Shimming van teleskoop. Raad asb.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1880
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Shimming van teleskoop. Raad asb.
Ek vra raad van die baie kennis op die forum. Ek wil graag 'n bietjie verder as 400m papier skiet maar het agter gekom dat my teleskoop op 400m uit MOA gaan en kan dus nie meer op stel nie. Ek het raad gekry om 'n shim onder die agterste basis tussen die aksie en die basis te plaas.
Ek het egter op verskeie forums die naweek gelees dat baie skuts dit afraai en meen dat daar onnodig drukking op die teleskoop buis geplaas word. Ek sal graag julle mening wil hoor. Ek weet die regte manier is om 'n 20 MOA rail te kry maar op die stadium is die fondse beperk. 'n Baie bekende plaaslike geweersmid het ook gese sit 'n shim in.
Ek het Lynx ringe en basisse op.
My tweede vraag.
Ek het reeds die shim die naweek ingesit. Ek het die kant van 'n lee kruit blik gebruik. Rofweg gemeet is hy so 0.3 mm dik. Hoeveel MOA sal ek, rofweg geskat, kry met so 'n shim of is dit te min om 'n noemens waardige verskil te maak? Ek gaan Donderdag die geweer baan toe vat om te kyk of daar 'n verskil is.

Maak 'n verskil
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Die shim gaan druk op die teleskoop verhoog. Kan nie sê of dit sal skade doen nie. Daar is 20 MOA aluminium rails teen onder R200 beskikbaar. Kontak Cobus Cobb - ek dink hy het gekoop teen daardie prys.
Wat is die afstand tussen die senters van die ringe. Daarvolgens sal jy kan bereken wat is die hoek wat jy die teleskoop gelig het.
Wat is die afstand tussen die senters van die ringe. Daarvolgens sal jy kan bereken wat is die hoek wat jy die teleskoop gelig het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Ja, ek sou nie so shim aanbeveel nie maar dit kan werk.
Die hoeveelheid MOA gaan afhang van hoe vêr die voorste en agterste ringe van mekaar is. n Rowwe skatting van daai 0.3mm is so 10 MOA
Die hoeveelheid MOA gaan afhang van hoe vêr die voorste en agterste ringe van mekaar is. n Rowwe skatting van daai 0.3mm is so 10 MOA
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1880
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Mariuss
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Tue Apr 09, 2013 10:02 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Arnold is reg ek sal dit nie aanbeveel op 'n senterslag geweer nie . . . (want ek het dit nog nie so getoets nie !!!
MAAR ek het op top vlak deelgeneem aan Luggeweer Veld skiet of te wel Field Target shooting en ek het geskiet met Lynx 10-50 x 60 scope wat baie min verstelling het. Ons het dus geen keuse gehaad as om van shims gebruik te maak nie.
Ons het X-Ray film gebruik asook die ou 35mm film houertjies wat redelike dik is. Hierdie stukkies is dan tussen die ring basis en die scope self ingesit nadat dit aan die kante bietjie weggevat is sodat jy nie die scope "seer" maak nie. Ek was twee keer oorsee met die scope op die luggeweer, met die shims in plek, en die manne wat weet sal vir jou kan se hoe hulle jou geweer tasse op die lughawens hanteer. Ek het geen probleme ondervind nie en skiet tot vandag toe nog met die scope wat op hierdie manier geshim is. Die scope is nou al van 2007 af op my AA S400.

Born to shoot, Forced to work
1 Gun - 6.5-284 Rem 700
1 Gun - 6.5-284 Rem 700
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Stem saam, baie beter opsie. Hoekom probeer jy nie die telskoop zero op 200m nie, dit gaan jou ook bietjie meer elevasie gee.tripodmvr wrote:Die shim gaan druk op die teleskoop verhoog. Kan nie sê of dit sal skade doen nie. Daar is 20 MOA aluminium rails teen onder R200 beskikbaar. Kontak Cobus Cobb - ek dink hy het gekoop teen daardie prys.
Wat is die afstand tussen die senters van die ringe. Daarvolgens sal jy kan bereken wat is die hoek wat jy die teleskoop gelig het.
Aim small, miss small
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
dink jy moet seker net weer jou ringe lap as jy dit doen
HOU HOM DAAI DIKTE
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Eerste aanbeveling van hier is gooi weg Lynx basisse en ringe. Baie skuts het al tweede gekom daarmee, daarom is daar byna geen kompetisie skut wat hulle gebruik nie.
Volgende aanbeveling moet wees moenie die teleskoop buig nie. As jy agter wil lig, maak seker die twee ringe se binnekante is in lyn.
Die beste sal seker maar 'n 'rail' wees, of 'n stel Burris ringe met daardie verstelbare ringe.
Voorspoed en sukses!
Volgende aanbeveling moet wees moenie die teleskoop buig nie. As jy agter wil lig, maak seker die twee ringe se binnekante is in lyn.
Die beste sal seker maar 'n 'rail' wees, of 'n stel Burris ringe met daardie verstelbare ringe.
Voorspoed en sukses!
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1880
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Dankie vir al die raad. Ek het op Burris se web werf gaan krap en die "positive align inserts" gesien. Nou is my vraag. Ek kan huidiglik 20MOA Lynx staal ringe met hulle 20MOA inserts koop vir 'n goeie prys en kan sodoende my Lynx basisse behou. Het iemand dalk onderving van die spesifieke Lynx ringe wat 'n positiewe 20 MOA verstelling gee?
Maak 'n verskil
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Die R200 jobbies is alluminium wat op die forum ten sterkste afgeraai word, veral op gewere met effense recoil, maar op bv my 243 met kd is daar minimum recoil en loop daai rail mooi...
Staal rail is so R800+, dink Baboonstalker maak hulle.
Staal rail is so R800+, dink Baboonstalker maak hulle.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1880
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Ek het toe maar die Lynx staal ringe met die 20 MOA inserts gekoop en gaan dit vanmiddag opsit. Hulle werk dieselfde as die Burris verstelbare ringe as ek my huiswerk reg gedoen het. Ten minste kan ek my Lynx staal basisse behou.
Maak 'n verskil
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Dis 'n fout, dis die Lynx 'studs' wat die probleem veroosaak.
Wanneer jou geweer begin bont skiet, spaar jouself baie moeite en haal eerste die goed uit en gooi die hele lot ver weg.
Wanneer jou geweer begin bont skiet, spaar jouself baie moeite en haal eerste die goed uit en gooi die hele lot ver weg.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1880
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Vertel 'n bietjie meer. Ek was nie bewus van enige probleme met Lynx basisse en ringe nie. Sal graag wil weet waarvoor om uit te kyk.smitjs wrote:Dis 'n fout, dis die Lynx 'studs' wat die probleem veroosaak.
Wanneer jou geweer begin bont skiet, spaar jouself baie moeite en haal eerste die goed uit en gooi die hele lot ver weg.
Maak 'n verskil
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
my studs het ook gebreek. nooit weer naby 'n geweer van my nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1880
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Dankie vir die waarsku. Ek sal maar dophou.Ek het darem op hierdie draad elders op die forum afgekom wat deur Lynx geplaas was en sal maar omruil as daar 'n probleem is. Ek gebruik die basisse darem nou al 'n lang tyd sonder probleme op drie gewere. Hopelik het ek die batch gekry waar die drywer wakker was.
Late 2012 we had a run of over-hardened studs which were recalled as soon as the error in manufacturing was detected. Unfortunately some found their way onto the market regardless.
We stand by the guarantee of the product and replace free of charge any defective product returned to us.
We apologies for any inconvenience caused in this matter and as always remain committed to excellence in service and product.
Report this post
Lynx studs made in South Africa are machined, not moulded.
Late 2012 we had a run of over-hardened studs which were recalled as soon as the error in manufacturing was detected. Unfortunately some found their way onto the market regardless.
We stand by the guarantee of the product and replace free of charge any defective product returned to us.
We apologies for any inconvenience caused in this matter and as always remain committed to excellence in service and product.
Report this post
Maak 'n verskil
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Die Lynx studs was eers te sag, en het as n gevolg skeef na bo gebuig agv die druk van die windage skroefies. Daarna is hulle te bros verhard, en baie mense het gekry wat breek onder die druk van die windage skroefies.
Ek het onlangs n stel Warne ringe op n 1951 Brno Model 21 gesit. Die teleskoop (zeiss conquest) was na die middel gestel itv clicks en die eerste skoot was minder as 1" uit. Hiermee probeer ek sê dat daar geen maar geen nut is vir onnodige windage verstellings op teleskoop monterings wat goed gemaak is en n geweer wat goed gemaak, en korrek geboor is nie

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Ratel
Ek dink jy het die regte ding gedoen. Ek het hierdie nuwe ringe al deegliks getoets en hulle werk uitstekend. Hulle gee presies vir jou 20moa verskil oor 'n tipiese standaardlengte aksie. Maak seker jy sit die 00 helftes in die voorste montering en die +20 en -20 helftes agter, +20 onder en -20 bo. Van die eerste "inserts" het nie die + en - tekens gehad nie, daar moet jy die dikke onder en die dun helfte bo sit. Maak seker dat jy al die olie behoorlik afgevee het.
Die nuwe ringe is universeel in die sin dat dit beide 25mm en 30mm teleskoop buise kan hanteer, net die inset stukke verander. Verder gebruik dit 4 x 3mm skroefies per ring om die teleskoop vas te trek, teenoor die ouer tipe en meeste ander soorte ringe se twee 2.5mm hex skroefies. Wees dus versigtig om nie die skroewe te styf vas te draai nie. Die grupp skroefies is ook nou 3mm. Die hele ring is baie stewig en spreek van kwaliteit. Daar is nou ook van die tipe ringe in Weaver of Piccatini styl beskikbaar maar met verstelling wat vir jou laterale beweging toelaat.
Wat die studs betref, Ratel het eintlik klaar geantwoord. Die studs word ook deur Thor vervaardig en versprei. In die verlede was Lynx se basisse, ringe en studs eers ingevoer vanaf Australië, later vanaf die VSA en tans gebruik Lynx 'n plaaslike vervaardiger wat 'n produk van hoogste gehalte lewer soos die nuwe ringe van getuig.

Ek wil van Dewald verskil oor die stelling hierbo, daar is wel baie nuwe fabrieksgeboude gewere waarvan die belyning of rigting nie na wense is nie. Jy was net gelukkig met jou opstelling om so na aan die kol te wees, dit is meestal nie die geval nie , gesels maar met die wapensmede oor die probleme met teleskoop montering en belyning van ringe. Hierdie nuwe ringe sal die oplossing wees vir baie monteringsprobleme, die belyning van ringe en gevolglike spanning oor teleskope kan maklik opgelos word deur voor en agter van die 00 insetstukke te gebruik. Lapping van ringe word nou heeltemal uitgeskakel. En jy gebruik dieselfde ringe vir 25mm en 30mm teleskope, verander net die insetstukke. Die nuwe ringe laat ook absoluut geen merke op die teleskoop nie.Pappabeer wrote: Ek het onlangs n stel Warne ringe op n 1951 Brno Model 21 gesit. Die teleskoop (zeiss conquest) was na die middel gestel itv clicks en die eerste skoot was minder as 1" uit. Hiermee probeer ek sê dat daar geen maar geen nut is vir onnodige windage verstellings op teleskoop monterings wat goed gemaak is en n geweer wat goed gemaak, en korrek geboor is nie
Wat die studs betref, Ratel het eintlik klaar geantwoord. Die studs word ook deur Thor vervaardig en versprei. In die verlede was Lynx se basisse, ringe en studs eers ingevoer vanaf Australië, later vanaf die VSA en tans gebruik Lynx 'n plaaslike vervaardiger wat 'n produk van hoogste gehalte lewer soos die nuwe ringe van getuig.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Ek hou baie van die idee van insetstukke in ringe. Ek is bly om te hoor Lynx maak nou hiervan gebruik.
Ek sou nie sê hierdie geweer was die uitsondering nie. My Tikka M695 met Tikka ringe (en insetstukke), sowel as my Sako Vixen met Sako ringe, beide nie lateraal verstelbaar, het ewe bevredigende resultate gegee.
Ek kan nie mooi fotos op Lynx se webwerf van die nuwe sisteem sien nie. Kan een van julle asb fotos oplaai, ek sal graag wil sien hoe die nuwe montering sisteem lyk.
Ek sou nie sê hierdie geweer was die uitsondering nie. My Tikka M695 met Tikka ringe (en insetstukke), sowel as my Sako Vixen met Sako ringe, beide nie lateraal verstelbaar, het ewe bevredigende resultate gegee.
Ek kan nie mooi fotos op Lynx se webwerf van die nuwe sisteem sien nie. Kan een van julle asb fotos oplaai, ek sal graag wil sien hoe die nuwe montering sisteem lyk.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
dit was noggal 'n inconvenience toe ek 2 jakkalse gemis hel op 100m agv die studsWe apologies for any inconvenience caused in this matter and as always remain committed to excellence in service and product.
HOU HOM DAAI DIKTE
- NJ_v_N
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Fri Jul 18, 2014 4:26 am
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Weet iemand wie hierdie lynx ringe aanhou?, sal ek lekker vinnig en maklike manier wees om my cz500 (wat reeds lynx basise en ringe het) te kry om verder as 400m te skiet.
Maak hulle dalk weaver/picatinny ringe ook wat op die prinsiep werk. Ek het met die mense by VLT gepraat hulle het van die burris ringe (singnature zee) maar het net die 5MOA inserts, nie die 10 of 20 nie.

30-06AI Lyttelton RSA
308Win Lyttelton RSA
270Win CZ 550 (9.3x62 in wording)
222Rem Brno Fox
22LR Brno mod2
9mm Sig P250 FS
308Win Lyttelton RSA
270Win CZ 550 (9.3x62 in wording)
222Rem Brno Fox
22LR Brno mod2
9mm Sig P250 FS
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
NJ_v_N waar woon jy, dan kan ek vir jou probeer uitvind wie jou naaste handelaar is wat al van die ringe bestel het.
Ja, ek het al van die eerste picatinni / weaver ringe gekry en getoets, glo nie die produksie modelle is al na die handelaars uitgestuur nie.
Ja, ek het al van die eerste picatinni / weaver ringe gekry en getoets, glo nie die produksie modelle is al na die handelaars uitgestuur nie.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Dewald, Sako en Tikka se vervaardiging is van hoogste gehalte, maar tog het hulle ringe die plastiese insetstukke juis om belynings probleme en gevolglike spanning oor die teleskope uit te skakel, 'n sisteem wat uitstekend werk en waarvan ek baie hou. Die ou Sako ringe sonder die plastiese insetstukke uit jou Vixen se tyd kon egter lateraal verstel.Pappabeer wrote:Ek hou baie van die idee van insetstukke in ringe. Ek is bly om te hoor Lynx maak nou hiervan gebruik.
Ek sou nie sê hierdie geweer was die uitsondering nie. My Tikka M695 met Tikka ringe (en insetstukke), sowel as my Sako Vixen met Sako ringe, beide nie lateraal verstelbaar, het ewe bevredigende resultate gegee.
Ek kan nie mooi fotos op Lynx se webwerf van die nuwe sisteem sien nie. Kan een van julle asb fotos oplaai, ek sal graag wil sien hoe die nuwe montering sisteem lyk.
Dan moet 'n mens nie eers praat van die monteringsprobleme met al die Mauseraksie gewere wat in SA in omloop is nie, en hoeveel RSA aksies se gaatjies vir die montering blokkies is nie skeef geboor nie? En moet ook nie dink dat die Amerikaans vervaardigde gewere se lope en die montering van teleskope altyd perfek oplyn nie, ek het self al lekker gesukkel. Die Optilock ringe van Sako, die Zee ringe van Burris en nou die nuwe Multimax ringe van Lynx is net soveel beter en makliker om teleskope se belyning reg te kry sonder enige lapping. Met die Lynx ringe kan jy nou ook maklik die montering so doen dat jou teleskoop se horisontale verstelling in die middel is wanneer dit zero.
Ek sal foto's neem en op 'n nuwe draad plaas, sal net eers die drop box / photo bucket storie moet uitsorteer.
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Die grotes soos op die inserts aangedui is nie MOA nie maar wel duisendstes van 'n duim (thou). Jy kan wel na aan die MOA waardes kom sou jou ringe die regte afstande uitmekaar gespasieer wees. As ek reg onthou omtrent 3.6 duim. Dus gaan die hoeveelheid vesrtelling wissel van geweer tot geweer met dieselfde waarde inserts.
Die video verduidelik dit nogal mooi. Burris Signature Scope Rings: http://youtu.be/7SCv3FuNUB4
Die video verduidelik dit nogal mooi. Burris Signature Scope Rings: http://youtu.be/7SCv3FuNUB4
Jannie Welman
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1880
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Bel Lynx SA by 011 7926644 en praat met Gary. Hy is ook hulle tegniese ou en het my mooi raad gegee. Op die Lynx inserts is daar geskryf +20 MOA en -20 MOA die ander twee inserts moet beide 0 MOA wees.NJ_v_N wrote:Weet iemand wie hierdie lynx ringe aanhou?, sal ek lekker vinnig en maklike manier wees om my cz500 (wat reeds lynx basise en ringe het) te kry om verder as 400m te skiet.
Maak hulle dalk weaver/picatinny ringe ook wat op die prinsiep werk. Ek het met die mense by VLT gepraat hulle het van die burris ringe (singnature zee) maar het net die 5MOA inserts, nie die 10 of 20 nie.
Maak 'n verskil
- NJ_v_N
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Fri Jul 18, 2014 4:26 am
Re: Shimming van teleskoop. Raad asb.
Ek sal hom later vanoggend n lui gee, klink na die regte man om mee te praat.Ratel wrote: Bel Lynx SA by 011 7926644 en praat met Gary. Hy is ook hulle tegniese ou en het my mooi raad gegee. Op die Lynx inserts is daar geskryf +20 MOA en -20 MOA die ander twee inserts moet beide 0 MOA wees.
Ek woon in Belfast maar gaan gereeld verby Bethal, Witbank, Middelburg en Secunda.Hercules Louw wrote:NJ_v_N waar woon jy, dan kan ek vir jou probeer uitvind wie jou naaste handelaar is wat al van die ringe bestel het..
Ek het reeds vir classic arms in witbank en safari ammunisie in middelburg n mail gestuur om te hoor of hulle vooraad het.
30-06AI Lyttelton RSA
308Win Lyttelton RSA
270Win CZ 550 (9.3x62 in wording)
222Rem Brno Fox
22LR Brno mod2
9mm Sig P250 FS
308Win Lyttelton RSA
270Win CZ 550 (9.3x62 in wording)
222Rem Brno Fox
22LR Brno mod2
9mm Sig P250 FS