Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het n ruk gelede vir my n Nightforse 4-14x56 gekoop.
Net die scope was in die boks,geen ekstra papiere oor hoe om die scope se stelknoppe te gebruik nie. Ek weet darm hoe om op,af links en regs te stel ,maar op die stelknoppe se as,as ek dit so kan noem is daar ook syfers.Dit is redelik fyn gedruk en raak so half onder die stelknop weg.
Wat is die doel daarvan en hoe gebruik ek dit?
Johan dit is eerstens 'n baie oulike teleskoop daai, tweedens as ek die 'google' lyk dit vir my soos 1/4' waarop die teleskoop werk. Ek is ook maar 'n leuk maar het baie opgelees hieroor, en dit eintlik reg gekry(te goed want almal vra nou my raad).
Die teleskoop het 'n 'up'(boonste knop) en 'right'(kant knop) knoppe.
Indien jy skiet en jy wil stel ,moet jy onthou een kliek is 1/4 inch en dit is gelykstaande aan 6.35 mm. D.w.s as jy op 96 meter(100 yards), 19.05 mm onder die teiken skiet moet die 'up' knoppie gedraai word dat hy 3 keur kliek.
Vat maar 'n liniaal saam, en skiet 3 skote. Die middelpunt van die groepering kan jy dan gebruik om die verstelling mee te doen.
Ek hoop dit het gehelp.
For the rich, there's therapy. For the rest of us, there is hunting.
Johan04 wrote:Ek het n ruk gelede vir my n Nightforse 4-14x56 gekoop.
Net die scope was in die boks,geen ekstra papiere oor hoe om die scope se stelknoppe te gebruik nie. Ek weet darm hoe om op,af links en regs te stel ,maar op die stelknoppe se as,as ek dit so kan noem is daar ook syfers.Dit is redelik fyn gedruk en raak so half onder die stelknop weg.
Wat is die doel daarvan en hoe gebruik ek dit?
Groete
Johan
Johan, daai syfers dui aan op watse revolusie jou stelknop is. Jy gebruik dit om weer terug op zero te kom maar kan dit ook gebruik om vinnig verstelling te maak. Wat baie belangrik is is dat jy weet waar jou stelknop is as jou geweer gezero is.