.284 Sehane inligting
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
.284 Sehane inligting
Aan alle langafstand manne.
Hoe vergelyk hierdie kaliber se optimale trajek met die ander 7mm's? Bv. Die 7x64Bren; Tombi en selfs die 7mm RM. Laasgenoemde is seker in 'n ander klas...
Is dit die moeite werd om 'n 1-9 groefdraai loop te laat kamer na hierdie kaliber of is die kool nie die sous werd nie? Veral wat doppe en loopleeftyd aanbetref...
Hoor baie graag!
Hein M

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: .284 Sehane inligting
Ek stel ook in die belang, wil n 7mm in die toekoms bou. Gooi ook sommer die 7mm Tombi MKIII daar by
Groetnis
Groetnis
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: .284 Sehane inligting
Julle ouens is op die verkeerde pad. n 308 Win is die heel beste kaliber.
.308" is groter as .284"
Soek bietjie, hier is n draad oor die 284 Win en 284 Shehane en die ander kalibers was ook al bespreek. In my opinie is die shehane nie die koste werd nie en dis beter om by die gewone 284 te bly maar ek skiet nognie so kaliber nie. Die Tombie is ook nie vir my nie.

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: .284 Sehane inligting
Hein
Vra bietjie die F klas ouens watter kaliber domineer tans die langafstande.
Vra bietjie die F klas ouens watter kaliber domineer tans die langafstande.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: .284 Sehane inligting
Frits Hagen het via FB na Ludwig se - baie goeie artikel - hier op die forum, verwys.
Arnold, jy is reg. Die (my) 308 loop ook mooi. 'n Pel van my sê mos hoeka "hoe groter die gate hoe meer bloei hy"
Ek en Tau het noudiedag daar by hom in die kleigat gaan skiet. Hy het my gat geskop met sy 7mm RM toe ons na 350m + skuif...
Ek het wel 'n ekstra Oberndorf Mauser aksie wat ek in die toekoms beter wil aanwend vir vlakteskiet...
Mooiloop!

Last edited by Hein M. on Wed Oct 15, 2014 7:38 am, edited 1 time in total.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: .284 Sehane inligting
Ludwig se antwoord op ander forum oor my vraag rakende die 7mm SAUM:
Eugene hier is so bietjie QL data om vir jou idee te gee van die verskille tussen 7mm SAUM, 7mm WSM en 284 Win. Dis op 'n 30" loop gebasseer met hoogste haalbare node spoed, met 162gr A-Max en TPL in alle gevalle op 'n 7mm skag diepte in die dop.
7mm SAUM
TPL: 75.37mm
S365: 57.8gr
F/R: 96.3%
Node spoed: 3066fps
62 574psi
7mm WSM
TPL: 77mm
S365: 62.7gr
F/R: 92.5%
Node spoed: 3123fps
63 748psi
284 Win
TPL: 79.03mm
S365: 53.6gr
F/R: 99.3%
Node spoed: 3000fps
61 534psi
So, as mens hierdie data vergelyk, moet jy 4.2gr meer kruit in die 7mm SAUM gooi as die 284 Win, vir 'n wen van 66fps en 1000psi hoër druk vlakke. Vir die 7mm WSM moet jy 9.1gr meer kruit gooi vir 'n wen van 123fps en 2200psi hoër druk vlakke.
Hoop dit gou jou beter idee van die verrigting van hierdie 3 kalibers. Mens kan eintlik sê die 7mm SAUM pas net mooi tussen die 284 Win en 7mm WSM in. In hierdie lig gesien, moet jy vra of daai ekstra 66fps die moeite werd is in terme van korter loop leeftyd en moeiliker bekombare doppe. Ek weet ook nie of Norma doppe met die 60 000+psi soos hierbo aangedui, so lank gaan hou soos Lapua doppe nie. Wat wel 'n voordeel van die 7mm SAUM is, is hy gaan steeds mooi werk in 'n kort aksie met die langer koeels.
Aim small, miss small
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .284 Sehane inligting
Luddie
Het jy al daai syfers deur QL gehardloop? Ek sou glad nie gedink het dat Reloder 17 wat baie gelykstaande is aan ons S355 die idiale poeier sou wees vir die Sheshane en 180gr koeels nie. Ek sou veel eerder gedink het Reloder 19 en 22 sou meer na die idiaal vir die kaliber en koeel konfigurasie wees. Die feit dat hy met n tight kamer en die min bodytaper sit moet die rede wees hoekom hy nie erge druk probleme mee sit nie.
Groetnis
Wout

Hierdie is wat ek nog altyd beleef het met hierdie tipe van dopontwerp(min bodytaper en n skerp skouer) dat hy druk ongelooflik goed hanteer. Gooi nou nog n tight kamer in die werke en dit is nog beter. As die kamer ook klein is by die basis gedeelte sal jy ook nie sommer kry dat die primer pocket erg rek nie.
Nou hierdie wat jy nou aangehaal het van Bill Sheshane het ek al baie gesien. n "Kenner" skryf iets en die manne volg hom oor die afgrond en tot in lengte van dae. Die feit is dat die Sheshane n wildcat is en daar nie geredelike druktoetse vir hom is nie. Hy kan nou amper enige lading deurgee sonder om aangevat te word. Nou enige mens kan my wat kom vertel maar 3gr meer dopkapasiteit gaan nie jou spoed met dieselfde poeier met 100ft/sek vermeerder teen dieselfde druk nie. Ja dit is moontlik om dit met n stadiger/ander poeier reg te kry maar nie met dieselfde poeier nie. Hierdie het ook met PO Ackley destyds gebeur waar hy net gegaan het op die standaard druktekens vir sy maksimum ladings wat toe aansienlik hoer was as die standaard kalibers. Die dag toe hulle dit toets toe sien hulle die hoer snelhede was wel verkry teen aansienlike hoer drukvlakke maar die dopsontwerp het dit verbloem.
Daar is meriete in die redenasie dat sekere dopsontwerpe meer effektief is maar in die Sheshane se geval waar net die taper verander het betwyfel ek dit.

Jy eggo my gedagtes op die druppel. Hierdie is presies dieselfde as wat gebeur het met die 338 Lapua Sako TRG's en 250gr koeels.
Ek sien ook dat hierdie ook die geval is by Andre Mojet en sy ladings op sy gewere.
Groetnis
Wout
Jy eggo my gedagtes op die druppel. Hierdie is presies dieselfde as wat gebeur het met die 338 Lapua Sako TRG's en 250gr koeels.
Groetnis
Wout
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: .284 Sehane inligting
Eendag as ek groot is en slim is wil ek ook graag die goed bietjie beter verstaan. Ek verstaan baie beginsels maar baie van die goed waarvan julle hier praat is so helder soos modderwater. Wouter ek sal maar eendag as jy baie tyd tot jou beskikking het by jou moet inboek vir 'n kursus en opleidingsessie. Ek sal maar met 'n bottel bruin water met 'n rooi label op moet opdaag, al is dit ook net om jou geduld langer te laat hou 
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .284 Sehane inligting
Riaan
Daai is n ope uitnodiging wat jy nog moet van gebruik maak!
Groetnis
Wout
Daai is n ope uitnodiging wat jy nog moet van gebruik maak!
Groetnis
Wout
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: .284 Sehane inligting
Dankie ek waardeer, sal met jou kontak maak. Sorry vir die 9/11 van die thread.Wouter Roets wrote:Riaan
Daai is n ope uitnodiging wat jy nog moet van gebruik maak!![]()
Groetnis
Wout
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: .284 Sehane inligting
Manne, manne, manne, asseblief. Kan ons die 7mm / 284 topics asseblief vir my onthalwe vir so paar maande sluit.
Ek het vandag my besonderhede deurgegee vir die sny van 'n reamer vir 284Win. My hart sal dit nie maak, laat ek eers die geweer klaarmaak, dan kan julle weer karring.
Ek het vandag my besonderhede deurgegee vir die sny van 'n reamer vir 284Win. My hart sal dit nie maak, laat ek eers die geweer klaarmaak, dan kan julle weer karring.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: .284 Sehane inligting
Christo
Kan daardie reamer meer as een keer gebruik word? Ek het dieselfde planne as jy
Kan daardie reamer meer as een keer gebruik word? Ek het dieselfde planne as jy
-
MGP
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Mon Aug 12, 2013 10:30 pm
Re: .284 Sehane inligting
My 284 reamers le on die kluis saammet Nesika model K single shot aksie en 300 nuwe Lapua doppe, wag net vir die Broughton 1in 9 om sy opwagting te maak.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: .284 Sehane inligting
Hein M. wrote:Christo
Kan daardie reamer meer as een keer gebruik word? Ek het dieselfde planne as jy
Ons kan praat wanneer hy hier is. Sal nogal lekker wees om paar selle gewere te hê in ie omgewing.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.