More almal,
Ek kan bogenoemde scope by n vriend koop vir R7000.00(nuut) ,ek vra julle raad/opienie oor die scope se kwaliteid en waarde vir geld.Sal ek iets beter/anders kan kry vir omtrent dieselfde prys? Ek is van plan om die scope op n 7x64 wat ek tot 300 meter skiet, te sit.
Baie dankie
Terven
Lynx LX2 2.5-15X50 HO2
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Lynx LX2 2.5-15X50 HO2
hallo
Terven, as daai scope net die helfte van die diens gee wat my LX 2 5-20 my al gegee het, dan kan jy nie n fout maak nie. Ek het baie swak ogies en sal dalk sukkel vir baie fyn werk op 300m met die 15 vergroting, maar as jou kykers nog goed is, sien ek nie n probleem nie. Die scopes het goeie "eye-relief", stel baie betroubaar en is helder. Vat net die scope buite toe en kyk na voorwerpe op verskillende afstande en as jy kan, ook in swak lig (skemer) en ook half teen die son en maak seker dat jy daarmee kan sien. SOOS MET MOOI MEISIES IS DAAR MAAR VERSKILLE IN ONS ALMAL SE SMAAK EN ELKE OU VRY SYNE OP SY MANIER!!!!!!!
Ek dink die prys is billik, maar daar is ander make in dieselfde klas wat goed vergelyk, dus shop en besluit versigtig, want die besluit gaan saam met jou loop vir n paar jaar.
Sterkte
MOSSIE

-
Johan308
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm
Re: Lynx LX2 2.5-15X50 HO2
Daai is 'n baie goeie prys vir die HO2, ek dink nie jy kan verkeerd gaan met die Lynx nie. Ek gebruik 'n 4-12x40 op my 308 vir 'n paar jaar nou al en het nou vir my die 2.5-15x50 Duplex gekoop vir my 375. Baie goeie scopes