Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Capt. Oblivious wrote:Teen 13k koop ek vir sipho n ou scooter om op en af te ry en vir my n foto van die tyken te watsapp
Ek soek al 'n rukkie vir 'n alternatief om elke keer teiken toe te loop, maar die koste van sisteme wat behoorlik gaan werk, tesame met die tegnologiese hassles, het my ook al na schooterpryse laat kyk....
Dit is pressies die grondslag van my systeem wat ek in my vroere plasing na verwys. Die standard komponente werk ok net tot so om en by 100 meter, daarna moet jy jou radio en antenna kennis gebruik om reikafstand langer te maak. Dis nie plug en play vir die gewone persoon nie.
7x64 Brenneke - Jurie Majoor
9,3x62 Mauser - Jurie Majoor
243 Savage M12 LRP
260 Rem Savage M12 VLP
Iemand hier in Pietersburg bemark 'n toestelletjie wat basies 'n selfoon is wat jy op 'n plaek kan plaas, sodra jy sy nr sms, neem die selfoonkamera 'n foto en mms terug na jou. As ek reg onthou was dit onder R2000 als ingesltuit.
Ek sal moet soek vir die details as iemand belangstel.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Dit is pressies die grondslag van my systeem wat ek in my vroere plasing na verwys. Die standard komponente werk ok net tot so om en by 100 meter, daarna moet jy jou radio en antenna kennis gebruik om reikafstand langer te maak. Dis nie plug en play vir die gewone persoon nie.
In Play store kan julle dalk kyk na Camera Remote ook. Geskryf deur Busy WWW. Maak konneksie tussen twee android toestelle of 'n skootrekenaar met of wifi, bluetooth of internet en laat dan een toestel toe om ander een se kamera te beheer en te sien wat dit afneem. Het dit self nog nie gelaai of getoets nie. Sal later vroulief se foon leen en probeer.
Parte vir my klein stelsel het ek nog nie geredelik in SA beskikbaar gesien nie. Jy moet dit invoer. Vir die aanmekaar sit, as jy n bietjie tegnies is dan sal jy regkom, maar dit is wanneer jy reikafstand van 400m + probeer kry waar jy goeie radio golwe en antenna kennis moet he, anders sit jy dalk met n GROOT en ongemaliklike stelsel langs die skietbaan.
PM my dalk kan ons gesels.
7x64 Brenneke - Jurie Majoor
9,3x62 Mauser - Jurie Majoor
243 Savage M12 LRP
260 Rem Savage M12 VLP
Selfoon op Kamera stand met gewone bracket wat in kar gebruik word. Selfoon Kamera gefokus op teiken
2e Skype rekening oopgemaak en op foon gelaai
Doen Skype Video call vanaf Tablet na foon.
Kyk dat foon mooi teiken in fokus het.
Tablet gaan terug na skiet plek en jy kan heeltyd sien wat gaan op teiken aan. Ek maak na elke skoot / reeks 'n "Screen Shot" dan kan jy weet waar jy geskiet het is jy later kyk
Maak seker jy het genoeg data op altwee en maak seker batterye vol. Gee so 2 ure se skiet sonder loop.
Dit werk solank daar relatief goeie sein is. Het ook al gedoen met skietmaat se foon. Selfde prinsiep een op teiken een op Skiet Plek.
Dit is nogal rof op data - Maak seker jy is op lae kwaliteit video call. Dan is dit omtrent 200MB 'n uur per device.
Ek koop Cell C se 100GB pakette (R2500) dan werk dit so R10 per uur se skiet uit.
Werk vir my met wat ek het sonder enige aditionele uitgawes en werk oor enige afstand.
sagteware? Vir die gewone Tx/Rx en LCD skerm stelsel is daar geen sagteware nodig nie. Daar is net sagteware vir die twee Amerikaanse stelsels, maar hulle werk net op hulle eie toerusting.
As jy die selfde wil doen as die amerikaanse stelsel sal jy self die sagteware moet skryf/laat skryf.
7x64 Brenneke - Jurie Majoor
9,3x62 Mauser - Jurie Majoor
243 Savage M12 LRP
260 Rem Savage M12 VLP
Capt. Oblivious wrote:So nou kort jy net n laptop en n Kamera of hoe en een of ander power supply ?
1.2GHz 900mW Wireless Video Transmitter Receiver Modules Kit w/ Antennas - Red + Silver
Great om te sien die pryse kom af. Hoop net ICASA los ons uit op die frekwansie en die kragtige transmitter. Hulle kan nogal 'n handvol wees as hulle die dag lus het. Sleg 2.4Ghz en 5.8Ghz is oop en dan net 100mW op 2.4 en 200mW op 5.8Ghz. Dis min of meer hoe ek dit het.
7x64 Brenneke - Jurie Majoor
9,3x62 Mauser - Jurie Majoor
243 Savage M12 LRP
260 Rem Savage M12 VLP
Wens ek kon hierdie goed beter verstaan. Sal baie graag so iets wou opstel. Ek het die roete soos voorgestel in http://www.savageshooters.com/showthrea ... -Part-Deux gevolg. Modifed TP-Link travel router en open wrt. Nog nie behoorlike antenna gekry nie. Weet nie waar nie. Sukkel maar om afstand te kry met gewone dipole antennas.
Ek het by ChrisGB een van sy kameras gekoop en net so bietjie batterye ens verander. Ons kan nou tot op 700m skiet en gemaklik op die ''bigscreen'' skote dop hou. Ek is seker die stelsel sal verder kan gaan maar nog nie getoets nie.
Ek gebruik n klein LCD tv op 'n inverter gekoppel van die bakkie se battery af vir beeld, ek het in die begin klein 7'' screen gebruik maar dit het my net meer frustreer as enige anders.