Geskikte teleskoop vir 7x64
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Geskikte teleskoop vir 7x64
Naand manne,
Ek sit en wonder wat die mees geskikte teleskoop vir n 7x64 sal wees waarin ek 170gr fabrieksammunisie gebruik? My gedagtes wissel tussen 2,5-10x56 en 3-12x50. Ek het maar n voorliefde vir 'n Schmidt & Bender en daarom die twee modelle. Ek gebruik hom as n allrounder.
Baie dankie

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Hoe minder verstellings daar op 'n teleskoop is hoe minder ergernis het jy in die jagveld om alles reg te kry vir die vinnige skoot. As beide die teleskope sonder parallaks verstelling is sou ek die 3-12 kies.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Ek gaan saam met Cobus stem hier, 4-16 n lekker keuse. My 7x64 werk hard in die vrystaat en skiet lekker tot 400m plus, en dan het jy n groter scope nodig. In die bos draai jy net jou verstelling toe en daars jy ook gesort, maar sodra jy jouself beperk tot n 10 of 12, en jy wil dalk eendag vlakte toe, het jy nie die opsie om jou verstelling te vergroot nie.
Sako jy se dis jou all rounder, gooi hom dan n all rounder scope pappa!
Sako jy se dis jou all rounder, gooi hom dan n all rounder scope pappa!
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Dankie vir die insette manne. Heelwat om aan te dink. Ek gebruik die 7x64 as allrounder maar het ook 'n 300WM, 308, 260 en 25-06 rondom die 7x64 wat smokkel met my hoe die 7x64 opgestel moet word.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7571
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Sako
Met jou huidige 170gr koeel as amminusie kan ek nie sien hou die 3-12x42 Klassik nie aan al jou jagbehoeftes sal voorsien nie. Ons ligtoestande waarin ons skiet benodig niks groter as die grootte objektiewe lens nie. Dit is so dat n mens met n 12 vergroting nog steeds n baie ver skoot kan skiet mits jou kruishaar dit toelaat. Of jou fabrieks amminusie en die se akkuraadheid dit sal moontlik maak is natuurlik n ander vraag.
Groetnis
Wouter
Met jou huidige 170gr koeel as amminusie kan ek nie sien hou die 3-12x42 Klassik nie aan al jou jagbehoeftes sal voorsien nie. Ons ligtoestande waarin ons skiet benodig niks groter as die grootte objektiewe lens nie. Dit is so dat n mens met n 12 vergroting nog steeds n baie ver skoot kan skiet mits jou kruishaar dit toelaat. Of jou fabrieks amminusie en die se akkuraadheid dit sal moontlik maak is natuurlik n ander vraag.
Groetnis
Wouter
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Wouter,
Baie dankie vir die perspektief. Ek het gevind dat my Sako 7x64 asemrowend akkuraat is met die Sako 170gr Hammerhead ammunisie. Ek is half huiwerig om selfs te probeer laai vir hom omdat ek nie oortuig is ek kan beter doen nie. Maar dit is 'n faktor om in gedagte te hou.
Ek dink 3-12x42, 3-12x50 Klassik en die 2,5-10x56 en 3-12x50 Zenith's is opsies vir my. Ding is nou net.... daar is nou nog "ou" voorraad van 2,5-10x56 teen die jaar se pryse. Volgende jaar is almal dalk R5,000 duurder as die jaar se voorraad. Het eintlik gewonder of ek 'n 2,5-10x56 op die 7x64 kan regverdig of ek eerder moet oorhou vir een of ander 3-12x...... omdat dit net 'n beter keuse sou wees.

Ek het 2-7x32 Lynx op my 30-06. Het nou in Julie 'n rooibok ooi op 140m senter deur die nek geskiet. Jou 10x vergroting kan op groter bokke selfs oor die 300m werk. As jy soveel kan spaar op nuwe pryse koop dit wat jy nou kan kry. Die helderheid van lense is baie keer beter as die absolute vergroting.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7571
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Sako
Ek maak gebruik van 4.5-14x40 op die meeste van my all-rounders, met die uisondering van my 375 Ackley wat n 2-12x42 op het. Voor ek hierdie vergrotings opgesit het was hierdie gewere toegerus met 3.5-10x40 teleskope. Ek het met gemak agter die heilige streep gaan kuier met laasgenoemde vergrotings maar het so bietjie bederf geraak met die 4.5-14 wat op my langer afstand jaggewere was. Die veelsydigheid van die vergroting teleskope is nie te betwyfel nie.
Nou bygese het ek een van daai 3,5-10x40 vir n vriend gegee en hy het op n onlangse trippie die bokke met reelmaat laat val anderkant die heilige streep. So n mens kan nog steeds baie vermag met die tipe van vergrotings. Verseker is dit nie die eerste keuse as hierdie jou standaard skietafstand is nie maar kom ons wees realisties hierdie afstande is eerder die uitsondering op die reel as die reel. n Mens het werklik nie veel meer vergroting nodig op realistiese afstande van 50-300m nie.
Ek weet nie na watse kruishaar jy kyk nie maar deesdae is ek ook baie bederf deur die tipe kruishaar wat ek gebruik naamlik die Boonne&Crockett en Varmint Hunters Recticle op my Leupolds. Hierdie kruishare maak dit vir my oor die algemeen verspot maklik om n goeie skoot te skiet as die afstand bekend is.
Sterkte met die keuse want hierdie hou my ook baie keer hopeloos te lank uit die slaap in die nagte!

Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Koop enige SB en as hy nie werk verkoop hom net weer. SB is jou brand en niks anders sal vir jou werk en dit moet so wees 
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Ps. Het die 7x50 al huis gekry?
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Supacow,
Ek het nog daai 7x50 wat ook nog vir my loer. Hy kan seker ook net so lekker werk op die 7x64?

- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1881
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Ek het n 4.5-14x40 Lynx LX2 op my 7x64 en dit werk soos n droom.
Laas jaar 3 SWB op 300m plat getrek.
Laas jaar 3 SWB op 300m plat getrek.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Geskikte teleskoop vir 7x64
Op my 7x64 gebruik ek die 4.5-14 x 42 Burris FF2.
My lading pas die bilistic kruis baie mooi en skiet tot op 400m bitter akuraat en gee sommer baie selfvertroue.
Ek glo nie jy gaan veel groter vergroting benodig nie. Wat die naam aanbetref het elke man mos maar sy voorkere of goed wat hy ken.
My 7x64 ken niks anders as 'n 162 Amax teen 2830fps nie en die scope het nog nooit tekort gekom nie en hy het al vêr agter die "heilige streep" gaan kuier.
Groete
KK