lading uitwerk 100, 200 of 300m

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
stoffelpantoffel
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Mon Aug 18, 2014 12:44 pm

lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by stoffelpantoffel »

Hi daar almal. verskoon my as die vraag al gevra is. Maar ek is nuut op forum.

Ek wil bietjie hoor wat die kenners se raad sal wees.
Wat is die beste afstand om lading op uit te werk. party manne sê 100m,200m en ander weer 300m. redes vir 200 - 300m is dat koeêl eers gestabiliseerd is van 200 -300m.

My vraag is dan net. kan elemente nie dan 'n groot effek he hoe verder en langer die koeêl bloot gestel word aan elemente nie?

Moet ook sekker by sê. Ek skiet 'n 6mmXC 87gn punt en geweer is vir jag en veldskiet doeleindes. Wat beteken dat ek baie in die 200 - 300m omgewing moet skiet.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by tripodmvr »

Die meeste skietbane se tafels is op 100m opgestel. Doen lading ontwikkeling hier en toets dan op langer afstande.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by dehacked »

100 kan 'n goeie indikasie gee maar ek sal voorstel jy gaan na 200 of meer as jy begin fine tune. Dit is seker nie belangrik vir jag maar ek glo jy sal baat as jy wil lang afstand skiet.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Fritz »

Wat dink julle hiervan? http://forum.accurateshooter.com/index. ... =3814361.0

Dink julle Erik Cortina is van sy trollie af? Erik is nie 'n mickey mouse skut nie. Daar moet meriete wees vir sy metode. Dit is basies maar 'n OCW, maar kan dit gewenste 1000yd resultate lewer?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Capt. Yoda »

Frits ek volg daai draat van dag een af en ek het ook nie in die begin gedink dit gaan lekker werk nie maar ek het dit nou ook al n slag of 2 probeer op 100 en dan 300 en het laas naweek baie mooi met my 243 en 88gr Bergers reg gekom.Ek gaan hulle nou 500 toe vat om te sien wat gebeur en as hul goed bly sal ek verder gaan

Met 90gr Swift's (wat ek eintlik vir ver skiet wil gebruik) het ek duidelik die groepe verkeerd gelees want op 100m het hul reg gelyk maar op 300 het hul sommer 3duim in n 3hoek gele.Dink ek gaan nou daai 80 bladsye van voor af gaan lees.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Fritz »

Capt. Oblivious wrote:Dink ek gaan nou daai 80 bladsye van voor af gaan lees.
:'(
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Fritz »

Kaptein, my lekkerste langafstand lading het ek met 'n 500yds ladder test uitgewerk, en die resultaat was goed. By die SA Jagters LA skiet was my vertikale verspreiding so 2.5-3.0" tussen die afstande. Wat vir my heel aanvaarbaar is. Ek wonder nou net, as mens nie toegang tot 500yds het nie, sal hierdie ding werk? Ons sal seker maar moet skiet om uit te vind.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Arnold »

As dit iets beteken, ek het Saterdag 3de plek in die XSSSA komp behaal met 'n lading wat ek oor die chronograaf uitgewerk het met 'n teiken op 100m wat my so bietjie gehelp het. Die resultaat was dieselfde as wat die OBT metode sou lewer. Ek het nog geensins met seating diepte gespeel nie.

https://www.facebook.com/XSSSA/photos/a ... 60/?type=1
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Fritz »

Arnold het jy toe besluit op lading 23?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Arnold »

Jip, ek het hom toe geskiet en sal maar vir die voorsienbare toekoms by hom hou.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Fritz »

Mooi man. Ek is self nou lus om die metode te gebruik vir die .284. QL en OBT sal maar altyd byderhand gehou word as 'n riglyn. Maar QL, soos enige sagteware kan vir jou lieg, die teiken kannie...
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Pinkes »

Manne ek het self gewonder wat die beste sal wees.
Het 300m sterk oorweeg maar toe besluit op 100m met chronie se hulp. Kaptein
het my ook bietjie uitgehelp met die regte ladings te toets(264wm ladings is nie baie
volop nie). Het die lading wat op besluit het,toe die week getoets op 500m. En ek moet sê, myne het
baie mooi uitgekom. Ek sal weer 100m gebruik vir ladingontwikkeling. Dis maar net my opinie...

500m groep.
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/IMG_2044_zps543e8ac4.jpg


Groete
P
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Arnold »

Pinkes

2 waarnemings van my af ... jy is so click te hoog en jy kan maar belê in VRN500 gongs ;D

Baie mooi geskiet!
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Fritz »

Sjoe!! Daai is 'n ongelooflike groep pinkes, well done!
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Fritz »

Pinkes. Vertel bietjie meer hoe jy jou lading op 100m uitgewerk het. Jy moet nou aangesien jy ons almal se aandag het :)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Capt. Yoda »

Ek is nou besig om my Swift lading heel van voor af te doen en ek gaan net QL, daai link van accurateshooter en n Crony gebruik op 100m en dan gaan ek hom op 500m probeer en kyk.As hul nie reg werk nie gaan ek maar die Swifts in n 1/10 twist loop los en Berger se 95gr VLD gebruik
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Pinkes »

Fritz, jy laat dit klink of ek weet wat ek doen.. ;D .

Ek het maar net verskillende ladings(0.5gr inkremente) geskiet met my TPL so 0.5mm weg van die lands af.
Ek het elke patroon se spoed geneem en ook die groep gemeet van die betrokke lading. Die groep wat die laagste
SD van 17 gehad het was nie 'n mooi groep nie. Maar die een wat 'n SD van 19 gehad het,het baie mooi gelyk.
My volgende stap sou gewees het om TPL lengtes te toets maar ek was so tevrede met die groep dat ek hom net so gehou het.(FYI my 300wm se beste groep is met die kleinste SD en my 22-250 se SD is 41 maar hulle le in mekaar).

Dit het my na so rukkie bietjie laat wonder oor die SD en toe maar nogsteeds besluit om net seker te maak om op 'n ver afstand te skiet en seker te maak of dit die korrekte lading is...en soos jy gesien het.Dit lyk nie te sleg nie.

Ek glo eerder wat ek sien so ek meet die groep en as die crony se info ooreenstem dan weet ek,ek is nou naby...
Soos 'n ou nou die dag gesê het...Always trust the bullet..
Almal gebruik maar verskillende metodes maar dis net wat ek sien wat vir my werk.
Hoop dit help..

Groete
P

PS: Ekt so getwyfel oor daai groep dat ek 'n ander vriend(hy leer nog skiet) ook gevra het, om te skiet. Sy 1ste skoot was links maar hy het hom geroep(sneller te sensitief). Maar sy 2de skoot het so 1" van my groep gele en die 3de in my groep.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: lading uitwerk 100, 200 of 300m

Post by Fritz »

Pinkes ek stem. Mens moenie te tegnies raak nie. Jy het na die teikens gekyk op 100m en dit het gewerk vir jou.

Ek het presies dieselfde verskynsel al op 100m gesien waar die beste groepe swak ES het en die swak groepe goeie ES. My persoonlike denkwyse is dat TPL verstellings jou ES gaan verbeter.
Post Reply