Leupold vs Nightforce

Post Reply
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Leupold vs Nightforce

Post by Dwight375 »

Middag almal

Vinnige vraag vir die kundige manne, ek wil vir my 308 n beter kwaliteit teleskoop op sit waarmee ek langer afstande mee kan skiet.

Nou my vraag is, sal bv n nightforce soos die nuwe SHV 5-22X50 beter wees as n VX3 6.5-20X50, kom ons se albei het natuurlik die target turrets, 30mm tube, albei het n lekker klein en fyn kruishaar ens.


Wat is julle opinie?

Ek hoor graag van julle.

Dankie en groete
Dwight
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Leupold vs Nightforce

Post by 470rigby »

Die Leupold is definitief goed genoeg vir wat jy wil doen, en ek dink dit is goedkoper?
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Leupold vs Nightforce

Post by MJK »

Gaan lees wat die ou te se gehad het op http://precisionrifleblog.com/ waar hy klompie scopes met mekaar vergelyk het. Baie insiggewend. Bespreek nie daar die scopes wat jy noem nie maar bespreek aspekte soos betroubare verstelling ens. My gevoel is die NF sal beter opsie wees, gegewe die meganika ens.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Leupold vs Nightforce

Post by henning »

Dwight375 wrote:Middag almal

Vinnige vraag vir die kundige manne, ek wil vir my 308 n beter kwaliteit teleskoop op sit waarmee ek langer afstande mee kan skiet.

Nou my vraag is, sal bv n nightforce soos die nuwe SHV 5-22X50 beter wees as n VX3 6.5-20X50, kom ons se albei het natuurlik die target turrets, 30mm tube, albei het n lekker klein en fyn kruishaar ens.


Wat is julle opinie?

Ek hoor graag van julle.

Dankie en groete
Dwight
Ek is nie n kundige op hierdie gebied nie maar my indruk is dat Leupold is n baie goeie scope vir die prys wat jy betaal alhoewel ek glo nie dat jy dit kan vergelyk met NF want hy is in n klas van sy eie.
Ek reken dat Leupold gaan vir jou omtrent alles gee wat jy van NF kry behalwe as jy na millimetres kyk op lang afstand. Dit is net my indruk wat ek het van hierdie scopes en die manne kan my dalk verkeerd bewys.
Ek glo die vraag is, wat verwag jy van die scope en dit saL bepaal hoe groot jou beursie moet wees.
Aan die ander kant beteken dit nie dat as jy meer betaal kry jy noodwendig beter kwaliteit in alle opsigte, dus moet jy n midde weg vind om jou behoefte te bevredig.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Leupold vs Nightforce

Post by Dwight375 »

Baie dankie tot en met dusver, ek het nog n rukkie om nog te spaar, ek is regtig lus om die NF te probeer. Ek sal maar sien hoelyk dinge net voor Kersfees.....dit sal natuurlik my kersfees persent wees. :laugh:

Dankie en groete
gho
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Jul 28, 2013 8:41 pm

Re: Leupold vs Nightforce

Post by gho »

Dwight.
Soos met baie dinge in die lewe is dit goed om raad te vra en dan daaroor te dink.
As dit by koop kom gaan jy egter allen die geld moet uithaal. As jy kan, gaan kyk so veel as moontlik deur die teleskope onder verskeie lig toestande. Jy gaan gou 'n "reg gevoel" oor die een kry wat jy soek. Gelukkig is jou keuses net tussen 2 en nie 4 nie.
Groete
User avatar
tgg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm

Re: Leupold vs Nightforce

Post by tgg »

ons kan dit mos vir hom interresant maak en nog opsies gee.

https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... e_82_rz800

Ek dink hierdie ou se optics is ernstig beter en sy turrets staan nie terug nie.

Sy bemarking in SA is net flou >:+
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Leupold vs Nightforce

Post by henning »

http://precisionrifleblog.com/2014/09/1 ... s-summary/

Hierdie is n verslag van verskeie scopes wat teen mekaar vergelyk word.
Dit sal jou n goeie idee gee van die sterk en swakker punte van die verskeie vervaardigers.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Leupold vs Nightforce

Post by Capt. Yoda »

tgg wrote:ons kan dit mos vir hom interresant maak en nog opsies gee.

https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... e_82_rz800

Ek dink hierdie ou se optics is ernstig beter en sy turrets staan nie terug nie.

Sy bemarking in SA is net flou >:+

Nee wat ek het al met al 3 daai scope gespeel en daai NF is wild.As jy sy boks oop maak en hom uit haal weet jy dit
Dwight as jy klaar die Leupold het gebruik hom, vir die afstande en manier wat jy wil skiet is hy 100%.As jy die Leupold of die NF moet koop koop die NF
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Leupold vs Nightforce

Post by Riaan Kriel »

[quote="tgg"] ons kan dit mos vir hom interresant maak en nog opsies gee. [quote]

Kyk bietjie na die Sightron Siii 8-32 MOA.... 'n Heerlike scope met goeie clarity en goeie verstellings. Ek het so een op my .308 plank gehad. Gat jeuk toe en koop die Sightron Siii 10-50. Sit hom op... Net so goed en puik verstellings. Die side-focus is net vreeslik sensitief. Meer nog as die 8-32 s'n. Met die somer wat nou begin kon ek hom egter nie tot potensiaal toets nie, enige iets bo 30x vergroting begin Mirage 'n groot rol speel... Dit is egter lekker om te weet jy het die ekstra vergroting indien nodig en toestande dit toelaat.

Waarde vir geld (net onder R13K) was dit (die 8-32) vir my die beste om te koop. 8)
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Leupold vs Nightforce

Post by Riebeeker »

Hierdie is nou goeie raad van die kaptein - "Dwight as jy klaar die Leupold het gebruik hom, vir die afstande en manier wat jy wil skiet is hy 100%.As jy die Leupold of die NF moet koop koop die NF"
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
Henco 7 x64
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Mon Sep 09, 2013 8:44 pm

Re: Leupold vs Nightforce

Post by Henco 7 x64 »

Dag se Dwight...ek moes daai besuit so 3weke terug geneem het so ek weet hoe voel jy! Om n lang storie kort te hou... en om op so min as moontlik op iemand se tone te trap gaan ek jou my proses verduidelik!
Ek het vir my a baan geweer gebou wat ook n 308 is en ek moes toe ook scope koop ek het 3 opsies gehaat...
vortex
leupold merk 4
nightforce vhs 5-20 x 56
Safari and outdoor het my gehelp kies want ons het buitentoe gegaan waar die ou al 3 op 20 vergrooting gesit het en hy was opgestel op n gebou wat 780m ek het om gedraai en deur hulle gekyk sonder om na die name van die scopes te kyk...NB!!!
Kyk nou is ek eerlik toe ek deur die een kyk en op die dak sien ek n whirlyball en ek kon die detail sien op dit toe weet ek dis hy.... en op hom het 5-20x56 nightforce gestaan.
Die ander was nie sleg nie maar NF was vir my die beste

Sterkte met jou besluit en hou ons op hoogte
7x 64 Ackley Tikka
243 Ackley Musgrave
308 Plankgeweer, Ferlach loop
44 Magnum Smith and Wesson
12 boor Mossberg pomp aksie
9 mm Steyr Mannlicher M9-A1
9 mm Baretta short
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Leupold vs Nightforce

Post by Dwight375 »

Dankie vir al die advies manne

Ek het by Gawie n VX3 6.5-20X40, 30MM tube , target turrets en n fine duplex gekry vir n steel van n prys. As hy nie lekker werk nie gaan my pa hom by my oor neem.

Ek hou julle op hoogte.

Dankie en groete
Post Reply