kyk soos bv. 'n NForce NXS, maar teen helfde van die prys en die rede hoekom hy goedkoper is, is omdat jy inboet op verstelbaarheid, liggie, parralaks en vergroting.

Dit maak mos sin?

Dan: dis hier waar NForce se SHV inkom, behalwe dat die SHV steeds nie 'n NXS se kwaliteit is nie, al is hy goedkoper.

So my keuses sal wees:
1. Schmidt PM II 10x42 - te duur
2. Sightron SIII, maar dan kan mens amper weer NF SHV koop wat weer die hele doel nie regverdig nie.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Boesman10 »

Dankie Johan. Dit maak mooi sin. Ek wonder wel of die aanname dat mens "meer" teleskoop vir jou Rand gaan kry in 'n vaste 10x vergrooting vergeleke met 'n verstelbare vergrooting, korrek is. Great idee so voorspoed met jou soektog.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Johan JvR »

Meer teleskoop vir jou rand - dit weet ek self ook nie.

Die Schmidt PMII 10x42 is amper net so duur soos hulle PMII 3-12x50 sonder parralaks. Dan koop mens eerder die 3-12x50.

Ek dink nie daar bestaan regtig presies waarna ek soek, teen die prys wat ek wil betaal nie.
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Johan JvR »

O, en die Schmidt PMII is nog gestel om parralaksvry op 300m te wees.

So hy is wraggies so na aan perfek vir die doel as kan kom, maar steeds te duur.

(Ek is nie mal oor die idee van die Sightron SIII 10x42 se parralaks verstelling wat agter sit waar jy gewoonlik die vergroting stel nie)
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 755
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by rudib »

SWFA 10 X 42

Gaan kyk bietjie hulle reviews.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by henning »

Boesman10 wrote:Dankie Johan. Dit maak mooi sin. Ek wonder wel of die aanname dat mens "meer" teleskoop vir jou Rand gaan kry in 'n vaste 10x vergrooting vergeleke met 'n verstelbare vergrooting, korrek is. Great idee so voorspoed met jou soektog.
Boesman, n vaste vergroting scope het minder lense, dus laat meer lig deur vir n baie helder beeld en as gevolg van die minder interne onderdele is hy heelwat goedkoper en waarde vir geld in vergelyking met n verstelbare scope van dieselfde beeld helderheid.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by tripodmvr »

Ons het vir jare met 4x32 teleskope gejag. Redelik wye veld en genoegsame vergroting vir die bos. Derdens was fokus nie te sleg op korter afstande. Met 'n 10x vergroting word beide veld en fokus afstand benadeel. Vir taktiese gebruik kan dit werk, maar vir jag kan dit onprakties wees in naby skote en veral op bewegende teikens. Ek sou dan eerder 'n veranderlike 4 tot 10 of 12 kies.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by Johan JvR »

Oom Marius, hier by ons skiet mens bitter selde nader as 200m skote. (ek zero my jaggeweer op 200m)
Dit sluit springbokke (trekbokke) in wat sommer op 350m al begin hardloop.

As mens die gemiddeld vat, sal jy slegter af wees met 'n 4x teleskoop as met 'n 10x.
Ek het nog nooit, nie een keer nie, my 3-12 moes afgedraai na 3 vergroting om iets hier te skiet nie. Hy is permanent op 10x.

So ek dink steeds, vir my doeleindes, hier waar ek jag, sal die Schmidt fixed 10x my ideale jagteleskoop wees.

Rudi - een van ons mede jaracal lede wag vir so 'n SWFA om te land. Ek is baie angstig om die teleskoop te sien en sy opinie te hoor.
marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am

Re: Fixed 10x teleskoop

Post by marthinus100 »

Johan jy WIL die S&B he, koop hom as n bederfie. Mens leef net een keer en daai scope gaan n leeftyd hou. Oor 5jaar kos daai scope dubbel as wat hy nou kos. Koop nou. Jou mind is opgemaak oor wat jy wil he, ek vir een gaan jou nie oortuig om iets anders te kry as wat jy WIL he nie.

Groetnis en geniet daai S&B
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
Post Reply