Hello Hello

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
deonn
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Tue Sep 02, 2014 12:26 pm

Hello Hello

Post by deonn »

Hi julle, my naam is Deon. Eks is mal oor vuurwapens maar is heeltemal nuut tot die jag ding. Ek sal die jaar my eerste jag uitstappie gehad het maar dinge het nou nie so uitgewerk nie.
Volgende jaar gaan ek verseker bietjie biltong bymekaar maak. Eks eintlik 'm hengelaar, was darm 'n "Senior en Junior Bok" op my dag maar het onlangs my boot verkoop.

Die skiet gogga het my lelik gebyt toe ek my eerste handwapen 'n CZ75 pre B 9mm gekoop het vir self verdediging. My skoonpa het my verras deur vir my sy oorspronklike erf stuk 1898 Lee Enfield 303
gegee het. Hy het nog al die alles soos wat hy van daai tyd af gekom het. Dis regtig iets om op trots te wees. Daarna het ek begin mal gaan en het 'n paar ander kinders gekoop.

Gen4 Glock 19 9mm, Ruger American 308, Squibman 12br Haelgeweer, en 'n Norinco .22 lever action. Ek het onlangs my haelgeweer en 308 verkoop om geld by mekaar te maak om my skoonpa se pragstuk
7mm SAKO Finnbear Golden Anniversary Super Deluxe Edition te koop. My aansoek is tans is vir dit, ek kan nie wag vir die geweer nie. Ek het op die internet rond gegrou en wel gesien dat daar net
1000 van hulle gemaak was.

Ek hoop ek gaan baie hier by julle leer.

Groete
Deon
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Hello Hello

Post by vriell »

Geniet die roere en die forum...jy is by die regte plek nou !!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Hello Hello

Post by jamalley »

Welkom Deon, hoop jy geniet dit hier
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: Hello Hello

Post by Jaco B »

Welkom Deon. Geluk met die aankoop van daai Sako. Ek het self n Sako en laaik hulle kwaai.
.303 JAGTER
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Mon Sep 01, 2014 1:56 pm

Re: Hello Hello

Post by .303 JAGTER »

Welkom Deon ek jag self met n .303 BSA no1 mk3. jy gaan dit beslis op hierdie forum geniet.
Groete.
Hennie
Post Reply