Bobcat in heat-roep

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Bobcat in heat-roep

Post by James Wilson »

ek het so n rukkie terug vir my n fox-pro sptifire gekoop, en na so n ruk vir my Heinrich se nuutste roeppe gelaai.  maar in die proses het ek die amerikaanse roep: bobcat in heat verloor. is daar n plek waar ek net weer die roep kan aflaai?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Bobcat in heat-roep

Post by Dawie »

PM my gou jou E-mail adres dan E-mail ek dit vir jou,  as iemand anders dit nie al vir jou gestuur het nie.

D
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Bobcat in heat-roep

Post by Stefan764 »

Manne, askies as ek dom klink, maar waarvoor n Bobcat klank in Afrika gebruik? Is dit maar net vir afwisseling?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Bobcat in heat-roep

Post by frinam »

Nee Stef, ek het gedink jy sou al teen die tyd verstaan dit gaan oor die "heat" gedeelte, nie oor die "bobcat" deel nie!!! ;) Jy moet fokus my kind, ek gaan vrae vra!!! Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Bobcat in heat-roep

Post by James Wilson »

Stefan764 wrote: Manne, askies as ek dom klink, maar waarvoor n Bobcat klank in Afrika gebruik? Is dit maar net vir afwisseling?
niks fout met jou vraag nie. hier by my loop so n paar brandsiek rondloper katte wat hulle visier het op die kinders se konyne. het gesien toe ek die roep nog gehad het dat honde en katte lekker reageer op die roep. ek het eendag die roepper in n boom gesit en toe ek die roep gehad het, toe ek die roep aansit, raak my honde heel mal. soveel so die foxterier het sommer die boerboel begin byt.

dit klink mos of daai bobcat in groot knyp is. ek het ook een more voor my kantoor dames ingekom het die roepper in n staalkas se laai gesit, en toe die roepper baie sag gesit en net nou en dan kort aangesit. die vrouens het vas geglo my huiskat sit in die kas vas. hulle het later die tuinhulp gaan haal en die kaste begin rondskuif. toe die een se hy moet die koevoet gaan haal toe besef ek die grap gaan dalk te ver. ek was lank nie baie gewild nie.

hier by ons is jakkals roep nie so bekend onder die boere nie. en as ek by n boer kom en dit lyk of hy twyfel aan die kontrepsie, dan sit ek die bobcat sommer daar op die werf aan. as die boer sien hoe maak sy honde. dan glo hy net daar en dan.
Last edited by James Wilson on Wed Dec 08, 2010 11:09 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply