Nuwe handwapen inskiet
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Nuwe handwapen inskiet
Hallo almal. Behalwe om die bewegende dele te olie en die olie/ghries uit die loop te haal, wat is die stappe vir die inskiet van n nuwe handwapen?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Nuwe handwapen inskiet
Ek dink nie 'n handwapen hoef ingeskiet te word nie, slegs die goed soos jy reeds noem. Die sneller gaan wel gladder word met die verloop van tyd.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13637
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nuwe handwapen inskiet
Maak die nuwe loop skoon, haal mag uit, laai mag mooi vol, sit mag terug, rack slide en gooi lood
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1286
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Nuwe handwapen inskiet
+1 Amper soos vol brandstof maak...... Maak skoon, maak vol, check die olie en gooi die loodCapt. Oblivious wrote:Maak die nuwe loop skoon, haal mag uit, laai mag mooi vol, sit mag terug, rack slide en gooi lood
Die groot vereiste is net altyd : WEES VEILIG en net so belangrik GENIET DIT TEN MINSTE
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nuwe handwapen inskiet
Ek sou voorstel dat jy die loop skoonmaak en dan een skoot skiet, weer skoonmaak en een skoot skiet. Herhaal dit vir minstens 50 rondtes om goed gatvol te raak 
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nuwe handwapen inskiet
Soos gesê, maak skoon en skiet. Na 'n paar honderd skote, sal enige nukkerigheid gewoonlik verdwyn. En na 'n paar duisend, sal al die onderdele, en veral die sneller, ook gladder raak.
As die loop effens grof is, en aanpaksel veroorsaak, kan jy hom mooi skoonmaak en poleer met iets soos JB bore paste of Mr Muscle (voorheen Brillo). Maar 'n paar duisend "FMJ" (volmantel) of "CMJ" (geplateerde) koeëls, sal waarskynlik ook die ding doen.
En hoe gladder die pistool word, hoe gladder (en vinniger) word die skut ook!

- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: Nuwe handwapen inskiet
Pistole:
Ek glo daaraan om hom aanvanklik te de-grease en "droog" te skiet sodat dit ietwat "ingeloop" word. Die hoë dele 'n bietjie afslyt ens. Ek doen dit vir 300-500 skote. Dan olie en soos gewoonlik. Nie almal glo daaraan nie. Dit hang af van gehalte en toleransies ens. maar pitole wat ingeloop is gee m.i. minder storings.
Rewolwers:
Ek stem saam dat hulle gladder word met tyd, maar mbt olie op die bewegende dele is daar soms meer as wat mense dink.