Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
-
belinda1966
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Sat Nov 30, 2013 11:53 am

Middag almal,
Ek het gister my 6,5 gaan toets op n plaas naby ons.Die eerste bok was n rooibok ooi,so 85m .Sy het ''quarter towards'' gestaan.My skoot is net voor haar linkerboud uit.Die uitgangswond was sonder bloed en koelrond,so ek neem aan die punt het goed presteer.
Daarna het ek n mooi ram plankdwars geskiet,en kon nie n uitgangswond kry nie.So ek moet die punt kry.Nie noodwendig swak penetrasie nie,al die KE in die bok.
Nie een het verder as 40 tree gehardloop nie.Ek is tevrede.Beide bokke was in n puik kondisie vir hierdie tyd van die jaar.
Die digte bos het my probleme besorg,eger as wat die Pumas die Sharks besorg het(WP so ook vir die Bulle).Dit gaan egter nie net om iets dood te skiet nie,dit was n moerse lekker dag met baie bekruip geleenthede sonder sukses.
Ek sou egter ook nie eers met my 9,3 kanse wou waag deur die bos nie en is glad nie n voorstaander van deur takke en bosse skiet nie,behalwe met n G6 of groter.
Groetnis Philip

- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
Waar is die fotos Philip?
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
Baie geluk. Maar sonder fotos het dit nie gebeur nie.... Lol.
-
belinda1966
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Sat Nov 30, 2013 11:53 am
Re: Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
Ek gaan my beste gee,wag net vir die punt.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
Belinda1966 - teen watste spoed skiet jy daardie Interlocks en hoe was die vleisskade?
Ek vra, want op 85 meter gaan daardie Interlock maar baie pakslae vat en moonlik opbreek. Ek dink die uitgangswond wat jy gesien het was miskien 'n gedeelte van die loodkern wat losgekom het.
Ek mag verkeerd wees - dis hoekom ek vra.
Groetnis
Dawie

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
belinda1966
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Sat Nov 30, 2013 11:53 am
Re: Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
Ek skat die spoed omtrent so 2550vt/s.Sal nou fotos neem van die vleisskade.
Kan ek die fotos na iemand MMS ,my USB kabel werk nie mooi nie.
Groete
Philip
0828807867
Kan ek die fotos na iemand MMS ,my USB kabel werk nie mooi nie.
Groete
Philip
0828807867
-
belinda1966
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Sat Nov 30, 2013 11:53 am
Re: Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
Daar is maar redelik baie vleisskade.Ek het die twee bokke vir swart kliente geskiet,hulle wou nie he dat ek die kele sny of enige slagwerk doen nie,weet nie of dit dalk bydrae tot die skade nie.
Ons soek nog die punt,alreeds n klein stukkie lood gekry.
Ek kan nie fotos oplaai nie
Ons soek nog die punt,alreeds n klein stukkie lood gekry.
Ek kan nie fotos oplaai nie
-
belinda1966
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Sat Nov 30, 2013 11:53 am
Re: Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
n Lang stuk van die jacket gekry,punt totaal moertoe.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
Dis maar die ding met die Interlocks. Probeer bietjie die Interbonds (of enige van die ander premium koeëls) - bietjie duur, maar teen die prys van wild deesdae is dit nie iets waaroor mens moet worry nie.belinda1966 wrote:n Lang stuk van die jacket gekry,punt totaal moertoe.
Enige premium koeël sal op daardie afstand ook skade kan maak - veral as dit been tref, maar dis verseker die beter opsie.
Groetnis
Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
Interlock = R5
Interbond = R10
Kg vleis = R25+
Interbond = R10
Kg vleis = R25+
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
belinda1966
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Sat Nov 30, 2013 11:53 am
Re: Rooibokke 6,5x55 140gr Hornady Interlock
Ek blameer geensins die punte nie,ek besef daar is baie beter produkte.Ek het maar net die punte getoets omdat ek redelik baie gehad het.Met sulke naby skote is daar maar altyd redelik vleisskade,gelukkig darem nie n kwesbok nie.
Volgende keer sal ek beslis n beter punt gebruik,dalk Rhino penetrators of watookal.