Handwapen en SANParks
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Handwapen en SANParks
Weet iemand dalk wat is die regulasies tov n handwapen wat jy dra? Ma jy of mag jy nie binne die parke?
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Handwapen en SANParks
Armand jy kan jou handwapen in vat maar nie dra nie.As jy by die hek kom se hulle jy het n handwapen dan vat jy hom na n hokkie toe waar jy n cabletie om die sneller sit (na jy hom veilig gemaak het
)Hul gee gewoonlik so sakkie ook saam waarin hy gesit word dan ry jy verder met jou wapen so rond.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1286
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Handwapen en SANParks
Wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nieArmand9 wrote:Weet iemand dalk wat is die regulasies tov n handwapen wat jy dra? Ma jy of mag jy nie binne die parke?
Moet hom net nie gebruik tensy dit 'n absolute noodsaaklikheid is nie, die wildbewaarders hou nie van kompetisie as dit by poaching kom nie
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Handwapen en SANParks
Ons ry maar deur Gangsters Paridise om daar uit te kom so hy is by my. Wil nou net die my vakansie bederf he as hulle my wegjaag omdat ek nie verklaar het ek het n wapen op my nie. Sal elk geval nie hom gebruik as iets my kar wil krap nie. Versekering is makliker om uit te sort as iets waar n wapen betrokke is in hierdie land! Wil net paraat wees buite die park.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Handwapen en SANParks
Duracell.
Dit is nie goeie advies nie. Jy kan die pret vir ons almal bederf. Ek is 'n groot voorstaander vir dra van jou SV wapen, en is op rekord, dat ek baklei vir ons regte, maar moenie Sanparke dwing om ons nog verder in te perk nie, asb. Hou by die reëls. As jy wil rooibokbiltong maak, moenie deur die hek ry nie, klim eerder deur die heining...
Armand.
Ek dra ook altyd 'n handwapen saam, ook as ek KNP besoek. Ek vat my eie pistoolsak saam. By die hek verklaar ek hom, dan sit hulle 'n draad-en-loodseël op die ritssluiter. (Niemand het my nog ooit gevra vir 'n lisensie nie, en ook nie ontlaai nie. Miskien lyk ek te eerlik?) As jy nie 'n sak het nie, gee hulle ene, maar hy is nie opgestop nie. Jou toegangskaartjie wys ook die wapen. As jy uitgaan, dan vra hulle jou kaartjie. As hulle nog wakker is, sal hulle aanbied om jou seël te knip. Ek dra maar die pistoolsak in my rugsakkie, en hou my leatherman aan my gordel, vir ingeval ek 'n gelukskoot op 'n renosterstroper kan inkry... Ek glo nie die bewaarders gaan baie papierwerk benodig, in so 'n geval nie.

Last edited by Alwin on Fri Oct 24, 2014 8:58 pm, edited 1 time in total.
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Handwapen en SANParks
Armand,
Dis nes G-force sê. Hul het nogal nie moeilikheid nie. Maak hom in sakkie toe by hek en jy kan maar by ander hek ook uitgaan, hul neem weer die sakkie terug.
Groete
Dis nes G-force sê. Hul het nogal nie moeilikheid nie. Maak hom in sakkie toe by hek en jy kan maar by ander hek ook uitgaan, hul neem weer die sakkie terug.
Groete
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Handwapen en SANParks
Dankie manne. Dit stel my gerus. Sal sommer die glock tassie vat. En die leatherman vir incase! 
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Handwapen en SANParks
ekt myne maar gedra op die golfbaan by skukuza aangesien daar geen heining om die baan is nie,jy teken ook n vrywaringsvorm as jy daar speel