Grasdoder op elektriese heinings

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Môre almal

Vandag nie iets oor gewere nie. Ek wil graag weet watter tipe gif mens kan gebruik om gras (nuwe groei en bestaande polle) op heinings te bespuit om elektriese drade skoon te hou?
Dalk ook miskien waar dit te koop is en dalk prys as jy dit in die kop het of onlangs gekoop het. Nie nodig om iemand te bel nie. (veral die manne in Suid-wes wat dalk weet wat en waar).

Baie dankie en mooi dag

Johan
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by cassie_calvinia »

round up?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Cassie, dit is wat ek ook eerste aan gedink het, maar ek verstaan mense sê daar is blykbaar beter? Ek weet nie, kom ons luister of daar nog info uitkom.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by cassie_calvinia »

gallant werk ook goed op smalblaar grasse, as jy wil spesifiseer. maar vir als vrek maak by draad, behoord round up goed te werk. net die regte syd spuit vir beste ruseltate
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Cassie, wat sal jy sê is die regte tyd? My onderste draad sal tussen 120 en 150mm van die grond wees gevolg deur 'n grond draad en dan 'n 2de lewendige draad tot 400mm finale hoogte.

Ek het gedink om te spuit in die reëntyd as die nuwe gras net begin uitloop. Ek maak nou al drade skoon en die elektrise drade moet nog gespan word.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Beretta »

Jy moet n middel koop wat die grond steriel maak om die heining selfde wat die spoorwee gebruik maar dit is maar rof op bome ens maar dit werk
Beretta
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Die ideaal sal natuurlik wees om net een keer of so min as moontlik te spuit, maar ek wil die bome so min moontlik aanstoot gee. Die bome wat egter op die draad staan sal ongelukkig in die slag bly.
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Skolla »

Johan

Glyphogan 360 SL 20lt. Gebruik in 4% oplossing, maw. jy maak 500lt daarmee aan.
N$ 1292.74 Btw ingesluit vir 20lt.
Dit is n sterker gif as Tumble Weed waarmee hulle die riete in die Visrivier spuit.
Ek glo nie dit gaan jou bome doodmaak nie, meerjarige graspolle sal seker nie dadelik heel dood gaan nie en sal jy hulle dalk weer moet spuit, dalk eers die volgende seisoen, maar dan sal jy in elk geval die eenjarige grasse weer moet spuit.

Neem aan die elektriese heining is vir varke? Doen net jou huiswerk, die bokkers word nie maklik gestuit nie.

Groete
Skolla
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by cassie_calvinia »

regte tyd vir spuit is as die gras op sy swaarste kry, sap vloei die minste is, spuit net voor hulle saad skiet.
HOU HOM DAAI DIKTE
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Williel »

Agri-Gro Namibia by 061 25 3322
www.agrigronamibia.com

Johan, probeer hulle. Pryse is goed en hulle sal jou ook goeie raad gee.
Groete, Willie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Capt. Yoda »

Ek het die naweek in n ou jag boek gelees waar hulle se die beste tyd om te spuit is as dit net begin reen het want dan is die gras nou mooi in sy grooi, n paar mense het my ook al vertel dat hulle die beste sukses kry as hul na die eertse reen spuit. Ek het ook altyd gedink die beste is om te spuit as die gras swaar trek maar het ook al gesien as jy hom rondup in daai tyd spuit verlep hy net heeltemal en as dit goed reen dan kom hy weer half aan die lewe.Die man het ook in die stuk gese dat stof op gras n groot impak op die doeltrefendheid van die gif het en dat die eertse reen ook baie daar mee help.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Frikkiedbr »

Termiete, hulle doen baie goeie werk en is baie goedkoop
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Capt. Oblivious wrote:Ek het die naweek in n ou jag boek gelees waar hulle se die beste tyd om te spuit is as dit net begin reen het want dan is die gras nou mooi in sy grooi, n paar mense het my ook al vertel dat hulle die beste sukses kry as hul na die eertse reen spuit. Ek het ook altyd gedink die beste is om te spuit as die gras swaar trek maar het ook al gesien as jy hom rondup in daai tyd spuit verlep hy net heeltemal en as dit goed reen dan kom hy weer half aan die lewe.Die man het ook in die stuk gese dat stof op gras n groot impak op die doeltrefendheid van die gif het en dat die eertse reen ook baie daar mee help.
Kaptein, dankie dit maak sin wat jy sê, stof en alles, sal maar my toetse ook doen.
Frikkiedbr wrote:Termiete, hulle doen baie goeie werk en is baie goedkoop
Frikkie, ek betwyfel die termiet, jy gaan hulle nie kan beperk tot die meter sone weerskante van die draad nie, dan maak hulle dalk nog groter skade verder in die veld.
Williel wrote:Agri-Gro Namibia by 061 25 3322
www.agrigronamibia.com
Johan, probeer hulle. Pryse is goed en hulle sal jou ook goeie raad gee.
Dankie Willie, ek gaan daar ook kyk.
cassie_calvinia wrote:regte tyd vir spuit is as die gras op sy swaarste kry, sap vloei die minste is, spuit net voor
hulle saad skiet.
Cassie, ek is juis bang/versigtig om die gras so lank te laat word dat dit aan die drade begin raak, maar ek sal verseker paar toetse doen en kyk wat werk.
Skolla wrote:Neem aan die elektriese heining is vir varke? Doen net jou huiswerk, die bokkers word nie maklik gestuit nie.

Groete
Skolla
Dankie Skolla, ek wil eintlik my diere beperk (bees, skaap en bok) meer as om wild en ongediertes uit te hou, maar as ek hulle in 'n mate kan beperk met die krag sal dit 'n bonus wees. Die varke is maar 'n pyn soos ek verstaan het, maar ek gaan 'n 3 draad "tripwire" stelsel gebruik, so dit wat binne is gaan heelwaarskynlik nie uit nie, ek sien juis op my veldkamera die otte begin al by die krippe water drink, so een van die dae gaan ek weer vark skiet 8)

Waar kry man die gif teen die prys wat jy genoem het? By jou op Mariental?

Groete Johan

Manne baie dankie vir die raad, waardeer dit.
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Skolla »

Ja ons het Glyphogan by ons, maar dit sal n goeie ding wees as jy met Ewan van der Merwe by Agrigro ook kan gesels hieroor en sommer vra oor Glyphogan of dalk het hy n beter middel.Sy no 081 een twee sewe 4893
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Hugo »

Sit n kleur middel by die gif, dan kan jy duidelik sien waar jy gespuit het en jy kan ook sien waar jy gemis het. ,
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Dankie Skolla, sal so maak.
Hugo wrote:Sit n kleur middel by die gif, dan kan jy duidelik sien waar jy gespuit het en jy kan ook sien waar jy gemis het. ,
Dankie vir die raad Hugo.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Johan Nel »

Kalahari,
Glifosaat oftewel Roundup, Springbok, Glyfogan en al daai goed sal die gras en ander goed doodmaak vir ten minste een maand, daarna groei nuwes weer. Glifosaat is die aktiewe bestandeel. Daar is produkte wat 'n langer nawerking het, (sowat 6mde) wat glifosaat bevat maar ook ander aktiewe bestandele wat die hergroei en ontkieming van saad onderdruk vir daardie periode. Ek kry die besonderhede bymekaar en stuur more vir jou die inligting.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Johan Nel wrote:Kalahari,
Glifosaat oftewel Roundup, Springbok, Glyfogan en al daai goed sal die gras en ander goed doodmaak vir ten minste een maand, daarna groei nuwes weer. Glifosaat is die aktiewe bestandeel. Daar is produkte wat 'n langer nawerking het, (sowat 6mde) wat glifosaat bevat maar ook ander aktiewe bestandele wat die hergroei en ontkieming van saad onderdruk vir daardie periode. Ek kry die besonderhede bymekaar en stuur more vir jou die inligting.
Groete,
JHN
Johan, baie dankie, ek waardeer. Dit het ek nie eintlik gesê nie, maar dit is eintlik wat ek in die produk wil hê..... daardie nawerking wat jy nodig het om nuwe groei te keer nadat jy gespuit het.

Johan, ek wil tog vra of jy asb vir my die info kan sms, ek ry môreoggend vroeg alreeds Windhoek toe...... en dan is ek nie by my rekenaar nie. Die tegnologie bly in die huis agter :-X 081 - 2 sewe nege nul 6 nul 3.

Baie dankie vir die hulp.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by douw »

Soek ORBIT GR op die internet. Dit is 'n produk wat hul by spoorlyne ens gebruik. Hy steriliseer die grond waar jy die korrels gooi, en hou dit baie baie lank skoon.

Groete
Douw
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Baie dankie Douw.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Johan Nel »

Douw,
Onderskei ook net tussen lanknawerkende produkte wat bedoel is vir landelike/boerdery situasies en die vir industriele situasies.

Kalahari,
Ek sms vir jou die inligting.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Douw, ek het gou vir orbit gaan google en lees, die hoof bestandeel lyk dit vir my is bromisal (spelling) en sover ek kan onthou is dit redelik skadelik vir bome, ek mag verkeerd wees.
Ek sal die bome wat regtig bo-op die draad staan moet uithaal, maar die wat dan verder as 5m of so is wil ek nie laat doodgaan met die toediening van gras bestryder nie.

Gaan definitief die regte middel moet kry anders gaan ek meer skade doen as wat nodig is.
Nogmaals dankie elk geval vir die verwysing.
Johan Nel wrote:Kalahari,
Ek sms vir jou die inligting.
Dankie Johan, ek sal uitkyk vir jou boodskap.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by vlakvark1 »

Hier by my gebruik ons Roundup Terbo, 460, Gooi Aquaright 5 by, dit is n kleefmiddel, verspreider en het iets in wat water se ph regmaak..
Gebruik teen 2.5% Roundup en die aquaright teen 100ml/100 liter water

Ons gooi dan kunsmis( ureum) by @1kg/250l water. Dit help dat die vuilgoed die gif vinniger opneem

Ons gebruik die mengsel so op al die drade en onder die perskebome. Spuit as die gras/ vuilgoed groen is, gewoontlik November en dan spuit ons weer Februarie maand en dan is dit skoon weer tot November
vlakvark en bosvark Bvk
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Johan Nel »

Die meeste lang nawerkende onkruiddoders wat "veilig" is om in residensiele en meer sensitiewe areas te gebruik by plekke soos heinings, ens, het gewoonlik glifosaat in wat groeiende plante doodmaak, en dan 'n tweede produk wat 'n residuele naweking het, met ander woorde dit bly teenwwoordig in die grond vir 'n bepaalde periode en verhoed dat sade ontkiem. Die nawerking kan ook aktief groeiende plante benadeel as dit in kontak kom met die middels. Dit moet nog steeds met versigtigheid gebruik word, want dit sal gewenste plante doodmaak as dit in kontak kom daarmee.

Vlakvark1, Seismic sal ook goed werk vir julle met die steenvrugte.

Die produk wat ek aan Kalahari voorstel is Tandem WSG met Imazapyr 300g/l en glifosaat 216g/l as aktiewe bestandeel. Dan kan daar nog bymiddels soos amoniumsulfaat of soortglyke produkte bygevoeg word soos wat vlakvark hierbo na verwys (ureum). Dit maak glifosaat se werking net nog meer effektief.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Willie »

Kalahari ek hoop nie jy gee om dat ek jou draai so effens "hijack" in jou afwesigheid nie. ???

Wie weet watter produk word op afgesaagde bome gebruik om dit dood te maak ?

Dankie
Post Reply