eland en nosler accubond 165gr

Post Reply
johnf
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Mon Dec 10, 2012 7:44 am

eland en nosler accubond 165gr

Post by johnf »

Eland photo.jpg
Ek deel my store met julle om terug aan die forum te gee. Gewoonlik lees ek baie, maar skryf min, so dit is my tyd. Meer n report van koel prestasie as n storie oor jag, en ook meer vir amateur jagters soos ek. Wees net asseblief geduldig met my rooinek Afrikaans.

Ek het die geleentyd gekry om n eland te skiet op n pel van my se plaas, of n vleis bul of n koeie. Die beeste was so skelm ek kon dit nie glo nie. Ons het vir omtrent die hele Frydag getrap en nie die trop gekry nie. Ons het 30m van vier groot bulle gekom, maar hulle was te groot. Vir n ou wat meestal klein springbokkies skiet was dit n fantastiese ervaaring.

Saterdag weer n trap. Ons het teminstens die trop in die verkykers vinning gekry, maar hulle was in n oop area. Na twee ure se kruip duur digte bos langs aan die land was ons so 75m weg van hulle toe die wind geswaai het en hulle het weg gehol. Hulle het nie gestop nie. My pel het gese ons moet maar weer bakkie toe gaan om miskien hulle te vind. Na so n km en half het ons hulle in n ope veld gekry. Dit was bedoel om n buk en bekruip jag te wees, maar ons wou ook vleis he. So agter op die bakkie, met die bipod op die dak. Op so 200m het ek die spesefieke koeie geskiet. Met al die wind het ek maar besluit om op die knoppe te mik. Die skoot het mooi geloop en duur die skope het ek gesien hoe sy skop, met min gewig op haar linker skouer. Sy het 30m gehardloop en neer gestort. Ek het geweet die skoot was reg, maar het steeds vir haar weer in die nek geskiet om n honderd persent veilig te wees. Na die hele dag se loop was ek gelukkig om haar baie naby die pad te skiet. Ek en die plaas werkers was baie bly daaroor.

Ons het al die derms in die veld uitgehaal en ek was verbaas hoeveel bloed daar was. Toe ons by die hart gekom het, het ons gesien ek het die hart getref, die derde onderste gedeelte. Sy het 165kg geweeg, skoon karkass, vel af, pens en pote uit.

So, die koel prestasie. 165gr Nosler accubond met 53.5gr 365 uit my .30-06 met n knaldemper. Ek het die groot been getref en die been was in vlenters. Die koel het ons gevind in die karkas, dit het nie die ander skouer bygekom nie. Ek het nie geweeg nie, maar ek skat die koel het meer as fyftig persent van sy gewig verloor. Maar, ek was verbaas toe ek net onder n kilo vleis moes weg gooi.

Paar lesse wat ek opgetel het met hierdie jag/skiet:

• Hierdie forum gee n mens baie invormasie, as jy n nuwe spesie bok wil skiet, lees eers daaroor op die forum;
• Jy moet in die veld jag, nie agter n rekenaar nie;
• Eland is groot, selfs n koeie, hulle hardloop ver weg as hulle jou sien en nie eers n 1.8m heining stop hulle nie;
• Wees seker oor jou koel en skoot plaasing. Ek was bly oor die prestasie van die accubond, dit was duur die been, die hart getref en die job gedoen;
• Ek sou nie n groot bul op die knoppe skiet nie. Ek sou nie n bul met die .30-06 skiet as ek nie n honderd persent veilig gevoel het en net agter die skouer skiet; en laastens
• As jy selfs gaan slag, dit gaan n lang dag wees, dit was nou n ervaring.

Weereens dankie aan al my kollegas op hierdie forum vir die inligting wat julle gee.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1117
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: eland en nosler accubond 165gr

Post by J le Roux »

Baie geluk John, klink my jy het mooi gestap en baie geleer. Jy kan gerus na 200gr koels kyk as jy met meer gerustheid 'n bul wil jag.

Geluk met jou kolskoot.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Re: eland en nosler accubond 165gr

Post by AntonF »

Baie geluk met die mooi bok en dankie vir die deel daarvan

Groete
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: eland en nosler accubond 165gr

Post by Johan308 »

Baie geluk! Klink of julle 'n goeie jagtrip gehad het
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: eland en nosler accubond 165gr

Post by Umshwati Boy »

johnf wrote: • Jy moet in die veld jag, nie agter n rekenaar nie;
:laugh: :laugh: :laugh:

Waidmannsheil.
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: eland en nosler accubond 165gr

Post by Wismit »

Eerste keer dat ek hoor van: Ons los die eland bul want hy is te groot .... :):

W.S
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: eland en nosler accubond 165gr

Post by Flip Nel »

Baie geluk, en dankie vir die storie
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: eland en nosler accubond 165gr

Post by VdWalt »

Baie geluk!
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: eland en nosler accubond 165gr

Post by Jaco vdW »

Baie geluk met n mooi bok en goeie skoot!

Dit illustreer maar net weereens die waarde van n goeie (lees premiumgraad) punt.
User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm

Re: eland en nosler accubond 165gr

Post by Karoo Klong »

Baie geluk Johnf.
Johan van Wyk
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: eland en nosler accubond 165gr

Post by KalahariKlong »

Baie geluk John.
Dankie vir die lekker storie, ek het dit geniet.
Jou "rooinek afrikaans" loop soos stroop, dankie vir die moeite.
Mooi bok en mooi skoot.

Groete
KK
Post Reply