Hier is n rowwe skets van die beplanning van my skietbankie, die "CAMEL" wat ek beplan om in Januarie te begin bou, vir myself. Ek wil graag so tandem-tipe skietbankie bou (julle sal sien ek praat van nskietbankie, nie n stoel nie, hehe) omdat ek en my probleemdier-jagmaat graag saam jag. Een roep en lig en die ander een skiet.
Hier is n voor/agter aansig en n sy-aansig: (skies die swakkerige sketse, maar Word was al wat NOU beskikbaar was... :) )


Die bankie van 1200mm gehoort vrylik bo die bakkie se bak, verby die rollbar te swaai. Die sitplek-hoogte van 800mm moet nog ondersoek word gedurende die bouery, sal dit dalk hoer moet maak vir bo-oor die dak skiet. Soos ek se in die skets, als is geskat (sommer so hier in die kantoorstoel uitgedink vamore, hehe).
Die Rest/Tafel behoort genoeg te wees om vanaf te skiet maar die ware toets sal maar met die bou kom. Beide ons gewere skiet met Bipods, so n mikkie is nie nodig nie. Die tafeltjie is dan groot genoeg vir die skiet, die lig en die roeper (box of tricks ;D )
Ek weet hy gaan dalk nie so gemaklik sit soos die groot manne se skietstoele nie, maar vir ons doeleindes gaan hy lekker werk. Sou hy werk kan die manne wat wil vir hulle ook sulkes aanmekaarslaan (ek sal as die bankie klaar is n volledige stel van benodighede en mates hier kom post) om die boer saam te neem op n roepsessie...
Die naam CAMEL is maar sommer so grapweg uitgedink oor n kameel mos 2 mense kan dra! ;D
Nou ja manne, dis maar my plan, of hy gan werk weet ek nie.
ASB, eks oop vir enige raad sowel as kritiek. Freek, jy moet nou help neef, gee raad en help reg.
Groete
Stef

