More Manne,
Ek voel as n man goeie diens en produk gekry het moet n mens dit op die forum sit !
Ek wil net baie dankie se vir Wildman by Cape Gate ( dankie Pieter en al die manne). Ek het n Rudolph V 6-24x50mm by hulle gekoop en laat opsit op die 7mm Rem Mag. Dit is nou regtig n klomp vriendelike mense wat nie omgee om raad te gee, te luister en te help nie!
DAN ook vir Dolf wat die teleskoop vir my aanbeveel het - Dit is n bitter lekker teleskoop vir jag en baan! Ek het gaan jag met hom en nou paar keer op die baan gaan skiet en die manne raak jaloers! En dan moet ek ook se hy lyk darem smart op die geweer en sommer windgat as n man die lens shade ook op het!
Groete
Jamma
Positiewe Terugvoer - Diens en Teleskoop
-
Jamma
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
