Jakkals probleme

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm

Jakkals probleme

Post by Karoo Klong »

‘n Klomp boere hou vergadering in die Vrystaat oor die jakkalse wat die skape so afmaai. Natuurbewaring stuur ‘n jong dametjie om die boere te kom oortuig om nie die diere uit te wis nie. ‘n Paar voorstelle word daar aan die vergadering voorgelê. Onder andere om die mannetjie jakkalse te vang en steriliseer, en so getalle te begin beheer sonder om die spesie uit te wis.
Sit een oomie baie aandagtig en luister en op die uitnodiging om vrae te stel, vra hy sy beurt aan en sê: ”Juffrou jy verstaan nie die probleem so mooi nie, die jakkalse steek nie ons skape nie, hulle EET dit.”
Johan van Wyk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Jakkals probleme

Post by ruaanb »

Bwahaha
Post Reply