Goeie more
Daar word n roepkursus aangebied aan die anderkant van Ventersdorp,nie waar dieslagting was nie.
Die kursus begin al Vrydagaand met n roep en dan die Saterdag is die kursus(klas) en Saterdagmiddag n dagroep en die aand weer n roep.
Jacques Botha sal die kursus aanbied wat weereens beloof om baie insiggewend en interessant te wees.
Kostes beloop R900 per persoon wat die volgende insluit:
Verblyf vir Vrydag- en Saterdagaand in n lodge(ordentlike akomodasie)
Saterdagoggend brunch en Saterdagaand braai
Die kursus natuurlik,met alle bedrywighede
Sorg net asb vir jou eie ete vir Vrydagaand
Let wel: Los asb gewere tuis,daar is reeds manne waarmee gereel is om die skietwerk te doen.
Kontak my asb op 082 859 5088 of sms of whatsapp.
Onthou plekke is beperk tot 20 persone.
Die kursus word 30 km vanaf Ventersdorp op die Swartruggenspad gehou by Witkrans Safaris.
Sal graag wil he indien dit moontlik is dat inbetalings voor die 15de September gemaak word sodat jou plek verseker is en ek weet hoeveel mense kom.
Groetnis
Willie Moller alias PAC
Jakkalsjag kursus 3-5 Oktober
- Problem Animal Control
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1286
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Jakkalsjag kursus 3-5 Oktober
Ek sal belangstel. Ek is in Lichtenburg, so dit is net oor 'n paar bulte.....
Het sms gestuur. Hoop daar is nog plek
Het sms gestuur. Hoop daar is nog plek
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Jakkalsjag kursus 3-5 Oktober
Is daar nie so iets in die Wes Kaap beskikbaar nie?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Jakkalsjag kursus 3-5 Oktober
Mooi!!! Alweer wanneer ek nie beskikbaar is nie. EK en my dogter verjaar saam die 6de en mamma het groot planne vir ons die 4de
:-(
:-(
Too many to mention ;-)
- Problem Animal Control
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm
Re: Jakkalsjag kursus 3-5 Oktober
Manne
Die tyd raak min om jou plek te verseker. Kontak my vir verdere reelings of inligting.
Groette
PAC
Die tyd raak min om jou plek te verseker. Kontak my vir verdere reelings of inligting.
Groette
PAC