Radio Jakkals Jagnaweek.

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by BLOK »

Vir die wat nog nie weet nie ons het n jakkals jag Watsup groep wat gereeld gesels, en ons het besluit om n bymekaarkom en lekker naweek te reel. Ek het die leisels gevat en aangesien ek n klomp boere het met enorme jakkals probleme in die Ventersdorp omgewing dit daar gereel saam met een van ons ander lede Willie wat self ook in Ventersdorp boer.

Altesame 15 bakkies met drie spanlede het bymekaargekom Woensdag waar die manne n lekker ontmoeting mekaar leer ken, spanbou en goeie kuier gehad het. So een of twee manne het goed kennis gemaak met moeder aarde en ander het ons agtergekom na al die wonder dat hulle wel n fyner selfs gay kant het. Manne het tot laatnag lekker gekuier om die vuur en laaang stories gesels.

Volgende dag was almal maar traag om op te staan maar ons kon darem n sterk ondbyt inwerk waarna ons die spanne kans gegee het om hul plase te trek waar hulle sou skiet die volgende twee aande asook spandrag kon uitdeel en streng reels kon neersit vir die volgende twee dae se skiet.

Daarna is ons na Willie se plaas waar ons n lekker sosiale gongskiet gehad het met afstande van 220m tot 907m. Ongelukkig het die wind die dag nie so lekker saamgewerk nie en met die wind wat gepomp en druk het was net probeer tot op 620m. Wat ek wel kan se is dat die dorsland manne maar mag, kyk ek dink as dit n kompetiese sou wees tussen NAM en die RSA manne sou ons maar erg tweede gekom het.

Later het almal lekker gaan uitrus en namiddag uitgegaan na hul onderskeie plase vir die nag.

Die eerste aand het die weer redelik saam gespeel met net die wind wat vroeg na middernag begin pla het, maar gekyk na getalle die volgende dag dink ek nie dit het n te groot invloed gehad nie. Die eerste aand kon ons op n rapsie meer as 20000hektaar 114 jakkalse afhaal.

Tweede dag het die manne na die vorige nag se skiet effe laat gele waarna hulle na brunch op n uitstappie geneem was na Totpak se fabriek waar hulle gewys was hoe daar verskillende drank soorte vervaardig en verpak word.

Almal is redelik vroeg uit na hul plase vir die aand. Ongelukkig het die koue front van die naweek inbeweeg en ek dink dit het n groot invloed gehad op die getalle vir die aand aangesien jakkalse maar baie traag was om in te kom alhoewel hulle redelik vokaal regeer het. Temperature het so laag as -5 gedaal en weereens het ek gesien dat jakkals jagters manne van staal is wat nie bang is vir koud kry nie.

Die getall geskiet vir die Vrydag aand was selfs na die kouevront se uitwerking astronomies met n totaal van 94 jakkalse en net een rooikat. Wat n groot totaal gegee het vir die twee dae van 209 probleemdiere. Wat opvallend was is dat omtrent die helfte van die jakkalse in glad nie n goeie kondisie was nie met enkeles wat erge brandsiek gehad het.

Baie boere het gese hulle kry gereeld brandsiek probleme tussen hulle vee en ek dink dit is heel moontlik afkomstig van die jakkalse as ek na hul kondisie kyk en in ag neem hoeveel self ook brandsiek gehad het.

Saterdag het ons n klein prys uitdeling gehad en Louis en Taffie het vir ons enkele boere toegesreek oor wat probleemdiere is, hoe om jou probleemdiere te bestuur en watse metodes om te gebruik om probleemdiere getalle in beheer te hou.

Die span wat die meeste jakkalse kon skiet was SP (Stefan), Jonny en Stephan met n totaal van 41 jakkalse vir die twee aande, Met Arno se span wat self nie sleg gevaar het nie en tweede plek gevat het met 28 jakkalse.

Die verste jakkals geskiet die naweek was Worsman (klein Francois Marais) met n astronomiese afstand van 361meter.

Saterdag aand het die manne maar lekker gekuier en sangees opgebou, ons sal nie verder uitbrei oor wat alles verder gebeur het nie want julle ken mos die gesegde van "What happens at Vegas stays at Vegas" wat ook maar hier sal geld ;) ;D ;D

Manne wat deel was, baie dankie vir n wonderlike naweek, julle is manne van kaliber met wie ek enige tyd weer so iets sal meemaak, dan aan Willie dankie vir al jou reel en hulp om dit moontlik te maak jy is n yster.

As van die manne wat deel was dalk so gaaf kan wees en n paar fotos vir ons kan plaas sal ek bly wees.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by jamalley »

Mooi man, baie geluk
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Marc »

Goeie werk, die boere gaan baie dankbaar wees !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Geno »

Manne manne manne.

Wat 'n lekker tyd! (alles na Woensdag-aand natuurlik :-X )

Dit was vir my 'n voorreg om my jagbakkie met Tafjak en FM Jnr. te deel. Daardie 361m skoot is op my bakkie geskiet met Taffie se 6mm Dasher. Wors verstaan 'n geweer!

Die gongskiet was baie pret!
Die 560m gong is slegs deur my 6mm Dasher en Simon Karsten se 6mmBR raakgeskiet.
18mph dwarswind is nie jou maat nie!
Blok het probeer met die .204, maar ons kon nie sien of dit raak was nie (Seker deur die gong geskiet...)

Blok, Willie, Dankie! Julle is Ysters as dit kom by reël.

Radiojakkals lede. Dankie manne. Dis 'n voorreg om julle my pelle te noem!

Onthou!
"What happens at Ops, stays at Ops!" ;)

So paar fotos...

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Geno »

Dan,
Die wat wil weet wie of wat Radiojakkals is....

RadioJakkals is 'n Whatsapp groep wat ek gestig het vir my pelle om sommer maar net bietjie spek te skiet tussen die jagtery deur. Die groep is egter op die 50 lid limiet, so om te vra of jy kan join gaan nie werk nie, want daar is ongelukkig nie spasie nie.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Katefbessie »

Geno wrote:Dan,
Die wat wil weet wie of wat Radiojakkals is....

RadioJakkals is 'n Whatsapp groep wat ek gestig het vir my pelle om sommer maar net bietjie spek te skiet tussen die jagtery deur. Die groep is egter op die 50 lid limiet, so om te vra of jy kan join gaan nie werk nie, want daar is ongelukkig nie spasie nie.

Groete,
Eugene
Sommiges mag dalk na die groep verwys as "DIE MAFIA" , , , , , , , ,
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Reggie Gerber »

More Manne

Ek is gelukkig ook een van die Radio Jakkals manne en moet se dat dit n vooreg was om saam met manne n paar daar te kon deel met die uitoefening van ons passies.

Dankie manne dit was great.

Goed gekuier en lekker rooi honne gejag. Sal enige dag als laat val en in my bakkie klim op so trippie

Groete
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Raven »

Blok/ Geno en al die manne van Radio Jakkals,

Ek moet bysé julle het n fantastiese en goed georganiseerde jag naweek gereel, ek kan my net indink hoe goed al die plaasboere vandag voel.

Al wat ek kan sé " As jy 'n ding wil doen....dan doen jy dit Ordentlik" en dit wat ek op Radio Jakkals gesien en lees het wys beslis dit.

Groete
Raven
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Geno »

Nog fotos.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/21.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/22.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/23.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/24.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/25.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/26.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/27.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/28.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/29.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/30.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/31.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/32.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Alwyn »

Mooi gedoen manne!!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Geno »

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/33.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/34.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/35.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/36.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Ventersdorp/37.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Witpietskiet »

Goed gedoen manne maar ek is baie jaloers, ek mis nie die volgende een nie.

Mafia groete
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5028
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Frederik »

Baie goed gedoen veral op die eerste nag. Bietjie minder as 20 hektaar per jak.
Adrian
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Nov 18, 2013 8:06 am

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Adrian »

Ek was bevooreg om hierdie Ops by te woon! Dit was my eerste een maar definitief nie my laaste een nie!

Vir Blok en Willie n baie groot handeklap vir uitstekende beplaning en voorberyding!

Vir al die ander manne, baie dankie vir die lekker kuier, gesels en die inligting wat julle so vrygewig deel met leeke!
Bite Hard, Run Fast
Willie G
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Fri Jun 14, 2013 5:09 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Willie G »

Middig manne

Dit was nou vir jou 'n gawe storie.
Wil somer vir almal net se dankie wat gekom het, die gesintheid van die jagters is iets wat mens nie kan beskruif nie. Om so ops te reel saam met radio jakkals was 'n fees.

Groetnis Willie
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Ian »

Dankie Blok en Willie

Dit was 'n onvergeetlike naweek saam met 'n klomp great pelle.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by NicoSmit »

Nou weet ek hoekom Ventersdorp so stil was Vrydag die pb's het gedink die AWB het her rys toe hulle daai konvooi bakkies die dorp sien inry
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Louis102 »

Weet darem nie. Def v Mafia vlgs my HAT is by uitbreiding 'n "geheime magsgroep(ie) wat iewers sake beheer". Inteendeel, vir my meer gelyk na 'n klomp pelle met 'n gemeenskaplike belang wat hul passie uitleef en weet hoe om so iets te organiseer. Boonop manne wat weet wat hul doen/van praat as dit by gewere en jag uitkom.

Dankie dat ek deel kon wees, dit was 'n groot voorreg. Die organisasie was eerste klas en die geselsskap nog beter. Herinneringe hieraan gaan lank by my bly.


Mooiloop.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Kalahari »

Baie geluk manne met wat na vir my lyk 'n baie goeie byeenkoms en uitstekende resultate.
Dit moes 'n gesig gewees het om al die bakkies bymekaar te sien in die dorp.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by junglejulian »

Dit lyk soos vet pret.. Ek wil net weet wie Spin so op die sement?
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by G-force »

Yes manne dit was nou n besonderse lekker paar dae gewees,goeie ou jag pelle weer gesien.Ek is bly almal is veilig tuis maar nie so bly dat dit nou verby is :(
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by marno »

Dit was great. Was lekker om weer saam al die goeie vrinne te kuier en te jag.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by HennieC »

Baie goed gedoen Radio Jakkals, ek is lekker jaloers. ++>:
Speardiver
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Thu Aug 07, 2014 5:27 am

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Speardiver »

Verskoon dalk die dom vraag, wat gebruik julle om daardie bakkies so bruin te kry, ek neem aan dit was af? :o

++>:
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Radio Jakkals Jagnaweek.

Post by Katefbessie »

Speardiver wrote:Verskoon dalk die dom vraag, wat gebruik julle om daardie bakkies so bruin te kry, ek neem aan dit was af? :o

++>:
Waterverf
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
Post Reply