Brandspoed

User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Brandspoed

Post by raychell »

Ek het vanoggend S321 in my 22Dasher getoets en dit vinniger as S335
Die spoed verskil was 86fps in S321 se guns daarvolgens sal ek dit so plaas
S321
S335
S341
S355
S365
S361
S371
S385
Dit is my data op my gewere mag verskil met ander kalibers
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Brandspoed

Post by tafjak »

Raynie

Ja, Ja en toe blaas ek amper my aksie met die vorige raad dat 321 stadiger as 335 is. Dink dit was Gerard wat dit so vereis het.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Brandspoed

Post by tafjak »

Gerard
Full Member

Offline

Posts: 104



      Re: Barnes Varmint grenade
? Reply #6 on: August 22, 2010, 11:28:07 AM ? Quote Modify Remove Split Topic 

--------------------------------------------------------------------------------
Die volgorde van lewendigheid (brandspoed) van Somchem dryfmiddels vir gewere is:

S265 Bal
S335 Staaf
S321 Bal
S355 Staaf
S341 Bal
S365 Staaf
S385 Staaf
S361 Bal (Nuwe een met die blou etiket)
B12,7 Bal
 

Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Brandspoed

Post by raychell »

Taffie
Ek wil net deer die week kom 10de maak die konstruksie toe dan sal ek S341 en S355 in die Dasher toets en 341 355 365 361 371 385 in my .30.Toets die lot in jou Ackley wanneer jy kans kry.Ek is seker dit mag verskil van geweer tot geweer.
Die extreme spread was baie meer vir 321 as 335.Die groepering vir die 14 ladings was .72"die ladings was van 33.1gr tot 35gr, 2 skote per lading
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Brandspoed

Post by JACQUES BOTHA »

Raynie.
Laat ek net seker maak, Ek dink meeste vanmy werk is op datum so sal ook begin speel dinsdag.
jy laai selfde lading in selfde doppe met selfde punt  en meet slegs die spoed oor die chronie.
Ek weet met 361 moes ek 3 tot 5 grein meer laai ind ie 25 om selfde speod te kry.

Ek gaan sommer met die 223 en 308 speel en toets.
Laat weet  ek het 365,361,385  en 355, 335, 321, 341

Kan mens die 355 tot 341 ding ook in enige roer toets ? met verminderdeladings seker?
As jy aanbeveelings het oor watter ladings kan ek terugkom met die spoed verskille uit my ou roere.
Groetnis
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Biltongjagter

Re: Brandspoed

Post by Biltongjagter »

Fyn trap in die pietersielie hier, k?rels!

Ek is seker iemand het hier die kat aan die stert beet  ???
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Brandspoed

Post by raychell »

Jacques
Vat 'n veilige begin lading met die vinigste kruit wat jy al getoets het .Voorbeeld 33.1gr 335 in my Dasher agter 55gr Vmax is baie veilig spoed 3670fps.Vogens Gerard se data is 321 stadiger en behoort dit dus 'n stadiger spoed teen dieselfde lading te gee. Met 33.1gr 321 kry ek toe 3750fps dus is dit vinniger in my Dasher ek sal dieselfde lading nou met 341 en 335 doen om brandspoed te vergelyk.Ek vermoed dat daar 'n variasie sal wees a.g.v. dopgrote in ander kaliebers en sal graag terugvoer wil he
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Brandspoed

Post by JOHANNIC »

Was self by Somchem vir n uitstappie om te sien hoe die toetse en dinge daar gebeur,en met die "powder" manne gesels(juis omdat die veskillend lotte so van mekaar verskil)
Elke geval,hoe laer die nommer S321 hoe vinniger, 385 hoog nommer stadige kruit 8)
EN die verskil tussen batches kan tot 5% wees,en hulle meng net 2 ton op n slag, hulle oplosing aan my was koop genoeg van een batch ;D
Hel daar is BAIE lope en gewere,als waarvan jy kan droom ;)
Die spread met balkruit sal altyd meer wees as stafies(hitte sensitief)
En jou kruit kan vog trek en stadiger word,gooi dit uit op n trampoline in die son en dit raak weer vinnig
Die beste volgens hulle is om n aircon in jou herlaaikamer te he en altyd teen dieselfde temp te herlaai,vir beste reultate(meer vir die benchrest manne) ;D
hoop dit maak sin ;)
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Brandspoed

Post by tafjak »

Johannic
Die beste volgens hulle is om n aircon in jou herlaaikamer te he en altyd teen dieselfde temp te herlaai,vir beste reultate(meer vir die benchrest manne)
............0f 60Watt gloeilamp wat permanent aan is.
Elke geval,hoe laer die nommer S321 hoe vinniger, 385 hoog nommer stadige kruit
............so 361 is vinniger as 365?
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Gerard

Re: Brandspoed

Post by Gerard »

Mens kan nie dryfmiddel buite konteks gebruik en dan gevolgtrekkings maak nie.  Die dryfmiddel moet min of meer geskik wees vir die aanwending.  Dit is futiel om 'n kaliber en 'n koe?l te neem en dan al die geweer dryfmiddels in daardie een kombinasie te toets.

'n Halfpad binne konteks toets is dus:

30-06 met 'n 180gr koe?l.

59gr S365 = 2800vps
59gr S385 = 2670vps
59gr S361 = 2550vps

22-250 met 55gr koe?l in 'n Howa 22" loop

35.5gr S335 = 3550vps
35.5gr S321 = 3510vps
35.5gr S355 = 3410vps

224 Weatherby Mag Met 35gr koe?l in 'n 24" loop

36gr S335 = 4210vps
36gr S321 = 4100vps
36gr S355 = 3950vps

Die dopvorm en volume teenoor die volume van die hele stelsel, met loop ingesluit, het alles 'n invloed op hoe die dryfmiddel ontbrand.

Op die gemiddelde aanwending is die brandsnelheid soos ek in die tabel aangee.

Vra vir Somchem of nuwe S361 stadiger of vinniger is as S385 en hoe S335 vergelyk met S321.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Brandspoed

Post by raychell »

Gerard
Sal jy dan se dat 361,365 en 385 buite konteks sal wees vir die .308NM ?Die .22Dasher het 'n 41gr water kapasiteit en dus ook nie buite konteks vir 321 nie.
.308NM met 180gr koeel   26" loop
69.5gr  S361 = 2927vps
70gr     S371 = 2800vps
71gr     S385 = 2784vps

22Dasher 55gr Koeel 25" Loop
33.1gr S321 = 3739vps
33.1gr S335 = 3659vps

My Halfpad binne konteks toets
S361 vinniger as  S385 en S321 Vinniger as S335
Raynie
Last edited by raychell on Sun Dec 05, 2010 6:01 pm, edited 1 time in total.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Brandspoed

Post by JOHANNIC »

Taffie
S365 en S361 is soos ek die powder manne verstaan het omtrent opmekaar ;)
361 is volgens hulle stadiger as 365
Maar die groot poks is dat die brandtempo 5-6% kan verskil na altwee kante toe(12%) >:(
Die gevolg is dat somige S361 lotte vinniger gaan wees as S365 en natuurlik andersom ook.
Ek het ook die nuutste Somchem boekie
S321 Fast spherical
S335 MEDUIM extruded    S265 SLOW vir magnum rolies

S361 is vinniger as S385
S321 is OOK vinniger as S335
Taffie, die man het nogals gepraat van lig wat altyd aan is,werk net so goed ;)
En onthou as jy balkruit laai om nie jou ammo te lank of eerder glad nie in son laat staan nie,want jy ga daardie springbok koppie heelemal mis ;D
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Brandspoed

Post by Gerrit Visser »

Ek is nuut op die forum, maar kom agter die manne jaag spoed. Wees baie versigtig met ons kruit.Ek laai my 308 dat die spoed met minder as 15f/s verskil. Die probleem is dat s335 LOT685 met 43.5gr = 2820f/s en S335 LOT690 met 43.5gr = 2680f/s gee. S335 LOT692 is nog nie op die rak maar behoord 2860f/s te gee. So as jy op max is met LOT690 en jy gaan oor na LOT692 kan jakkals dalk by sy vriende spog met nog 'n jagter. Spoet verskil 200f/s.

O ja tot op 550m mik ek op jakkals gee niks toe. 
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Brandspoed

Post by raychell »

Die S321 wat ek gebruik het is lot 179 en die S335 is 682 meskien hoekom Gerard en my data so verskil?
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Brandspoed

Post by Louis102 »

Gerrit Visser wrote: ... O ja tot op 550m mik ek op jakkals gee niks toe ...   
Gerrit, welkom oppie Forum.

Jakkalse tot op 550m en jy gee niks toe nie?   Met 'n 308 nogal!  Julle het seker uitsonderlike groot jakkalse in julle area?  Of wat's die triek?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
theterminator

Re: Brandspoed

Post by theterminator »

Hallo Gerhard

welkom op die forum
vir 'n eerste post kan jy nogal lekker poefies praat ;D ;D
lees eers 'n bietjie rond op die forum,  jy gaan nie die ackley manne beindruk met daai 308 nie,  hulle gewere skiet almal so ::) ::)
jy het net nie vir ons vertel waar jy die 308 zero nie

groetnis
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Brandspoed

Post by JOHANNIC »

Welkom Gert ;D
Wel, as ek n jakkie was sou ek tot op 900m glad nie veilig gevoel het as gert sy 308 op my gemik het nie ;)
Biebers
Need for speed >:D
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Brandspoed

Post by henslin »

Met 'n gradeboog soos myne wat 18" op 300m val ? Ek wil 'n nuwe speelding aanskaf !! ;D
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Brandspoed

Post by raychell »

Gerrit
Baie welkom en baie dankie vir die brandspoed inligting om S335 dit verklaar baie.
Vertel meer van daai .308 ek het nou jou maks spoed geneem met 155gr Sierra dink di's wat jy van praat

Zero            550m val             hoogste punt
500              -12.94"              275m 23.89"
Jy sal 'n jakkals met 40.5" vital zone nodig he om dit te kan doen ons Jakkalse werk ons so met 4.5" vital zone
540m Zero sal jou -2.66" val gee en hoogste punt 29.03" by 275m
Raynie
Last edited by raychell on Mon Dec 06, 2010 6:51 am, edited 1 time in total.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Gerard

Re: Brandspoed

Post by Gerard »

Raynie,
Sal jy dan se dat 361,365 en 385 buite konteks sal wees vir die .308NM ?
Nee dit is nie.  Dit is een voorbeeld van waar S361 vinniger is as S385.  In 'n 30-06, met swaar koe?ls is S361 stadiger as S385.  Die onderste streep is dat sommige dryfmiddels baie na aan mekaar is en dat keuses gemaak word gegrond op volume.  Die lewendigheid en brandspoed van 'n dryfmiddel wissel na gelang van, onder andere, die koe?lgewig, dopvorm en looplengte.

Met dryfmiddels is daar nie absolute riglyne nie want daar is te veel dinge wat wissel.  Die grootste faktor is die feit dat die versnelling van brandspoed van 'n gegewe dryfmiddel geweldig kan wissel.  Dit help ook nie dat Somchem se dryfmiddels so baie verskil van lot tot lot nie.

Wees versigtig en moet nie een dryfmiddel gewig vir gewig ruil met 'n ander nie.  Voorbeeld:  Vier lotte terug kon ek 30-06 en 270 ammunisie laai met GSC koe?ls en S365.  Nou loop enige dop oor as dieselfde hoeveelheid S365 ingegooi word en ons moet S355 laai om nie hopeloos saamgeperste ladings te kry nie.

Op die oomblik, met die huidige lotte Somchem dryfmiddels, is die tabel wat ek gegee het korrek.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Brandspoed

Post by Stefan764 »

Welkom Gerrit!

Louis, sal self wil hoor hoe maak so .308 om n trajek van minder as 5 duim oor n afstand van 550m te he...

Sien uit na jou antwoord Gerrit! Geniet die forum, jy gat baie leer hier en eks seker ons gan net so baie by jou leer. Dankie vir die wenk oor die verslikkende lotte kruit. Baie ouens het al hieroor gesels en hierdie nommers wat jy deurgee gee n ou n lekker prentjie en baie lig opi onderwerp.

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
jmb

Re: Brandspoed

Post by jmb »

Nee manne ek dink julle verstaan vir Gerrit verkeerd. Die 308 is mos so akkuraat dat hy seker sleg voel om jakkalse nader as 500 m te skiet. Dus zero hy seker op 500 en sorg dan maar dat hy die goed op daai afstand skiet. Vir die jakkalse wat nader is hoef jy dan mos nie op te mik nie. Jy mik dan mos af. ;D ;D
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Brandspoed

Post by Louis102 »

jmb wrote: ... Nee manne ek dink julle verstaan vir Gerrit verkeerd ...

Ek dink ook ons lees nie reg nie.  Hy s? hy mik tot en met 550m niks af nie.  Dit beteken mos nie hy skiet van 0 - 550m  raak nie.  'n Man kan seker maar mik waar jy wil, dalk wil hy nie die jakkalse skrikmaak nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Brandspoed

Post by Stefan764 »

Hahaha! Lekker vinnag raak die brandspoed topic interessant! Hehehe!

Ek begin nou baie spyt raak oor my 7mm, moes dalk ook maar vir n thrie-O-eit gegan het..  ??? ???
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Brandspoed

Post by JOHANNIC »

Gert loop seker nog in die wingerd rond ;)
Gert nou dat ek daaraan dink wat was die ladings van die 308 nm wat jy nou die dag gedoen het van oom johnny burger,ek sien hulle soek na so iets op een van die ander posts?
Biebers
Need for speed >:D
Post Reply