silencers
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
silencers
Hi, ek't n nuwe Marlin Xl7 30-06 gekoop meestal vir koedoe's, wildebeeste en hartebeeste, ek hoor party mense se dat die silencers jou Spoed en akkuraatheid beinvloed wat sal julle se?, die silencer sal help vir die skop van die geweer. Ek's ook onseker oor die opsit van die silencer want soos ek al gehoor het moet n gunsmith an jou jou loop Sny, wat is julle opinies?
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: silencers
Kyk 'n knaldemper kan nie spoed beïnvloed nie, dit beïnvloed wel akuraatheid in kalibers wat skop, dit verbeter akuraatheid. dit verander wel inpaks punt (POI).
Wapensmit hoef nie jou loop te sny nie net groefdraad insny so jou geweer se loop word nie korter nie. Ek kan baie goeie goed se van hulle en min nadele. nadele is dit maak jou geweer lank en swaar en dit lyk nie mooi vir my nie.
Met 'n goeie KD kan jy tot 50% skop verwyder op 30-06. Ek het een op my 300WM en dis lekker vir speel, en ek het een op my .22 brno, en sal een op my 243 sit, maar nooit op my 375H&H nie.
Wapensmit hoef nie jou loop te sny nie net groefdraad insny so jou geweer se loop word nie korter nie. Ek kan baie goeie goed se van hulle en min nadele. nadele is dit maak jou geweer lank en swaar en dit lyk nie mooi vir my nie.
Met 'n goeie KD kan jy tot 50% skop verwyder op 30-06. Ek het een op my 300WM en dis lekker vir speel, en ek het een op my .22 brno, en sal een op my 243 sit, maar nooit op my 375H&H nie.
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
Re: silencers
Ooh so dis nie van Sny nie, nee ek weet nie veel van knaldempers nie! Maar my 2 main gewere is my. 243win en my 30-06 en ek dink 1 moet n knaldemper kry want die bobejane gee my baie erg moeilikheid, hulle hardloop Sommer 250m van huis af rond, en nou skiet ek 1 skoot dan's almal weg..
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: silencers
Roden, lees gerus als wat jy kan oor KD's maar spaar jou tyd en bestel een by Henk Silent Hunter hier op die forum. KD her baie meer voordele as nadele. Ek skiet nie maklik weer sonder een nie.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: silencers
Roden, ek dink dit is net 'n baie siek bobbejaan wat sal bly sit as jy reeds een van sy makkers uitgehaal het. Die feit dat jy hulle op 250 m kry, is reeds 'n bargain!Roden wrote:Ooh so dis nie van Sny nie, nee ek weet nie veel van knaldempers nie! Maar my 2 main gewere is my. 243win en my 30-06 en ek dink 1 moet n knaldemper kry want die bobejane gee my baie erg moeilikheid, hulle hardloop Sommer 250m van huis af rond, en nou skiet ek 1 skoot dan's almal weg..
'n Knaldemper gaan nie jou probleem oplos nie. Jy gaan wel lekkerder skiet omdat die terugskop minder is en jy dus meer akkuraatheid gaan behaal.
Groetnis
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
Re: silencers
Ja nee is so, nee ek's nou nie n bobejaan expert nie so ja, het nooit gesukkel met hulle nie maar nou skielik is hul hans
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: silencers
As jy nou nie te ver is nie, sal ek kom help!!!Roden wrote:Ja nee is so, nee ek's nou nie n bobejaan expert nie so ja, het nooit gesukkel met hulle nie maar nou skielik is hul hans
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
Re: silencers
Ag nee wat ek sal hul uitsort! Hier was baie maar toe skiet ek onder hul toe is hul vir lank weg en nou is hul terug maar Nader, maar ek weet darem nie of hul sal terug kom nie, want ek't 1 keer n groot mannetjie op 20m geskiet! Toe sien ek hul nooit weer daar nie, maar wat nou n pyn in die nek is hul is slim hulle kom sit teen my en die buurman se grens en as n skoot klap hardloop hul buurman toe en hy skiet niks
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: silencers
Skiet die buurman!Roden wrote:Ag nee wat ek sal hul uitsort! Hier was baie maar toe skiet ek onder hul toe is hul vir lank weg en nou is hul terug maar Nader, maar ek weet darem nie of hul sal terug kom nie, want ek't 1 keer n groot mannetjie op 20m geskiet! Toe sien ek hul nooit weer daar nie, maar wat nou n pyn in die nek is hul is slim hulle kom sit teen my en die buurman se grens en as n skoot klap hardloop hul buurman toe en hy skiet niks
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
Re: silencers
Ek gaan maar vir n KD gaan, was by Wildman en hul het baie lekker KD's , ook nie te duur nie
-
marco
Re: silencers
Manne ek bestempel myself nie n kenner nie maar al my goed van my 204, 243 ,300 wm het kd op. Ja dit maak hulle makliker om te skiet ten opsigte van skop die goed wat we'll skop. Die verander we'll spoed 100 fps in my meeste gewere stadiger. Ja dit maak dit makliker op jou ore maar van die teiken se kant af knal dit nog dieselde want die punt hardloop nog steeds deur die klank grens... Vir ja g ja maar opi baan vi my nie meer nie... Die merage van n kd neuk jou rond as jy baie skote na mekaar skiet.. Vir my gewoonlik van skoot 3 af... Nou ja dis my mening...
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: silencers
Roden wrote:Ek gaan maar vir n KD gaan, was by Wildman en hul het baie lekker KD's , ook nie te duur nie
Ek weet nie watter het Wildman nie maar alle silencers werk nie ewe goed nie, het 'n noname brand op my geweer gehaat het my R1500 gekos, was nooit heeltemal tevrede as ek dit met ander vergelyk nie, Silent Hunter het een vir my een gemaak met 12 Baffels, ek gebruik die geweer net vir voorsit skiet en uit 'n bakkie, die silent hunter is sagter as enige van die silencers teen wie ek dit getoets het, op die selfde geweer en ander silencers op ander gewere van vriende. Iemand het weer die naweek geskiet en ek was weer verbaas hoe sag hy skiet. Dit was die beste besluit wat ek kon doen. myne was in 'n 270
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
Re: silencers
Ek't gehoor van die Silent hunter, maar ek sal maar moet n silencer op sit want ek nag jag baie so dan sal ek minder sukkel
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
Re: silencers
Nie dat ek sukkel nie sal net meer kan skiet
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: silencers
marco wrote:Manne ek bestempel myself nie n kenner nie maar al my goed van my 204, 243 ,300 wm het kd op. Ja dit maak hulle makliker om te skiet ten opsigte van skop die goed wat we'll skop. Die verander we'll spoed 100 fps in my meeste gewere stadiger. Ja dit maak dit makliker op jou ore maar van die teiken se kant af knal dit nog dieselde want die punt hardloop nog steeds deur die klank grens... Vir ja g ja maar opi baan vi my nie meer nie... Die merage van n kd neuk jou rond as jy baie skote na mekaar skiet.. Vir my gewoonlik van skoot 3 af... Nou ja dis my mening...
Marco, ek stel voor jy stel ernstig ondersoek in na jou kd's. hoekom verloor jy spoed?
Roden, pasop om verwagtinge van n kd te hê, wat bloot nie moontlik is nie. Met of sonder n kd, as die skoot klap, hardloop die bejane!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
Re: silencers
Ja nee, dit is so, maar al probleem is my Marlin Xl7 30-06 het n sintetiese kolf so is baie lig, hy klap redelik!
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: silencers
Roden wrote:Ja nee, dit is so, maar al probleem is my Marlin Xl7 30-06 het n sintetiese kolf so is baie lig, hy klap redelik!
Henk (Silent Hunter) maak verskillendes, kleiner wat makliker hanteerbaar is maar nie die selfde demp nie, dan die groter, myne was speciaal gevra want ek wou dit so sag moontlik he. Moet by voeg die silencer gaan nie jou geweer heel stil maak nie, jou sonic boom as die koeel deur die klank grens gaan is nogsteeds daar, maar met 'n goeie silencer kan dit noggal 'n redelike verskil maak. Hier is toetse gedoen deur baie gawe ouens op silencers, laai dit af en lees bietjie op dan maak jy jou keuse.
- Roden
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:46 pm
Re: silencers
Is reg so dankie vir al julle moeite! Ek't videos ook afgelaai waar die ouens n 30-06 met en sonder n silencer skiet en jy kan duidelik die verskil sien en hoor, dit gaan vir my oor om stiller te jag, ek aanvaar die bokke gaan hom nogsteeds hoor, hoe stiller hoe beter
-
Pienk Camo
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Wed Oct 15, 2014 11:09 am
Re: silencers
Goeie middag manne.
Ek sal graag n voorstel wil maak.
Probeer n supressor van azautra. Tussen al die opsies wat ek gehad het was hierdie een die beste keuse om die klank te verminder en diere nie te wild te skiet nie.
Groete
Ek sal graag n voorstel wil maak.
Probeer n supressor van azautra. Tussen al die opsies wat ek gehad het was hierdie een die beste keuse om die klank te verminder en diere nie te wild te skiet nie.
Groete
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: silencers
Pienkman, gaan na hierdie draad en gesels eers met ons oor jou!Pienk Camo wrote:Goeie middag manne.
Ek sal graag n voorstel wil maak.
Probeer n supressor van azautra. Tussen al die opsies wat ek gehad het was hierdie een die beste keuse om die klank te verminder en diere nie te wild te skiet nie.
Groete
http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126
Groetnis en by voorbaat welkom!
-
Pienk Camo
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Wed Oct 15, 2014 11:09 am
Re: silencers
Hi PWV
Noem my sommer "pienkvrou" hehe. Dankie vir die link ek bietjie daar gaan gesels.
Lekker dag verder
Noem my sommer "pienkvrou" hehe. Dankie vir die link ek bietjie daar gaan gesels.
Lekker dag verder