Barnes x opinie.

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Barnes x opinie.

Post by James Wilson »

ek het verlede week n pakkie Barnes X Tripple Shock XP TSX B/tail punte by my geweersmit gekry. nou ek weet nie veel van die punte nie, ek sien maar net in die herlaai boekkie is daar n afdeling vir dit, en dan is hulle gewoonlik so n raps stadiger as gewone punte. ek weet ook hulle is baie duurder as se maar Sierra Game King. ek hoor goeie dinge van die maak, maar ek ken nie eindelik iemand wat daarmee jag nie. maar ek ken julle en ek ken die forum. nou sal ek graag wil weet:
- wat is die basics wat ek moet verstaan rondom Barnes x punte?
- moet ek maar vir my n load kry op die punte en dan maar n paar reg hou vir groter goed soos gemsbok en groter?

Ek beplan om die 180grn wat ek gekry het uit my 300 te skiet.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Wouter Roets »

Hallo Jagbehep

Dit is n uitstekende punt, dalk die beste op die mark. Ek skiet al jare met BanesX die gewone punt en nou so ruk ook al met BarnesTSX in n verskydenheid kalibers onder andere in die 300 Winchester met uitstekende resultate. Die TSX reeks kan jy dieselfde spoed skiet as konfensionele koeels vanwee hulle bande wat die druk verlaag teenoor die oorspronklike X wat hoer druk getoon het agv die langer draevlakke as normale koeels, monolietiese koper koeels is langer as hulle ekwevalente loodkernkoeels omrede lood swaarder is en dus korter kan wees vir n spesifieke gewig. As jy vir my al jou besonderhede gee soos jou dopkapasiteit, looplengte, TPL na die groewe met hierdie punte sal ek jou help met ladings.
Ek kry gewoonlik goeie groeperings ook met hulle, maar my ervaring is dat hulle besonder sensetief is vir hulle sprong na die groewe toe.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Theo E »

Jagbehep
i use barnes x in my 270, 22-250, and .375 and they are exellent bullets and dont break up like conventional  soft nose ammo thus giving better penetration  
i also load frontiers spartan which is also a monolithic hollow points and i must say with spartan i get a better grouping with less effort and they are cheaper and as good as barnes x .
you wont be sorry load them !!
Theo


 
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Barnes x opinie.

Post by James Wilson »

Wouter, bedoel jy ek kan nou die TSX dieselfde laai, maw dieselfde hoeveelheid kruit as gewone punte, omdat die die 3 ringe/bande op die basis van die punt die druk verlig?
verder wouter hoekom is jy so tevrede met die punte?

Theo, this is something i need confirmation on. from what you say, i understand that the second part of the somchem booklet is not referring to Barnes x bullets exclusively but to all monolithics like: spartan and gs custom, for example?

een storie wat ek hoor oor die punte is dat hulle baie goeie doodmaak vermoe het maar nie noodwendig so klein groepeer nie. waarhied of nie?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Wouter Roets »

Jagbehep
Die bande in die TSX is juis vir hierdie rede aangebring, om die "bearingsurface" te verminder maw daar kom minder materiaal in kontak met die groewe en daarom n verlaagde druk. Spartan gebruik ook hierdie metode en die grootste verskil is dat Barnes se gaaitjie in gepons word (X) en Spartan s'n in geboor word(O). Ek stem saam met Theo dat Spartan n uitstekende alternatief is vir Barnes, ek is nou juis besig met ladingontwikkeling op die 375 Ackley met 300 greiners en die groeperings lyk baie belowend. Ek het al verslae gehoor dat die Spartans n bietjie moeiliker oopmaak as die Barnes, dit kan te doen he met die boor van die gaaitjie invergelyking met die pons metode. Hulle is blykbaar ook n bietjie harder en breek makliker hulle "petals" af. Ek gaan hulle maar self toets en my eie gevolgtrekkings maak. Al wat ek weet as hulle enigsins naby aan Barnes se vermoee kom sal ek oorslaan na hulle. Barnes se pryse hardloop naby aan R600-R700 vir 50 so die Spartans is in daardie geval n winskoop. My lading is 73gr S385 in n Winchester dop wat baie ruim is en n lang TPL van 85.5mm vir n 0.5 "jump" vir n spoed van 2940ft/sek. Ek het gevind dat 74.5gr my maksimum is wat dan so 3000ft/sek gegee het. Quickload het my druk op daardie lading as 58321psi aangegee(73gr). Dit is met n 24 duim loop. Die groepering was 15mm vir 5 skote op n 110m, so glad nie sleg vir n jaglading nie. Ek skiet met Barnes in 7 verskillende kalibers en vind die groeperings baie bevredigend, maar soos ek voorheen gese het is jou TPL van kardinale belang. O-ja vleisskade is defnetief baie minder met beide hierdie koeels agv dat daar nie sekondere projektiele is soos met konfensionele koeels nie.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
jmb

Re: Barnes x opinie.

Post by jmb »

Jagbehep ek gebruik al lank Barnes X 270 gr in my 375. Die goed werk ongelooflik goed. Ek laai hulle teen 2600 fps en het al bokke so naby soos 50m met hulle geskiet sonder enige noemenswaardige vleisskade. Dit is die voordeel van so 'n tipe punt. Die Barnes punte word gemaak uit 'n tipe brons staaf. Dit word op lengte gesny en dan word dit gepaons met 'n pons met 4 lemme. Dit sny 'n kruis in die punt en maak 'n gat in die voorpunt. Daarna word die punt geform. Dit veroorsaak dat daar dus swakpunte in die neus van die punt is wat dan soos 'n blom oopmaak en deur die vleis sny. Barnes punte Is per gewig meer effektief as konvensionele punte so jy kan met 'n ligter punt wegkom. Hulle is ook meer effektief teen medium snelhede aangesien die "blare" te ver terugbuig op baie hoe spoed. Dit gee dan dieslfde effek as 'n omliklink tipe punt en gee nie meer so 'n groot wondkanaal nie. Die punte is baie sterk en behou in meeste gevalle feitlik al hul gewig. Die punte is egter redelik hard en jy moet in ag neem dat hul miskien hoer druk gaan gee as konvensionele punte. Moet dus nie met jou bekende maksimum lading begin nie. Daar word ook gese dat hul harder op lope is as konvensionele punte. Ek het egter geen inligting hieroor nie. Hul mors bietjie meer koper in die loop as gewone punte so ek gebruik koperverwyderaar maar meer gereeld. Hulle is wel duur maar vir my werk hulle baie goed.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Barnes x opinie.

Post by James Wilson »

as ek so na julle luister dan wil ek n afleiding maak dat die tipe punte uitstekend op lang afstande gaan groepeer en doodmaak vermoe gaan he.

ek hoor wat julle se dat TPL baie belangrik is, ek lees in die Somchem boek dat die jump nie nader as 2mm mag wees nie, is dit hoe julle dit benader of stel julle die jump kleiner?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Wouter Roets »

Johan
Dit is waar dat met die gewone Barnes X dat die druk heelwat hoer is maar met die TSX en TTSX is die drukvlakke gelykstaande aan konvensionele koeels. Hulle koperdeposito het ook dramaties afgeneem teenoor die oorspronklike's agv die bande. Wat se kryt gebruik jy op daai lading?
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Wouter Roets »

Sorry Jagbehep ek het nou eers jou post gesien. Nee wat my ervaring is dat 1mm gewoonlik die beste werk en die meeste Amerikaanse herlaai boeke stem saam daarmee. Barnes se BC is gewoonlik goed so ja hy doen goed oor lang afstande en daai boattail help ook darem so bietjie. Onhou hulle is langer as loodkern koeels so dit help baie met die BC.
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
jmb

Re: Barnes x opinie.

Post by jmb »

Ja Wouter dit mors minder as voriges maar no steeds meer as konvensioneel. EK laai 66.1gr 335 vir 'n spoed van 2600fps.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Christo »

Jagbehep

Ek skiet hulle uitsluitlik as ek jag. 'n 7mm gemeet na hy herwin was. 17mm op sy wydste gewees. Beteken iets as jy amper mis geskiet het. Dit was ook die enigste een wat ek tot dusver herwin het. 4 Elande met 7 x 64 en almal met ou tipe Barnes X. ek het nog redelik oor van hulle maar sal oorslaan na TSX as hulle op is. Jag met niks anders nie.

Gebruik Spartans in .243 en is ook hoogs tevrede met hulle op Springbok.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Barnes x opinie.

Post by Stefan764 »

Christo wrote: 4 Elande met 7 x 64 en almal met ou tipe Barnes X. ek het nog redelik oor van hulle maar sal oorslaan na TSX as hulle op is. Jag met niks anders nie.
Hoor da! Hoor da!  ;)


JB! en ander
Ek het gister met Wouter oori foon gesels oor presies hierdie topic. Die man is BAIE tevrede met die Xe. Ek het self besluit op die 150gn Xe in my 7x64 te skiet vir my groot wild soos Gems/WBees/Koedoe.
Julle manne stem dat die 150gn genoeg is in die 7x64?


7x64-Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
jmb

Re: Barnes x opinie.

Post by jmb »

Stefan pasop jong netnou begin jy weer 'n debat. Jy gaan nou weer hoor dit maak nie saak waarmee jy skiet nie maar waar jy hom skiet. :D Ek dink die 150 in die 7 sal werk. Laat weet my wat hulle maak. Ek wil hulle ook in my 7mm  Rem Mag gebruik so ek sal graag hoor wat jou opinie en resultate is. Het in die 375 H&H net gevind dat hulle redelik lank is met 'n redelike skerp punt so kon nie naby die groewe kom nie. Het toe maar gelaai wat in my magasyn pas. Hulle is egter baie akkuraat in die 375 selfs met die lang "jump".
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Christo »

"JB! en ander
Ek het gister met Wouter oori foon gesels oor presies hierdie topic. Die man is BAIE tevrede met die Xe. Ek het self besluit op die 150gn Xe in my 7x64 te skiet vir my groot wild soos Gems/WBees/Koedoe.
Julle manne stem dat die 150gn genoeg is in die 7x64?"



Laas toe ek nog gecheck het was die aanbeveling om max 150gr in 7x64 te skiet. Weet nie of dit verander het met die tsx'e nie.

Ek gooi ook redelik mak, vir die jonges se onthalwe, met 51,5gr S365 in 'n Highland dop. Nie te trots om die doppe hier te skryf nie maar geweeg,gesny,eg-als en hulle werk lekker vir jag.

Die kombinasie op Robertson se baanskiet was nog die enigste dag dat ek iewers in die rangorde van daardie dag gekom het. Dink dat Johannic en kie die dag gerus het.
Last edited by Christo on Tue Dec 07, 2010 6:46 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Theo E »

Jagbehep! wrote: Theo, this is something i need confirmation on. from what you say, i understand that the second part of the somchem booklet is not referring to Barnes x bullets exclusively but to all monolithics like: spartan and gs custom, for example?

een storie wat ek hoor oor die punte is dat hulle baie goeie doodmaak vermoe het maar nie noodwendig so klein groepeer nie. waarhied of nie?
Jagbehep
sorry i only saw this post now
that is correct
Theo
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Wouter Roets »

Theo
Quickload en my eie ondervinding wys dat Barnes TSX en Frontier Spartan defnetief dieselfde drukeienskappe openbaar as konfensionele koeels. Rhino is in my ondervinding so tussen die oorspronklike Barnes en konfensionele koeels in drukvlakke. Koperneerslag met TSX en Spartan is n bietjie hoer as Konfensionel Koeels, maar nie so hoog as met die X koeels nie. Ek het geen persoonlike ondervinding met GS nie, maar vermoet hulle moet baie naby aan TSX ne Spartan wees, meskien kan Gerard of Koos ons bietjie inlig.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Arnold »

Die GS custom koeels se drukvlakke is baie laer as enige van die ander koeels wat genoem is. Hulle dravlak is min met die dryfbandjies wat verspreid is. Die koeels is ook gewoonlik ligter as die norm wat maak dat jy hulle natuurlik vinniger kan lanseer. In kombinasie met die klein dravlak en die koeel gewig kan jy die koeels regtig teen noemens waardige snelhede dryf.

Dit gee regtig 'n ander dimensie aan die stadige kalibers. Ek het byvoorbeeld die 195gr GS HV uit my 9.3X62 teen so 2960 fps geskiet. Op 200m gezero was ek so 2" hoog op 100m.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Barnes x opinie.

Post by James Wilson »

Arnold wrote: Die GS custom koeels se drukvlakke is baie laer as enige van die ander koeels wat genoem is. Hulle dravlak is min met die dryfbandjies wat verspreid is. Die koeels is ook gewoonlik ligter as die norm wat maak dat jy hulle natuurlik vinniger kan lanseer. In kombinasie met die klein dravlak en die koeel gewig kan jy die koeels regtig teen noemens waardige snelhede dryf.

Dit gee regtig 'n ander dimensie aan die stadige kalibers. Ek het byvoorbeeld die 195gr GS HV uit my 9.3X62 teen so 2960 fps geskiet. Op 200m gezero was ek so 2" hoog op 100m.
Arnold, hierdie is goeie syfers, dit maak van n 9,3 n heel nuwe geweer. ek sien jy praat van die bandjies om die GS punte, wat dan die druk verlaag, maar ek sien die Barnes wat ek persent gekry het het ook sulke bandjies, kan ek dus aflei dat dieslfde geld vir die spesifieke Barnes punte?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Barnes x opinie.

Post by Arnold »

Ja en nee, die bande op die twee koeels is nie dieselfde nie. Die nuwe Barnes is soos enige loodkern koeel in terme van graveerdruk, maar die GSC koeels se druk is heelwat minder.
Post Reply