Professionele Dienste / Praktyk
-
Ambessa
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Hallo Louis102
Daar sal seker antwoorde wees. Sien uit daarna om lekker te lees.

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Dankie Louis102
Christo
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Albe
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Louis 102 Het gisteraand by Samiul gejag, eers negatief om te gaan maar ja, gelukkig was sy Hi-Fi tv stukend en hy kon weer vir vlekkie hoor. Binne 10min se poep le die reun en teef. Nog iets, ek glo ook dat die plek van staan belanrik is, maar as die tyd nie reg is nie help die plek ook nie, as ek n voorbeeld kan noem, My lam word gevang, Gaan 2 aande uit,kry niks, die 2de aand ga slaap toe so 11h30 en staan weer 3h00 op, gaan staan op die selfde roep plek, en ja skiet 4 plat. Wel daars n verskil tussen n pro en nalweetende jak jagter. Die pro lewer n profesionele diens, die alweetende jagter dink weet als maar eintlik weet hy niks, as hy vir jou se hy ken n jak, vrae hom hy moet met jou in jak taal praat. Het nog nie so iemand teegekom wat als van jakkie weet nie Dalk is ek verkeerd. Ek het self op n stadium geglo ek ken vir jakkie maar ja hoe sal ek dit dan nou stel.....HY HOU N MENS NEDERIG. En ja jy behoord beter op jou eie plaas te doen want jy ken mos jou plaas. Ek doe die beste by my ou kliente waar ek hul plaase ken (moet amper eers n nuwe plek leer ken en soos Gerry P se hoe meer jy oefen hoe gelukkeger raak jy ) En dan kan jy nie alle jagters kwalik neem wat nie op jou plekke wil staan nie, (uit n jagter se oogpunt) vir 3 redes. 1 Min boere weet wat aangaan op hul grond. 2 As jy vir die dok wil vertel hoe om te opereer, hoekom doen jy nie self die operasie nie. 3 Dalk is dit n pro wat by jou jag wat n beter kennis het van jakkie (maar dan moet daar reseltate wees ) As ek by iemand iets wil leer, vra ek hom ,en se nie ver hom nie. Maak hulle plat. Groete Jakata
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Jakata
Einste - stem baie met jou saam. Ek dink waar ons baie keer die fout maak, is om te dink as iemand vol vrae is, is hy dom en weet niks. Selfs uit my domste vrae leer ek baie. Selfs uit my grootste foute leer ek baie. Ek kan slegs leer as ek bereid is om te luister, te beproef en die goeie te behou. (die kuns vir my is nogal om die goeie te behou - stamp my kop te gereeld op die selfde plek)
Een van die goed van ons ou boerenasie wat my die meeste irreteer is die manier waarop daar neergesien word op iemand wat 'n foutjie begaan. Het jy al opgelet hoe lekker kan ons lag vir iemand anders se foute. Die probleem is dat ons later mekaar so ontmoedig om nuwe dinge te probeer - ons is te bang ons maak 'n fout of vra 'n dom vraag en ander mense lag vir ons. Ons moet eerder voorgee ons is slim en alwetend - daarin l? 'n groot deel van die probleem in my beskeie opinie.
Van die grootste lesse wat ek geleer het was by eenvoudige, nederige. stil manne wat nie nodig het om hom self te bewys nie. Ek het ook al meester planne by mense gekry wat "dommer" as ek is. Een van my plaaswerkers het dit gister weer vir my bewys. Ek het my doodgesukkel met 'n bedradings probleem en het ongeduldig en geirreteerd begin raak. Nadat ek 'n draai hier op die forum kom maak het om af te koel en my kop skoon te kry, vra die plaaswerker my 'n eenvoudige vraag. Dit was of iemand 'n skakelaar in my kop aansit en ek weer die lig sien. Nou vra ek jou - wie is slim en wie is dom?
Groete
Louis
Ns. jy bedoel seker "roep" in plaas van "poep" in daai tweede sin. Sien daar lag ek alweer vir iemand anders se glipsie!

Goeie dade oortref goeie woorde.
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Skies julle, ek het n vraag.
Ek moet oor 2 weke by n boer gaan draai waar iemand blykbaar gereeld skiet maar nie eintlik regkom nie.
Dit sal seker beter wees om voor die tyd te gaan draai maak? Dis so 200km van my af so ek kan nie elke dag gaan rondkyk nie.
Ek wil graag leer so julle moet asb geduldig wees. Ek is n smous van beroep so die jakkals skietery is n stokpertjie maar ek wil nie gaan wolsterte slim maak nie. Dink hulles reeds slim.
Groete
Jannie

Louis.
Sien ons almal maak foute. En ja goeie vraag van wies slim en wie dom, dink net mens moenie probeer slim wees as hy nie is nie.
Jannie. Wanneer ek by so iemand gaan jag gebruik ek gewoontlik die fluitjies, nie 2 ouens blaas dieselwde nie. En gebruik ook klanke wat ek weet nie op die mark beskikbaar is nie.En dan roep min en sit lank op n plek waaroor jy goed voel. Hoop dit sal help en dat daar nog Foremers (as ek ons so mag noen) wat sal raad gee.
Sterkte.

Last edited by Albe on Thu Dec 10, 2009 7:14 pm, edited 1 time in total.
-
Albe
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Julle moet waar verskoon maar die enjen werk sonder diesel en olie so die skrywe kom nognie reg uit soos dit moet nie. Jakata
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Professionele Dienste / Praktyk
As poep werk sal ek dit ook probeerBinne 10min se poep le die reun en teef.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Jakata
Aanvanklik gedink....wat eet daai ou, 10 minute, genade!! Nuwe soort "Kiss of Death" maar net met die velb?k? miskien werk dit windaf ook.
Heerlik gelag!! so tussen die boerdery moeilkhede deur...mooi man

- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Ek tik dit net soos dit verskyn.
"Vrae oor Jagters - bl.76 LWB 11 Des 2009
Kerneels van Bo-Karoo, skryf:
Die artikel "Net saamstaan kan jakkalse troef" (LWB 30 Okt 2009) het betrekking.
Na aanleiding daarvan het ek `n klompie vrae.
- Wie moet by wie saamstaan?
- Wie kan daarop aanspraak maak dat hy `n gekwalifiseerde beroepsjagter is? Wie het vir wie goedgekeur?
- Op wie se grond boer die beroepsjagter met jakkalse waarvoor hy by voorbeeld R700 per jakkals plus kilometers kry?
Selfs ver skote word gewaag, want skiet die jagter mis, dan verloor hy amper niks. Skiet hy half per geluk raak, dan is die geld in sy sak.
Die grondliggende vraag is of beroepsjagters tot voordeel of tot nadeel van die boer is wat die aanteel van jakkalse betref. Watter jagter sal wens dat alle jakkalse moet vrek? Dit is mos ondenkbaar, want ons praat van sy brood en botter.
Vergeet van saamstaan. Die jagter wen deur groter getalle jakkalse en die boer verloor deur groter getalle."

LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Izak
Ek neem aan die brief kom uit `n nuwe landbou weekblad? Ek sal die ou graag wil antwoord.
Lukas

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Isak.
Ek hoop nie jy ken vir kerneels nie?
Vergeet van saamstaan. Die jagter wen deur groter getalle jakkalse en die boer verloor deur groter getalle."
Posted on: April
Kan jy nou groter woefie poefie gelees kry as die teenstrydig stelling...
???
hy se die boer verloor deur groter getalle.....mmmm verloor meer skaap en bok lammers seker....
Die jagter wen.... Ek nooi hom persoonlik ek sal gratis kom jag by hom vir 5 tot 6 nagte...al voorwaarde is hy kom saam en sit agter op die bakkie by my ....ek weet nie of hy iets sal leer nie, maar hy sal dan besef dis werk... en dat die werk toerusting nodig het..en daar is een reel...niemand kan ervaring koop nie.
My raad aan KERNEELS eerstens moet nie jou jakkals jag nie, teel hulle so vir 5 of 6 jaar..
Gaan sien n goeie boekhouer en reel solank vir n afslaer.... jy sal nie n sleg prys kry vir jou grond nie. Dalk is daar nog n hanslam of 2 oor vir jou vir jou laaste kersfees op die plaas ...
o ja kerneels moet nie meer jou bakkie laat diens nie of dip en medisyne koop nie, dit kos geld die garage gaan jou geld vra en die ko-op gaan wen met die wins op die medisyne ens...
Sterkte aan KERNEELS van die bo-karoo..
groetnis
jb

Shoot straight and tell the truth!
- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Jacques
Ek stem 100% saam met jou, daai man koggel sy eie einde. Hy Roep sy einde in soos die pro's nog nooit 'n jakkie ingeroep het nie!
Foxcreek.

Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
-
britsman
- Hero Member

- Posts: 792
- Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Manne,
Al wat ek kan dink is dat sy kop vol Boolsh@t is.
Jakes .... stem ook saam. Lucas verduidelik mooi vir die man.
groete,
brits

If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Aan Kerneels van Bo-Karoo of as iemand hom ken s? vir hom:
Sluit aan by http://jaracal.com/index.php en al jou vrae sal beantwoord word.
D

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Professionele Dienste / Praktyk
Izak
Miskien het hy n verkeerde ondervinding gehad. Maar hy is beslis oningelig en soos Jacques se. Om gereeld jakkalse te skiet is harde werk.
Daar is egter seker nog boere wat so voel en hulle moet seker beter inligting kry of aansukkel.
freddie

yol bolsun
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: Professionele Dienste / Praktyk
My reaksie aan die LBWIzak H wrote:
"Vrae oor Jagters - bl.76 LWB 11 Des 2009
Kerneels van Bo-Karoo, skryf:
Die artikel "Net saamstaan kan jakkalse troef" (LWB 30 Okt 2009) het betrekking.
Net Saamstaan kan Jakkalse troef:
Ek kan nie al Kerneels se vrae beantwoord rondom die saamstaan teen jakkalse nie, maar ek kan `n paar gedagtes onder sy aandag probeer bring.
Eerstens wil ek hom herinner daaraan dat die Karoo 30-40 jaar gelede gelede skoon gemaak is van Jakkalse en Rooikatte.
Dis bietjie voor my tyd, maar soos ek verstaan, is dit net op een wyse vermag nl. SAAMSTAAN en SAAMWERK. Boere het nie die probleem elkeen op sy eie aangespreek nie, maar gesamentlike aksies geloods met georganiseerd jakkalsjag; ons weet wat die sukses daarvan was. Ons kon vir 30 jaar boer sonder enige noemenswaardige kleinvee verliese agv probleemdiere.
Ek verwys nie hier na die metodes wat gebruik is nie, want watter metodes ookal gebruik is, daar was samewerking tussen die meerderheid grondeienaars. Voordat grondeienaars nie wegkom van die persepsie van my jakkals en jou jakkals en besef dit is ons probleem en ons jakkals nie, gaan die jakkals ons een voor bly, soos die situasie huidiglik is.
Dit wil ook voorkom dat waar boere huidiglik in groepe saamwerk, hul speenpersentasie heelwat ho?r is. Die ekstra geld wat hul bel? lewer beslis dividende.
Wat die professionele jagters betref, kan ek nie namens hulle praat nie, maar ek weet dat hulle besig is om hulle ook beter te organiseer en hulle standaarde te verhoog. Gaan vergewis jou asb van hulle pogings op http://jaracal.com/index.php. Hulle is oop vir goeie voorstelle. En ja, die manne doen dit om geld te maak, maar weet jy wat kos die toerusting, en hoeveel tyd gaan snags daarin. Is jy bereid om dit vir die geld te doen? Om R700 te betaal vir `n Jakkals wat R20000 + se skade aanrig, dink ek nie mens hoef `n ekonoom te wees om die berekening te kan doen nie.
Skiet hy v?r skote en skiet hy mis, gaan hy nie verder geld maak nie. As hy dit aanhou doen, is dit net die grondeienaar se skuld wat hom toelaat om verder te jag.
Op die vraag of beroepsjagters tot voordeel van boere is? Kan ons dit bekostig om enige metode wat wel sukses het, te los. As die boer van meer as een metode gebruik, gaan jy mos ook nie afhanklik wees alleen van die sukses, al dan nie, van die beroepsjagter.
Op die stadium van die geveg dink ek nie ons kan bekostig om te vra wie moet by wie staan nie. Almal betrokke moet saamstaan, tensy ons wil aanhou voortsukkel soos nou.
Kan ons in elk geval trots wees op die nalatingsskap wat ons aan ons nageslaag agterlaat rondom probleemdiere soos dit nou is?
Lukas