Maksimum ladings in die Somchem boek?

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Maksimum ladings in die Somchem boek?

Post by James Wilson »

ek het maar herlaai leer ken dat jy nie op jou hoogste so maks minus 1 moet wees. meer kan problematies wees. ek skiet my 300H&H oor n crony met PMP Pro Amm rak ammo, en daar sien ek die ammo loop baie hoog. ek trek toe een van die punte, en sien toe die ammo is 0.1grn oor maks gelaai.

nou wonder ek of ek maar maks kan laai?(niks meer!) die 300H&H het gewoonlik baie lae kamer druk.

ek is baie tevrede met die groep wat ek kry uit die PMP rak ammo maar toe ek die Pro Amm punt trek toe sien ek die punt verskil baie van die Pro Amm gekoopte pakkie punte!!!! >:(  vir wat doen hulle nou dit? dit is mos nou simpel.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Maksimum ladings in die Somchem boek?

Post by Jagtersdok »

Jagbehep

Vergeet van Somchem se Max Ladings gewig. Daai tel nie punte nie.

Met party gewere kry jy kamerdruk wat te hoog is en dan is hulle nog nie naby max nie en dan met ander soos my 270 gooi ek 2.0grein oor maxs dan is ek nog nie by max spoed nie.

Daai reel waarvan jy nou praat is donkie jare terug se onkunde van ons voorvaders.

Vat 3 veskillende herlaai boeke as jy kan. Kyk wat gee hulle aan as die max SPOED vir die punt wat jy wil skiet met die kryt wat jy wil gebruik(of soortgelyke kryt) Begin laag en skiet oor chronograaf wat betroubaar is tot jy by daardie max spoed uitkom. Dit is dan jou geweer se max Lading.

Onthou 2 belangrike goed.

1) As jou geweer se looplengte verskil van die wat die boek aangee, moet jy die spoed aanpas om by jou te geweer se looplengte te pas.

2) Moenie oor die Max Spoed gaan nie
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Maksimum ladings in die Somchem boek?

Post by James Wilson »

ok, so ek moet my laat ly deur die spoed. die spoed wat ek op die crony gesien het met die rak ammo was nog nie naby die top spoed nie, maar soos ek gese het die rak ammo al oor maks gelaai. my 300H&H is n 26" loop, so as ek jou reg verstaan kan ek nog ten miste n grn op gaan?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Maksimum ladings in die Somchem boek?

Post by Jagtersdok »

Watse grein punt?
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Maksimum ladings in die Somchem boek?

Post by James Wilson »

180grn op s365. soos ek se 26 duim loop. het jy al gesien die 300H&H is die enigste kaliber in die boekie met n 26 duim loop en ook die enigste met compressed loads.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Maksimum ladings in die Somchem boek?

Post by BLOK »

Ek wag om te sien wat verder hier gesels word

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply